Na hierdie inleiding wil ek julle nou vertel van 'n website wat ek vanoggend (voor werk en voor ek nog my skoene aan gehad het) gevind het: Yudu. Dis die plek waar jy electronic versions van Britanje se enigste 100% dedicated to crochet magazine, Inside Crochet, kan download vir £5!
Een van my Ravelry friends het die voorblad trui van die February/March 2010 uitgawe ge"favourite" en my hart het amper gaan staan toe ek dit sien. Ek MOET net daai wrap vir myself maak!!! Met verder hulp van Ravelry sien ek toe dat in hulle April/May 2009 uitgawe daar nog 'n mooi truitjie is wat ek ook net MOET maak. Maar wie is nou lus vir rondsoek in WH Smit vir hekel tydskrifte, so terug na die groot wye spinnerak en siedaar: ek kan die tydskrifte download! Hoera!
'n Ander hekel tydskrif wat jy net online kan sien, en dus net kan download, is Crochet! Ek het (nog) nie subscribe nie, maar kry wel hulle gratis nuusbrief en nou en dan is daar 'n gratis patroon in die nuusbrief.
Oe, ek sien dat Knit and Sew het 'n epos gestuur om te bevestig dat die 6 bolle wol wat ek vir my nuwe projek (details to follow) gekoop het, gepos is! Online shopping en wolle deur die pos is so cool!
Met 'n lied in my hart sal ek nou bietjie filing gaan doen. O wee, dis 12:30 so dis sotesĂȘ middagete tyd en ek kan mos nie begin met filing as ek dit nie sal kan klaar maak nie. Ek sal maar net die tyd produktief gebruik en gaan loer op Ravelry tot 2 uur :-)

No comments:
Post a Comment