Saturday 30 October 2010

31. Slaapsokkie revival

Onthou julle die dae van kerk bazaars en slaapsokkies op die tombola tafel? Of het jy ook 'n ouma gehad wat getrou elke jaar 'n paar pastelkleurige slaapsokkies gebrei het soos dies hieronder? Die sokkies wat my ouma het vir ons gebrei wat 'n dun gebreide toutjie gehad het wat jy kon styf trek om jou enkel maar ek kon nie 'n foto van daai tipe kry nie, nie eens op Ravelry nie. Haar patroon kom seker uit 'n Huisgenoot circa 1975.
.

Ek kan onthou dat ek en my broer in die winter tog te heerlik, in ons slaapklere en kamerjassies op die voorportaal leiklipteels en kombuis linoleum rond gegly het en imagine het ons ysskaats - tot iemand natuurlik sy gat gesien het. Jy kry so 'n running start en dan "ski" jy so vêr as wat jy kan. Slaapsokkies was cool!

Dit was dan seker inevitable dat ek dus ook eendag 'n paar slaapsokkies sou hekel. Maar myne is natuurlik bietjie anderste as Ouma s'n. Myne word gemaak van 6 granny squares en dit lyk soos Indiese slippertjies! Die patroon is vir "felted slippers" en ek het regte wol gebruik ( Patons Fairytale Wool DK) en dit gefelt in die wasmasjien, maar ek dink die wol was nie "wollerig" genoeg nie. Al wat gebeur het, is dit het net super sag en fluffy geraak. Niks verkeerd daarmee nie, en ek is mal oor my slaapsokkies.
Die slippertjie patroon is regtig vreeslik slim uitgedink. Die 6 blokkies word as volg aanmekaar gewerk en as if by magic, vorm dit dan 'n skoentjie!
My ma kan getuig daarvan dat dit super vinnig gehekel kan word. Ek het tydens my onlangse vakansie in die Kaap al 6 blokkies van een skoen binne 2 ure gehekel en in stroke aanmekaar gewerk! Dit het net bietjie kop-hou geverg om die regte sye aan mekaar vas te werk - die reuke uit my ma se kombuis was net te sterk vir my om goed genoeg te konsentreer, so slippertjies was klaar gemaak terug in Engeland waar daar nie karringmelk beskuit reuke is om mens se aandag af te trek nie :)

Die patroon vir die slaapsokkies is beskikbaar op Ravelry as 'n "free download" genaamd "Felted Granny Slippers" deur Maria Thorgren-Hansson maar as jy nie 'n Ravelry account het nie, email my en ek sal die .pdf vir jou epos. How nice am I? :)

Thursday 28 October 2010

30. 'n Web van inspirasie

Kyk, die internet is 'n wonderlike ding! Is daar enige iets beter as om jou etensuur te spandeer op die groot wye spinnerak en te soek vir hekel patrone, wolle, te kyk wat ander kreatiewe mense hekel en sommer net inspirasie te kry?! My "favourites folder" hier op die werk PC is provol hekel websites. Flickr se crochet groups en Attic 24 vir inspirasie en "pick me ups" as die dag my druk en ek helder kleure en mooi goeders soek om na te kyk, MCA direct, Kemps Wool shop en Knitters and Sewers World waar ek al my wolle koop, en natuurlik die Big Daddy: Ravelry. Op Ravelry kan ek uuuure vas sit (wat stellig ook nogal baie gebeur: soveelso dat ek gister heellemal vergeet het van 'n diktasie vir een van my base!) Het ek gesê ek surf in my etensuur? Neem dit maar met 'n knippie sout - dis meer soos surf tydens ontbyt, tee tyd, net voor middagete, na middagete, gou 'n bietjie voor huis toe gaan tyd. Ag who am I kidding, dis die meeste van my dag! Hekel maak my happy, en dis nie asof ek niks werk gedoen kry nie (disregard gister se gevalletjie asseblief) so ek is eintlik meer produktief omdat ek myself omring met hekelgoedjies. Sien, dis die logieka van Hekel Addict. "My name is Natasja and I'm addicted to crochet. Hi Natasja"

Na hierdie inleiding wil ek julle nou vertel van 'n website wat ek vanoggend (voor werk en voor ek nog my skoene aan gehad het) gevind het: Yudu. Dis die plek waar jy electronic versions van Britanje se enigste 100% dedicated to crochet magazine, Inside Crochet, kan download vir £5!

Een van my Ravelry friends het die voorblad trui van die February/March 2010 uitgawe ge"favourite" en my hart het amper gaan staan toe ek dit sien. Ek MOET net daai wrap vir myself maak!!! Met verder hulp van Ravelry sien ek toe dat in hulle April/May 2009 uitgawe daar nog 'n mooi truitjie is wat ek ook net MOET maak. Maar wie is nou lus vir rondsoek in WH Smit vir hekel tydskrifte, so terug na die groot wye spinnerak en siedaar: ek kan die tydskrifte download! Hoera!

'n Ander hekel tydskrif wat jy net online kan sien, en dus net kan download, is Crochet! Ek het (nog) nie subscribe nie, maar kry wel hulle gratis nuusbrief en nou en dan is daar 'n gratis patroon in die nuusbrief.

Oe, ek sien dat Knit and Sew het 'n epos gestuur om te bevestig dat die 6 bolle wol wat ek vir my nuwe projek (details to follow) gekoop het, gepos is! Online shopping en wolle deur die pos is so cool!

Met 'n lied in my hart sal ek nou bietjie filing gaan doen. O wee, dis 12:30 so dis sotesê middagete tyd en ek kan mos nie begin met filing as ek dit nie sal kan klaar maak nie. Ek sal maar net die tyd produktief gebruik en gaan loer op Ravelry tot 2 uur :-)

LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...