Sunday 26 June 2011

71. Van lap tot kussing

'n Paar maande gelede het ek 'n oulike patroon gesien in 'n boek. Ek kan nou glad nie die boek se naam onthou nie, en daar was net een patroon waarvan ek gehou het, so ek het nie die boek gekoop nie. Die boek het gewys hoe jy 'n stoel kussing kan hekel met materiaal. Genius! Dis net 'n vierkant, so dis vrek maklik. Maar die lekker deel is dat jy materiaal gebruik!

Tegnies gesproke is jy veronderstel om ou t-shirts te "recycle" deur dit op te knip en te gebruik as wol, maar ek dra my t-shirts tot hulle voos is, so ek het lap gaan koop. Die lekkerte van die lap wat ek gekies het, is dat ek 'n strepies is so ek knip die stroke vir die wol net al langs die strepe langs!

Hier is 'n baie oulike tutorial vir hoe om 'n t-shirt in wol te omskep: http://www.craftpassion.com/2009/05/recycle-tutorial-making-of-t-shirt-yarn.html My tegniek was egter 'n kombinasie van daai een en die een: http://www.craftstylish.com/item/4721/how-to-crochet-with-fabric


Vir die hekel van die kussings het ek 'n no. 10 pen en double crochet (langbeen) steke gebruik. Vir ons patiostoele, moes ek 33 kettingstekies maak, en dit het 18 rye se dc geverg. Easy peasy en so oulik!


Al wat toe oorbly is om die satyn lint vas te sit en siedaar! 'n Gele vir my en 'n bloue vir John. My 2m lap was net mooi genoeg vir die twee stoele. 


Ek sal anderdag (wanneer ek nie horlosies het om te hekel nie) weer van die materiaal koop en dan die ander twee kussings hekel, met pienk en oranje linte natuurlik.

Gepraat van horlosies..... hier is die link na die Facebook Page vir my horlosie besigheidjie: www.facebook.com/crochetime. As 'n special treat, het ek 'n 20% afslag kode create net vir lede van die Page. Ek sal die kode Dinsdagaand 8 uur UK tyd (9 uur SA tyd) vir al die lede van die Page email. So as jy 20% afslag wil hê, Like die page voor Dinsdagaand, en ek sal dit vir jou email! Posgeld na SA is £7, maar 20% afslag op 'n horlosie is £6, so dis sotesê free postage!

En as jy nog nie 'n lid is van die Ons Hekel Facebook Page nie, hier is die link soontoe ook: www.facebook.com/onshekel. Daar is al 99 lede! Kom haak saam, ons is 'n baie oulike klomp girls.

Friday 17 June 2011

70. Dis hekel tyd!

Ek wil julle graag voorstel aan my online winkeltjie wat ek verlede maand begin het. Dis nogal 'n groot ding vir my want ek is nie vreeslik "business minded" nie so om uit te gaan en myself aan julle te "promote" is heeltemal buite my gemaksone. So here goes.

Ek en my man maak gehekelde horlosies. Die horlosies het onstaan as my inskrywing vir Idees tydskrif se Kreatiwiteit 2011 kompetisie (hou duim vas!) Na ek die inskrywing horlosie gemaak het, toe dog ek flippit ek kan dit mos verkoop, en daar onstaan die Etsy winkeltjie toe. 


Die horlosies is 24cm in diameter en het almal wit gesigte met silver horlosie handjies. Die funky deel is dat 3, 6, 9 en 12 met gehekelde sirkels, blomme of granny squares aangedui word en die res van die syfers met knopies. Ek geniet dit vreeeeslik om hulle te maak. My man is net so opgewonde en kan nie wag dat ek gou genoeg 'n gesig klaar hekel sodat hy die gluegun kan gryp nie en sy manlike bydra kan lewer nie.

Ek is op Etsy, maar niemand het nog ietsie gekoop nie :( Ek kry vreeslik baie mense wat die horlosies "favourite" en twee van hulle is al elk twee keer gekies vir Treasury Lists, maar helaas niemand koop nie.

Nou verkoop ek ook blom borsspelde in die hoop dat as ek kleiner, goedkoper goedjies verkoop mense sal begin "feedback" los en dan eventually sal die horlosies ook begin verkoop.

Ek sal ook "custom orders" doen waar kopers die kleur van die 3,6,9, en 12 blom/sirkel/granny square, en die randjie van die horlosie self kan kies. 

Etsy is so 'n vreeslike groot "online marketplace" dat winkeltjies maklik weg kan raak tussen al die ander sukesvolle winkels, en ek wil so graag 'n sukses maak hiervan dat ek nou vir al my blog lesers vertel van die winkel. Just to spread the word. No pressure om te koop. Regtig! Maar indien iemand ietsie wil koop - ek pos wêreldwyd, en het nog 'n FNB bankrekening so as jy nie met Paypal wil betaal nie, kan jy 'n oorplasing na FNB maak.

Ek het 'n Facebook Page ook vir die winkeltjie. Soek maar net vir "CrocheTime". Binne daai bladsy is daar ook 'n link na My Etsy.

Die direkte link na die winkel is: http://www.crochetime.etsy.com/

Ek belowe ek gaan nie my horlosies aan julle afsmeer nie, maar ek sal mos stupid wees as ek nie al my lesers vertel van my besigheidjie nie. Julle verstaan mos :) Die droom is om eendag voltyds met hekeldinge besig te wees - to quit my day job - so blog entry no.70 is die eerste stappie.



Sien http://ekhekel.blogspot.com/2011/08/76-kopiereg.html vir kopiereg informasie.

Thursday 16 June 2011

69. Kan jy doilies hekel?

Ek wil julle vandag vertel van 'n kompetisie waarvoor julle kan inskryf. Iemand ('n man nogals) het my in Meimaand op Facebook gekontak en vertel van Orania se melkbekerdoilie kompetisie. Hy was besig om op Google te search vir iets en kom toe per toeval om die blog af. Met Orania se doiliekompetisie in sy agterkom, kontak hy my toe en stel voor ek skryf in.

Ek was dadelik baie begeesterd, en het selfs toestemming by die organiseerders gevra of ek, as iemand wat in Engeland woon, mag inskryf en hulle het ja gesê.

Tjoef-tjaf gaan soek ek vir no.8 hekelgare op die internet en koop nogal 'n wit en blou bolletjie. Kry ook 'n vintage patroon vir 'n oulike doilie en als. En daar daag die garetjies op..... Ek val omtrent op my rug want dit lyk soos spinnekop web draadjies! Ek kan netsowel 'n tol gewone gare gebruik! Nee jislaaik dis hopeloos te dun vir my. My kleinste hekelpen het sulke groot kettingstekies gemaak met die dunne draadjie.

Dadelik besef ek dat
  1. doilie hekel nie vir kinders is nie;
  2. my oumagrootjie bleddie goed kon hekel want sy het doilies gehekel sonder 'n patroon; 
  3. as ek weer by my Ma se huis is gaan ek in die donkerhout kis soek vir 'n doilie wat Aggie gehekel het en saambring Engeland toe; en
  4. ek gaan eerder nie inskryf nie want ek gaan my dood sukkel. Los die doilies vir die mense wat weet.

So, in lig hiervan, vertel ek vir julle van die kompetisie ingeval daar blog lesers is daarbuite wat kan doilies hekel.

Hier is 'n skakel na Orania se website met al die reëls oor die kompetisie:  http://www.orania.co.za/melkbekerdoiliekompetisie/

Eerste prys is R2000! Dit sal fabulous wees as een van my blog lesers die kompetisie wen!!!


Wednesday 15 June 2011

68. 'n Facebook bladsy net vir ons

Hakers, ek het baie exciting nuus vandag. As jy op Facebook is (en let's face it, wie is nie?) gaan doen 'n search vir Ons Hekel en "Like" die page want..... ons hekelaars/hekelinge/haakers het nou ons eie Page! Dis als te danke aan Christelle Botha se brainwave. Sy het my vanmiddag ge-email en gevra of ek dink dis 'n goeie idee om 'n ordentlike Page te stig vir ons Afrikaanse hekel mensies. Natuurlik is dit 'n goeie idee! Dis briljant! Ek kan nie glo niemand anders het daaraan gedink nie!

So dames, daar is nou 'n kuberspasie om jul hekelwerk af te show deur dit op die Wall te sit met 'n fototjie by, julle kan vrae vra, links na patrone of ander oulike hekel website uitruil, as jy weet van 'n wolwinkel met 'n lekker uitverkoping kan jy ander daarvan vertel, ons kan 'n Swap of a Crochet-along begin - the possibilities are endless!!!!!

Tussen my en Christelle gaan ons ook kyk of die Idees, Leef en Sarie tydskrif pages Ons Hekel sal "Like".

Die Afrikaanse haakertjies gaan Facebook op horings neem!

Tuesday 7 June 2011

67. Famous borsspeldjies

Hello mede haakers! Raai gou wat gebeur vandag met my.

Nee, julle sal nie kan raai nie so ek vertel maar. Ek het 'n email gekry van die mense by KAL Media - dis die uitgewers van Inside Crochet Magazine - om te vra of hulle die foto van my twee blou-pers blom borsspelde in die Readers Gallery afdeling van hulle tydskrif kan publiseer!!!! Hoe cool is dit?!

(Wanneer mens op Ravelry 'n foto laai van iets wat jy gemaak het, link al die foto's van almal wat daai patroon gebruik het, saam onder die patroon informasie, so dis hoe hulle my foto gesien het.)

Ek het hoeka vanoggend een van die twee borsspelde aangehad, so toe stuur ek sommer vir hulle twee foto's.



Ek sal julle definitief laat weet wanneer my fototjie in die tydskrif gepubliseer is. Dis nou al die tweede tydskrif wat ietsie van my publiseer, en die keer het hulle MY genader! Whoohoo!!!!!!

Ek het geblog oor die blom borsspeldjies hier: http://ekhekel.blogspot.com/2011/04/60-blommetjie-gedenk-aan-my.html. Ongelukkig kan ek nie die patroon vir julle gee nie, maar jy kan die Inside Crochet magazine Issue 14 (Februarie 2011) uitgawe digitaal koop vir £4.99 op Yudu by hierdie link: http://www.yudu.com/albums/items/82881 . Ek kan regtig hierdie blom borsspeld patroon aanbeveel. Dis sooo maklik, en die agterkant van die borsspeld (in die tydskrif noem hulle dit 'n Corsage) is 'n "disk", so die speldjie kan enige plek vasgemaak word - nie soos ander blom borsspeld patrone waar jy die speldjie aan die blomblaartjie moet vasmaak en maar hoop hy steek nie uit langs die kant nie.

Terwyl jy nou op Yudu is kan jy gerus uitgawe 6 koop want dis die een met die Floating Wrap....

Lekker hekel!

Wednesday 1 June 2011

66. Ta-daaah en bietjie (okay baie) Cornwall


Hello almal! Ons het 'n Ta-daaaah oomblik vandag, maar dis so bietjie versteek in 'n langnaweek in Cornwall blog inskrywing.... Die blog gaan mos eintlik oor my hekelwerk, maar toe dog ek ek kan nie vir julle my tweede floating wrap wys, sonder om vir julle te vertel dat die foto's in Cornwall geneem is. Ek het ook my twee blom borsspelde aangehad hierdie naweek, so daar is regtig hekel dinge betrokke (al is dit nou 90% Cornwall en 10% floating wrap), julle gee mos nie om nie.;-)

So... eerste dinge eerste.

Ta-daah!!!!! My tweede floating wrap is klaar. Is die kleure nie amazing nie?! Die wol is Gedifra Fiorista Fino katoen in shade 06328. Dis die DK weergawe van die blom borsspeldjies se Aran Gedifra wol. Dit was sooo lekker om daarmee te hekel want dis 'n avontuur om te sien watter kleur volgende is.


Ek gaan julle nie verveel met 'n "day by day" vertelling van ons hele langnaweek nie, want die foto's sal al die praatwerk doen. Ek moet julle egter net gou ietsie amazing vertel van hoe die Universe vir mens sorg.

Ongeveer 'n jaar gelede het ek via 'n Briste vrou se blog uitgevind van Janet Bell. Sy is van Wallis, en skilder die kleurvolste, mooiste, vrolikste Engelse dorpies. Ek sou baie graag 'n print of 'n skildery van haar werk wou hê, maar ons huisie is maar klein en die muurspasie min so daar is nie plek nie. Wat ek toe wel koop is 'n stel van vier "window view" coasters. Ongelukkig bestaan die stelletjie nie meer op haar website nie, so hier is 'n foto daarvan. Ek is liries hieroor! Die mooiste een van die vier - heel bo links - kies ek toe vir my bedkassie. Julle weet, vir die oggend koffie en aand teetjie om op te staan.

 

Ek belowe julle, hand on heart, dat ek nie geweet het wat of waar daai eilandjie in die prentjie is nie. Maar nou weet ek dis St. Michael's Mount in Marazion..... want dis waar ons B&B was!!!!!!!!!!!!! Ek het ons B&B gevind deur op Visit Cornwall se website te gaan, en onder die "Penzance and Land's End" area gaan soek vir 'n plek wat 'n kamer het vir hierdie naweek, binne ons budget. Dis regtig hoe ek op Blue Horizon B&B afgekom het - totally onbewus van St. Michael's Mount wat net oorkant die pad sit, en dat jy net by die Mount kan kom vanaf Marazion! Eers toe ek daai aand my beker tee op my bedkassie sit, val als in plek. Is dit nie amazing nie?!



Ek het vir 'n jaar lank elke dag die coaster gesien en gedink hoe vreeslik mooi dit is, en hierdie naweek was ek daar!

Voor ek vir julle al die foto collages wys, moet ek net noem dat Cornwall, in fact die hele Engeland, nie regtig altyd so grys is nie. Dit was net 'n bietjie bad luck dat die eerste reëns sedert Aprilmaand hierdie naweek geval het. Gaan kyk bietjie op google images hoe mooi al die plekke regtig kan lyk. Tik net 'n pleknaam in, en julle sal sien dat dit pragtig, stunning, beautiful is in hierdie geweste.

So, hier is ons naweek foto's:







  





 




Daar het julle dit nou. My tweede wrap is klaar! Onwards and upwards na die volgende projek (en volgende vakansie want ons is volgende naweek in Corfu!) Ek sal my hekelwerkies saam neem sodat ek 'n blog inskrywing oor Corfu op die hekel blog kan regverdig ;-)

LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...