Monday 19 December 2011

My tweede troue

Verskoon asseblief dat ek hierdie nie-hekel video hier pos, maar Facebook wil nie die video aanvaar nie weens kopiereg dinge met die agtergrond musiek.

14 Desember 2001 het ek my droom man getrou, en 14 Desember 2011 het ons dit weer gedoen. Die keer by die Little White Chapel in Las Vegas. Dit was net bedoel om 'n pret "wedding vow renewal" te wees, maar ek het regtig tranerig geraak toe ek weer my trou moes beloof aan die wonderlikste mens op die aarde. 




Dankie vir die beste 10 jaar van my lewe, my man! 2021 Maak ons weer so!




Monday 7 November 2011

Tweet tweet

 

Hulle is cute nê? In my Engelse blog vertel ek meer en gee 'n link na die patroon. Kliek net hier.


Sunday 25 September 2011

89. Surbiton Festival 2011

My stalletjie by gister se Surbiton Festival het heel goed gegaan. Julle kan als lees, en foto's sien, op my Engelse blog: 

http://crochetime.wordpress.com/2011/09/24/surbiton-festival-2011/



Thursday 22 September 2011

88. Nog 'n markie

Saterdag gaan ek en manlief weer 'n craft market stalletjie beman.

Op my Engelse blog vertel ek so bietjie meer.
http://crochetime.wordpress.com/2011/09/21/another-market-stall/

Hou asseblief duim vas dat hierdie een 'n groter sukses is as die vorige markie.

Tuesday 20 September 2011

87. Nog wol

Wol koop op die internet is sooo nice. Hierdie pakkie het vanoggend opgedaag (ek het dit Sondagaand gekoop). Drie bolle om die Identiteitskrisis kombers aan te vul en drie bolle vir kniekombersies waarmee ek besig is vir Huis Uitsig in Parow-Noord. 



Al ding is nou net, die ses kleure lyk vir my baie nice saam! Ek hoop maar daar bly 'n bietjie van als oor om annerdag ietsie anders te hekel.
  

Monday 12 September 2011

86. Blokke vir Yade Uitreik Aksie

Ek is vroeer hierdie week deur 'n OnsHekel Facebook page fan, Nellie Wessels, genader vir hulp om mense bymekaar te kry wat blokke sal hekel of brei, vir die Yade huise vir bejaardes en gestremdes in Bloemfontein. Ek het onmidellik gesê ek sal help.

Tussen hierdie blog en die OnsHekel Facebook page, is ek seker daar is baie van julle wat ook sal wil brei en hekel vir Yade. Is mos. Nê.  Ag toe, kom sit 'n handjie by. Yade doen sulke wonderlike werk! Ons wat kan hekel en brei sommer net vir die lekkerte kan mos gerus bietjie share-the-love.

Yade is 'n nie-winsgewende geregistreerde (NPO 068-445) welsynsorganisasie. Yade Uitreik Aksie is in Mei 2008 gestig deur drie dames met 'n visie om bejaardes te versorg. Yade is ‘n Tuiste vir bejaarde en gestremde persone en nie 'n shelter nie.

Die inwoners van Yade Tuistes is welopgevoede bejaarde en gestremde persone wat weens die huidige ekonomiese omstandighede nie meer eie verblyf en voedsel uit die klein pensioen of staatstoelae kan bekostig nie. Dit is die doel van Yade om vir diesulke bejaardes en gestremdes ‘n heenkome te bied.

Daar is op die oomblik nege huise in Bloemfontein en Yade bied ook 'n dagkliniek aan. Gaan kyk bietjie op hulle website. Jy kan ook die storie lees oor hoe die drie Direkteure Yade begin het, en die fantastiese werk wat hulle doen.

Nou wat kan ons doen? Dis so maklik soos 10cm x 10cm of 20cm x 20cm blokke te hekel of  te brei. Dis dit! Die inwoners van die huise sal self die blokke aanmekaar werk om komberse te maak (dis goed vir hand-oog koördinasie, en ook 'n goeie tydverdryf as hulle die blokke self aanmekaar werk), so al wat ons hoef te doen is die blokke verskaf.

Vereistes:
  1. Dubbeldraad
  2. 10cm x 10cm of  20cm x 20cm vierkante
Die res is up to you. Verskillende steke, een kleur, verskeie kleure, dit kan selfs 'n granny square wees - absoluut enige iets. Net solank dit 10cm x 10cm of 20cm x 20cm is. Gryp die 200 Crochet Blocks boek of kyk op MyPicot vir hekelsteke. Die textured afdeling het 21 steke om uit te kies, en multi-colour het 12 - lekker baie te kies en te keur.  Net solank jou blokkie 10cm x 10cm of 20cm x 20cm is en dis gedoen in dubbeldraad is ons happy.

Dink net hoe pragtig sal daai komberse uitdraai met die mengelmoes van kleure en patrone en dan nog gebrei en gehekel deurmekaar!!

Jy kan soveel of so min blokke maak as wat jy wil. Wanneer jy reg is om dit te pos, stuur dit na:

Me. A. Coetzee of  Me. A. Griessel
Yade Juan Smith Huis
Fleurstraat 3
Wilgehof
Bloemfontein
9301

Ek het sommer alreeds, in die geloof, 'n Ravelry groep gestig genaamd "Squares for Yade Caring Action". Al die info in die groep is in Engels sodat ons so veel mense as moontlik kan lok, maar as jy nie op Ravelry is nie kan jy die OnsHekel Facebook page gebruik om foto's te laai en te vertel van julle Yade Blokke.

Hoe meer mense hoe beter, so spread the word (veral aan jou brei buddies) en begin blokke maak!!

85. Naweek dinge

Ons het 'n bietjie in die tuin gewerk: http://crochetime.wordpress.com/2011/09/12/weekend-planting/

en ek het bietjie gehekel: http://crochetime.wordpress.com/2011/09/12/weekend-hooking/  hierdie naweek.

Wednesday 24 August 2011

82. Handewerk-In-'n-Koffiewinkel Dag

Wat beplan jy vir die 1ste September? Dis 'n donderdag so ek vermoed seker nie veel nie. Wel.... not for long!

Die girls op OnsHekel het Maandag besluit dat 1 September elke jaar Handewerk-In-'n-Koffiewinkel Dag sal wees. Sommer net so, want ons kan.

Die ding het begin toe Christelle, van Haak en Stekie, 'n link na Idees Tydskrif se stunning gehekelde stoel, ontwerp deur Cornel Strydom van Craftshare en I love Pom-Poms, gepost het op die muur. Dit bestaan uit honderde blokkies en Idees doen ook mos 'n YarnBomb in Februarie 2012 so die logiese volgende stap is vir almal om saam te hekel en brei aan blokke. (Wel, dis logies as jy 'n wol fanatikus is.)

Binne drie comments is 1 September herdoop as die dag waarop almal wat kan brei, kwilt, borduur, kruissteek, watookal, dit in koffiewinkels moet gaan doen in 'n groep of op jou eie.  Daar is selfs alreeds bymekaarkomplekke in Anisa se Succulent Cafe in die Woodlands Boulevard sentrum en die 18th Avenue Bakery & Cafe (albei in Pretoria) gereël.



So komaangirls, maak julle naalde, penne, spelde, wol, materiaal en skertjies bymekaar en vaar die koffiewinkels in!!! Julle hoef nie eens te wag vir 1 September nie. Kry 'n oefenlopie in sommer hierdie naweek en deel die foto's met ons op OnsHekel.

Tuesday 23 August 2011

81. Gehekelde blom patroon

Ken julle die Mollie Makes tydskrif?  Dis amaaaazing. Op uitgawe no.3 se voorblad was die pragtigste gehekelde blommetjies. Die patroon vir daai einste blommetjies is nou gratis beskikbaar op The Guardian se website.


In my Engelse blog vertel ek meer: http://crochetime.wordpress.com/2011/08/23/crochet-flowers-pattern-as-seen-in-mollie-makes/

80. Gehekelde matte

Ek het vandag op my Engelse blog foto's van drie amazing gehekelde matte. Gaan loer 'n bietjie, want dis vrek mooi!

http://crochetime.wordpress.com/2011/08/23/crochet-rugs-2/

Monday 22 August 2011

79. Clever Pooh

"Sometimes", said Pooh, "the smallest things take up the most room in your heart".


My "small thing" is 'n bolletjie wol en 'n hekelpen.

Tuesday 9 August 2011

78. Dorothy & Theodore

Ek het Donderdag baie exciting nuus gekry. Julle kan meer daaroor lees op my Engelse blog:

http://crochetime.wordpress.com/2011/08/08/dorothy-theodore/




P.S. Ek sal altyd ekHekel.blogspot.com hê, en altyd hier in Afrikaans oor hekel dinge gesels, maar ten einde meer mense te bereik en verkope genereer, moes ek ook in Engels begin blog - daarom crochetime.wordpress.com.

Sunday 7 August 2011

77. 'n Dag by die markie

Hello vrinne!

Vandag was ongelukkig nie die reuse sukses waarvoor ek gehoop het nie. Julle kan lees daaroor op my Engelse blog: crochetime.wordpress.com



Monday 1 August 2011

76. Kopiereg

Hello almal! Voor ek begin skryf, wil ek net weer baie dankie sê aan almal wat my so vreeslik mooi ondersteun. Ek het gister 'n epos gekry wat my 'n traan laat wegpik het. Ek ken die vrou glad nie, maar sy het die mooiste, mees "uplifting" email gestuur wat vir my (en John) sommer ekstra woema gegee het vir ons craft market stalletjie avontuur. Dis amazing hoeveel mense daar buite wil hê hierdie gehaakery van my moet 'n sukses wees - julle goeie wense is so kosbaar vir my. Al julle goeie wense en die liefde wat julle vir my stuur, sal maak dat ek regtig egtig eendag my bedankingsbriefie sal kan indien en voltyds die hekelpen kan vashou. Dankie, dankie, dankie!

"Towards this end" het ek vanoggend my gehekelde horlosies laat copyright. Yup, ek het 'n copyright! Die volgende "disclaimer" verskyn nou op hierdie blog, asook op crocheTime se Facebook page en natuurlik ook op my Etsy en Folksy winkels.

My crochet clocks are (c) Copyright Natasja King 2011 - 2015.
It gives me much joy that you may be inspired by the clocks, but please be respectful of the fact that a lot of hard work has gone into making and designing them so please do not recreate them for personal and/or commercial use.
If you want to tell others about my clocks, I would really love that, but please include a link to my Etsy shop when you do so.

Ek glo julle sal verstaan dat ek dit moet doen om myself te beskerm teen mense wat my horlosies wil na-aap. Dis mos nie reg as mens ietsie uitgedink het met die doel om 'n bestaan te maak deur die verkoop daarvan, net om uit te vind dat mense dit na-aap om in hul eie huis te hang, of erger nog, te verkoop vir hul eie wins nie.

Dis vir my amazing, en 'n groot eer, as ek sien mense blog oor my horlosies en dat dit hul happy maak (my besigheidskaartjies sê nie verniet "Happy Clocks For Sad Walls" nie) so moet asseblief nie ophou nie. Ek vra net dat mense die horlosies eerder by my moet koop as om dit self te probeer maak en/of 'n link na my Etsy winkel moet by sit as daar van my horlosies gepraat word. Ek is seker julle sal verstaan.

Die internet is so 'n wonderlike ding, met soveel bronne van inspirasie en mense wat pragtige goed maak. Ek het hoeka net hierdie naweek op Pinterest afgekom. Dis 'n website waar jy absoluut enige iets wat jy op die www sien, kan "pin" na 'n "board" op die website - amper soos 'n internet weergawe van 'n moodboard. Jy het mense wat jou volg, en mense vir wie jy kan volg om te sien watter mooi dinge hulle op die internet op afgekom het. Dis briljant. Maar die nice ding van Pininterest is dat alle foto's reguit terug link na die oorspronklike website, sodat die fotograaf, blogger, of maker van die item al die krediet kry. En dis mos hoe dit hoort.

Ek hoop om julle gou op Pininterest te sien. Maar pasop - nes hekel, is dit addictive!



P.S. Ek het vanoggend bevestiging gekry dat ek definitief kwalifiseer vir 'n gratis stalletjie, so Sondag is dit ek en Mnr. King by Merton Abbey Mills!!!

Saturday 30 July 2011

75. Merton Abbey Mills

Ek en John was Saterdag op 'n Fact Finding Mission na Merton Abbey Mills se craft market. Die rede vir ons besoek was om te sien of ek 'n stalletjie sal wil hê by hierdie markie. Die antwoord is 'n resounding yes!!!!

Merton Abbey Mills takes part of its name from Merton Priory, one of the most important monasteries of the middle ages, which stood close by and owned much of the surrounding land.

By 1600, textile mills were attracted to the River Wandle. For centuries it was a centre for the manufacture and printing of textiles, and until 1970 was the silk-printing works of the famous Regent Street store Liberty’s.

Left derelict for nearly twenty years it was restored in 1989 as a visitor centre, arts and crafts market and venue for cultural entertainment, since when it has become one of South London’s major regeneration successes with up to half a million visitors a year.



Dis 'n hele crafty, artistic community, met ongeveer 80 stalletjies en permanente arty crafty winkels in die geboue rondom die mark. 


  

Onder andere is die ou "Wheelhouse", waar die watermeul se binnewerke is, nou 'n pottery studio waar hulle klasse ook aanbied. Die beweging van die water draai die potter's wheel!


Daar is ook baie restaurante tussen al die stalletjies, so selfs as mense net kom om te eet, kan hulle verby jou stalletjie stap. Dis amazing exposure en als waarvoor ek kon vra.

Die beste van als, is dat as jy aan die organiseerders kan bewys dat jou items hand gemaak is, is die stalletjie gratis! Gelukkig het baie foto's van hoe ek my horlosies aan mekaar slaan, so dit is nie 'n probleem nie.  John was nog besig om die kar in die garage te trek, toe is ek al voor die rekenaar om my foto'tjies aan die organiseerders te email sodat hulle kan bevestig dat ek kwalifiseer vir 'n gratis stalletjie. Sodra ek bevestiging het, gaan ek my naam op die "casual traders" lysie laat sit en hoop om volgende Sondag my staanplekkie in te neem! Whooo-hoo!

Tot dan werk ek hard aan borsspelde en nog horlosies. Ek is so opgewonde oor die verpakking van die borsspelde! Ek het poskaarte laat maak wat aan die een kant 'n foto het van 'n horlosie, en agterop al my details. Dan druk ek net twee gaatjies in die poskaart vir die speldjie om deur te gaan, en siedaar! Netjiese verpakking en dis 'n advertensie vir my horlosies, All In One Mum! :-)

Needless to say sal julle volgende Maandag weer 'n blog entry kry met al die goeie nuus van my verkope. Tot dan is die fullsteam ahead met die hekelpen.


Friday 22 July 2011

74. 'n Onderhoud met my!

Ek voel vandag soos 'n celebrity, want Kathryn Vercillo, 'n blogger van San Francisco, het my horlosies op Sarah London se blog gesien en toe 'n onderhoud met met my gedoen. Wat 'n groot eer!!!

Ek sien uit na baie horlosie verkope as gevolg van hierdie fantastiese blootstelling.

Lees die onderhoud hier.


Monday 18 July 2011

73. Knit Nation 2011

Saterdag het ek Knit Nation 2011  bygewoon. No, I haven't gone over to the dark side, ek hekel steeds, Knit Nation is net die naam vir "a Summer knitting and spinning extravaganza".

Die klem val beslis op brei daar! Daar was 45 klasse oor 3 dae (sien die program hier), aangebied deur groot name in die brei wêreld. Needless to say, het ek nie die klasse mee gemaak nie. Al hoekom ek daar was, was vir The Marketplace vir die wolle. Ongelukkig, nes die Creative Crafts Show event waarheen ek in 2010 was, is dit net mohair, alpacca, hand spinned and hand dyed, merino, die-skaap-in-my-agterplaas wolle. Nie eens een ou bolletjie katoen nie, en als wat daar was, was super duur.








Maar dit was lekker om rond te loop en al die mooi kleure skeins wol te sien. Ek het darem vir my ietsie gekooop: 'n nuwe no. 4 hekel pen (Clover se Soft Touch) en 'n patroon by The Natural Dye Studio. Dis die patroon vir die ligte pienk toppie hieronder. Die 2-ply 100% silk wat hulle voorstel jy gebruik, kos £18.75 per skein (jy het twee skeins nodig) maar ek het net die patroon gekoop. Annerdag as ek moeg is vir horlosies hekel of 'n challenge soek (2 ply!!!!!!) sal ek dit aanpak. Maar ek moet sê 100% silk voel amaaaaazing! Dit hang ongelooflik mooi en is so sag!



Hierdie is die 2 ply silk skeins. Absoluut amazingly mooi!


 

As julle my crochetime Facebook page volg, sou julle my status update gesien het waarin ek sê dat ek by Knit Nation was met my blou-pers floating wrap net sodat ek die haakers se naam kan hoog hou. Mense, ek het! Met die aanmeld by die registration desk het 'n vrou op my afgepeil en ge oe en ge aaah oor my wrap. Sy is 'n breier, maar wou weet waar ek die patroon kry want sy het 'n vriendin wat hekel vir wie sy gaan vra om vir haar ook een te hekel. Ek het die vrou later nog 2 keer in The Marketplace raakgekloop en elke keer het sy uit gefreak. Turns out sy woon in Swede en deel haar woonstel met 'n Suid-Afrikaner! Freaky! Sy is die funky girl met die groen tjalie in die foto hieronder.  En haar vriendin, 'n Amerikaner wat ook in Swede woon het gedink ek is Frans! Oooh la-la!


Dit was super duper lekker om so baie aandag te kry met my gehekelde wrap. Amper al die stalletjie eienaars het my aangegluur. Ek weet they liked what the saw, maar heaven forbid hulle sal sê dis mooi. Julle weet mos daai kyke wat mense gee as mense eintlik jaloers is.... Ek het gestraal van lekkerte, en sommer twee keer verby al die stalletjies gestap net om ekstra af te show Hehehehehe.

Hookers rock!


Thursday 7 July 2011

72. crocheTime update

Middag almal!

Dis 7 Julie en veronderstel om die middel van Somer te wees hier, maar ek dink dit lyk vandag seker nes dit lyk in die Kaap: koud en nat. Dankie tog vir helder wolle om mens se dag op te kikker of hoe!

Ek wil net vandag 'n vinnige blog doen en dankie sê vir almal wat my crocheTime page  op Facebook gelike het. Daar is al 70 van julle! Baie baie dankie!

Die afgelope twee weke was so 'n blast en 'n blessing vir my! Die heel eerste horlosie wat ek verkoop het, is gekoop deur die eienaar van 'n wolwinkel in Copenhagen om in haar wolwinkel te hang! Die tweede horlosie, wat aan 'n vrou in Engeland verkoop is, was ook 'n hit maar dit het ek met 'n ompad uitgevind. Dawn van AudreysCat  het vir my 'n boodskap op Folksy  gestuur om te sê sy en haar vriendinne het op Twitter gepraat van my horlosies en hulle hou vreeslik baie daarvan. Jy kon my omslaan met 'n veer. Ek is nie eens op Twitter nie! Vandag sien ek dat AudreyCat gefeature is op Folksy se blog  en ek stuur toe vir Dawn 'n boodskap om haar geluk te wens. Sy email terug om te sê:
Did you know the buyer of your clock was so thrilled she tweeted me a picture of it when it arrived! it was really lovely - she was delighted!
Hoe cool is dit?

Ek was ook uitgenooi deur die voorsitter van Surbiton se WI (dis die Britse weergawe van die ACVV) om 'n stalletjie te hê by hulle kersfees mark!
...products have been carefully chosen, mostly by me, to ensure they are a high standard and good variety of items for sale.
So dis net so 'n groot eer! Die markie is die 19de November. Ek beplan ook om 'n stalletjie te hê by die Surbiton Festival in September. September is glad nie vêr nie so ek het 'n properse inventory list gemaak en werk nou hard aan my voorraad vir die September markie. Vir eers gaan ek nie nog horlosies op my Etsy winkel laai nie, maar ek sal foto's sit van die markie-horlosies op Facebook.

Ilze van By Elizabeth Cat  het ongelukkig nog nie haar horlosie ontvang nie (pos na Latvia vat duidelik baie lank!) maar ek is seker dat wanneer sy dit het, sy weer daaroor sal blog. Sy het darem al na die foto daarvan gaan kyk op Etsy en dit ge-favourite, so sy hou van wat sy sien.

Al hierdie wonderlike dinge is, wel, wonderlik en dis so nice om recognition te kry vir iets wat ek geniet om te maak. Dit was ook nogal vir my en manlief 'n groot ding om die terugvoering te kry van mense wanneer hul hul horlosies ontvang het. Dis een ding vir my om te dink die horlosie is mooi, en mense om te hou van die foto's, maar dis baie belangrik dat mense daarvan moet hou as hulle met dit in hul hande staan of dit op die muur hang. Dankie tog sovêr is dit 'n hit :)

Ek het vanoggend besluit dat ek nou net die hekel en maak van horlosies moet geniet. Mens kan so maklik "bogged down" raak met al die listings op online winkels, en Facebook updates ens. dat dit meer soos werk begin raak. En dit wil ons tog nie hê nie. Ek is dus nou Easy Peasy Light and Breezy oor crocheTime en geniet net die creative process. Dis tog in elk geval wanneer mens jou instink volg en nie gestres is, wat jy jou mooiste dinge create.

Op daardie nooit wens ek julle almal 'n vreeeeslike kreatiewe dag toe. Dit is al Donderdag, wat beteken môre is Vrydag en in die King huis is Vrydag al die begin van die naweek, so ek wens julle sommer 'n kreatiewe naweek ook toe

Sunday 26 June 2011

71. Van lap tot kussing

'n Paar maande gelede het ek 'n oulike patroon gesien in 'n boek. Ek kan nou glad nie die boek se naam onthou nie, en daar was net een patroon waarvan ek gehou het, so ek het nie die boek gekoop nie. Die boek het gewys hoe jy 'n stoel kussing kan hekel met materiaal. Genius! Dis net 'n vierkant, so dis vrek maklik. Maar die lekker deel is dat jy materiaal gebruik!

Tegnies gesproke is jy veronderstel om ou t-shirts te "recycle" deur dit op te knip en te gebruik as wol, maar ek dra my t-shirts tot hulle voos is, so ek het lap gaan koop. Die lekkerte van die lap wat ek gekies het, is dat ek 'n strepies is so ek knip die stroke vir die wol net al langs die strepe langs!

Hier is 'n baie oulike tutorial vir hoe om 'n t-shirt in wol te omskep: http://www.craftpassion.com/2009/05/recycle-tutorial-making-of-t-shirt-yarn.html My tegniek was egter 'n kombinasie van daai een en die een: http://www.craftstylish.com/item/4721/how-to-crochet-with-fabric


Vir die hekel van die kussings het ek 'n no. 10 pen en double crochet (langbeen) steke gebruik. Vir ons patiostoele, moes ek 33 kettingstekies maak, en dit het 18 rye se dc geverg. Easy peasy en so oulik!


Al wat toe oorbly is om die satyn lint vas te sit en siedaar! 'n Gele vir my en 'n bloue vir John. My 2m lap was net mooi genoeg vir die twee stoele. 


Ek sal anderdag (wanneer ek nie horlosies het om te hekel nie) weer van die materiaal koop en dan die ander twee kussings hekel, met pienk en oranje linte natuurlik.

Gepraat van horlosies..... hier is die link na die Facebook Page vir my horlosie besigheidjie: www.facebook.com/crochetime. As 'n special treat, het ek 'n 20% afslag kode create net vir lede van die Page. Ek sal die kode Dinsdagaand 8 uur UK tyd (9 uur SA tyd) vir al die lede van die Page email. So as jy 20% afslag wil hê, Like die page voor Dinsdagaand, en ek sal dit vir jou email! Posgeld na SA is £7, maar 20% afslag op 'n horlosie is £6, so dis sotesê free postage!

En as jy nog nie 'n lid is van die Ons Hekel Facebook Page nie, hier is die link soontoe ook: www.facebook.com/onshekel. Daar is al 99 lede! Kom haak saam, ons is 'n baie oulike klomp girls.

LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...