Saturday 30 October 2010

31. Slaapsokkie revival

Onthou julle die dae van kerk bazaars en slaapsokkies op die tombola tafel? Of het jy ook 'n ouma gehad wat getrou elke jaar 'n paar pastelkleurige slaapsokkies gebrei het soos dies hieronder? Die sokkies wat my ouma het vir ons gebrei wat 'n dun gebreide toutjie gehad het wat jy kon styf trek om jou enkel maar ek kon nie 'n foto van daai tipe kry nie, nie eens op Ravelry nie. Haar patroon kom seker uit 'n Huisgenoot circa 1975.
.

Ek kan onthou dat ek en my broer in die winter tog te heerlik, in ons slaapklere en kamerjassies op die voorportaal leiklipteels en kombuis linoleum rond gegly het en imagine het ons ysskaats - tot iemand natuurlik sy gat gesien het. Jy kry so 'n running start en dan "ski" jy so vêr as wat jy kan. Slaapsokkies was cool!

Dit was dan seker inevitable dat ek dus ook eendag 'n paar slaapsokkies sou hekel. Maar myne is natuurlik bietjie anderste as Ouma s'n. Myne word gemaak van 6 granny squares en dit lyk soos Indiese slippertjies! Die patroon is vir "felted slippers" en ek het regte wol gebruik ( Patons Fairytale Wool DK) en dit gefelt in die wasmasjien, maar ek dink die wol was nie "wollerig" genoeg nie. Al wat gebeur het, is dit het net super sag en fluffy geraak. Niks verkeerd daarmee nie, en ek is mal oor my slaapsokkies.
Die slippertjie patroon is regtig vreeslik slim uitgedink. Die 6 blokkies word as volg aanmekaar gewerk en as if by magic, vorm dit dan 'n skoentjie!
My ma kan getuig daarvan dat dit super vinnig gehekel kan word. Ek het tydens my onlangse vakansie in die Kaap al 6 blokkies van een skoen binne 2 ure gehekel en in stroke aanmekaar gewerk! Dit het net bietjie kop-hou geverg om die regte sye aan mekaar vas te werk - die reuke uit my ma se kombuis was net te sterk vir my om goed genoeg te konsentreer, so slippertjies was klaar gemaak terug in Engeland waar daar nie karringmelk beskuit reuke is om mens se aandag af te trek nie :)

Die patroon vir die slaapsokkies is beskikbaar op Ravelry as 'n "free download" genaamd "Felted Granny Slippers" deur Maria Thorgren-Hansson maar as jy nie 'n Ravelry account het nie, email my en ek sal die .pdf vir jou epos. How nice am I? :)

1 comment:

  1. Aai, my kind. Hoe neem jy my nou terug na daai gilletjies-van-lekkerkry-dae. Jy maak jou ouma, ouma-grootjie en, verseker jou ma, so trots op alles wat jy vermag. Lekker gly op die Engelse sneeu en mag jy dink aan ons voorportaal...

    ReplyDelete

LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...