Monday 1 August 2011

76. Kopiereg

Hello almal! Voor ek begin skryf, wil ek net weer baie dankie sê aan almal wat my so vreeslik mooi ondersteun. Ek het gister 'n epos gekry wat my 'n traan laat wegpik het. Ek ken die vrou glad nie, maar sy het die mooiste, mees "uplifting" email gestuur wat vir my (en John) sommer ekstra woema gegee het vir ons craft market stalletjie avontuur. Dis amazing hoeveel mense daar buite wil hê hierdie gehaakery van my moet 'n sukses wees - julle goeie wense is so kosbaar vir my. Al julle goeie wense en die liefde wat julle vir my stuur, sal maak dat ek regtig egtig eendag my bedankingsbriefie sal kan indien en voltyds die hekelpen kan vashou. Dankie, dankie, dankie!

"Towards this end" het ek vanoggend my gehekelde horlosies laat copyright. Yup, ek het 'n copyright! Die volgende "disclaimer" verskyn nou op hierdie blog, asook op crocheTime se Facebook page en natuurlik ook op my Etsy en Folksy winkels.

My crochet clocks are (c) Copyright Natasja King 2011 - 2015.
It gives me much joy that you may be inspired by the clocks, but please be respectful of the fact that a lot of hard work has gone into making and designing them so please do not recreate them for personal and/or commercial use.
If you want to tell others about my clocks, I would really love that, but please include a link to my Etsy shop when you do so.

Ek glo julle sal verstaan dat ek dit moet doen om myself te beskerm teen mense wat my horlosies wil na-aap. Dis mos nie reg as mens ietsie uitgedink het met die doel om 'n bestaan te maak deur die verkoop daarvan, net om uit te vind dat mense dit na-aap om in hul eie huis te hang, of erger nog, te verkoop vir hul eie wins nie.

Dis vir my amazing, en 'n groot eer, as ek sien mense blog oor my horlosies en dat dit hul happy maak (my besigheidskaartjies sê nie verniet "Happy Clocks For Sad Walls" nie) so moet asseblief nie ophou nie. Ek vra net dat mense die horlosies eerder by my moet koop as om dit self te probeer maak en/of 'n link na my Etsy winkel moet by sit as daar van my horlosies gepraat word. Ek is seker julle sal verstaan.

Die internet is so 'n wonderlike ding, met soveel bronne van inspirasie en mense wat pragtige goed maak. Ek het hoeka net hierdie naweek op Pinterest afgekom. Dis 'n website waar jy absoluut enige iets wat jy op die www sien, kan "pin" na 'n "board" op die website - amper soos 'n internet weergawe van 'n moodboard. Jy het mense wat jou volg, en mense vir wie jy kan volg om te sien watter mooi dinge hulle op die internet op afgekom het. Dis briljant. Maar die nice ding van Pininterest is dat alle foto's reguit terug link na die oorspronklike website, sodat die fotograaf, blogger, of maker van die item al die krediet kry. En dis mos hoe dit hoort.

Ek hoop om julle gou op Pininterest te sien. Maar pasop - nes hekel, is dit addictive!



P.S. Ek het vanoggend bevestiging gekry dat ek definitief kwalifiseer vir 'n gratis stalletjie, so Sondag is dit ek en Mnr. King by Merton Abbey Mills!!!

No comments:

Post a Comment

LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...