Monday 24 January 2011

40. Hekel = (weird) kuns

Terwyl ons in Miami was, het ons elke dag verby hierdie gehekelde fiets gestap. Ek moet bieg, ek het nie die foto hieronder geneem nie want die oorgetrekde fiets (sonder 'n voorwiel) is nie vir my baie mooi nie en dit het eintlik gelyk soos iets wat iemand daar vergeet het en was sommer net scruffy.


Vandag sien ek op Sarah London se blog dat 'n kunstenaar, Olek, op Oujaarsdag die Wall Street bul met hekelwerk oorgetrek het as 'n kersgeskenke aan New York. Baie baie cool! Die hekelpatroon en kleure, herhinner my toe aan die fiets wat ons in Miami gesien het. Turns out, Olek trek fietse in hekelwerk oor, reg oor Amerika en ek het dus elke dag verby een van haar "street art" kunswerke gestap!  Nou's ek bietjie spyt ek het nie meer aandag gegee aan die fiets, of darem ge"pose" daarby nie.

Olek (regte naam Agata Oleksiak) is 'n bietjie van 'n rebel: 'n guerilla artist:

Street art is any art developed in public spaces — that is, "in the streets" — though the term usually refers to unsanctioned art, as opposed to government sponsored initiatives. The term can include traditional graffiti artwork, stencil graffiti, sticker art, wheatpasting and street poster art, video projection, art intervention, guerrilla art, flash mobbing and street installations.

Julle kan nog van Olek se installasies sien op haar website. Hieronder is 'n foto van haar werk by haar nuutste kunsuitstalling. Alles, soos in alles, is in hekelwerk oorgetrek - selfs die mense!!!


Sy is bietjie (baie) out there. Ek dink sulke super kreatiewe mense is baie cool, en dis amazing dat hulle 'n lewe kan maak deur net way out goed te doen. Ek sal egter nie my hekelwerk so kan, of wil, gebruik nie, maar ek hou van die naam van haar kunsuitstalling: Knitting is for pu**ies. Got to love it man!

Friday 21 January 2011

39. ekHekel in jou Inbox

Noudat ek:

1) deel is van, (en die Ravelry groep gestig het vir) Sarah London se Crochet a Rainbow projek;
2) die "inspirational kick (up the backside)" gekry het wat ek nodig gehad het;
3) die son nou uiteindelik later begin sak wat beteken dat ek nie voel ek wil 8 uur gaan slaap nie;
4) my volgende vakansie eers weer in Junie is en ek dus meer naweke tuis sal spandeer;
5) ek so bleddie baie uitsien na sit en hekel

sal ek seker meer gereeld blog oor my hekelwerk. Daarom het ek Feedburner se widget install sodat lesers van die blog elke nuwe inskrywing sommer direk in hul inbox kan kry.

Tik net jou epos adres in die spasietjie aan die linkerkant van die blog en kliek op "Subscribe".

Daar gaat sy!

Wednesday 19 January 2011

38. Wat 'n wonderlike projek!

Die Universe werk darem op amazing maniere. Net gister vertel ek julle dat ek vreeslik graag weer wil hekel, en vanoggend kry ek 'n "blog alert" van Sarah London se blog. Sarah vra dat ons granny squares moet hekel en vir haar stuur sodat sy dit in komberse kan verander om te gee vir al die mensies in Queensland wat deur die vloede hul besittings verloor het.

Dis so 'n nice gesture, en die perfekte ding om my weer my gat in rat te laat kry.

As jy ook wil deel wees van haar "Crochet a Rainbow" projek, kliek hier.

Tuesday 18 January 2011

37. Constant Craving

Ek wil net sĂȘ ek weet dat ek vreeslik lanklaas gehekel het, en dus ook vreeslik lanklaas geblog het, maar in my hart hook ek elke dag. Dis 'n Constant Craving soos waarvan K.D. Lang sing. Maar daar is net nie tyd en krag in die aande na werk vir hekel, en ek het ook nie eens die afgelope paar naweke kans gekry nie. Ek wil so graag kreatief wees en ek is mal oor hekel, maar my lyf kan net nie die energie bymekaar skraap om hekelpen en bolletjie wol op te tel nie. Dis seker maar die koue winter weer en vroeg donker wat my in hibernation mode sit.

Die laaste hekel was my wrist warmers, en dit was nog voor Kersfees! 'n Hele maand gelede! My wonderlike broer het by ons gekuier van Kersdag tot 2 Januarie, so in daai tyd wou ek net tyd saam met hom spandeer en van 8 - 15 Januarie was ons met vakansie in Miami Florida. Snaaks genoeg het ek nie my hekelwerk saam geneem nie want ek het gedink ek sal nie wil hekel nie - totally die teenoorgestelde! Terwyl ek in ons hotelkamer gesit het met 'n uitsig oor die see, wou ek soveel keer hekel maar helaas, die granny squares was by die huis.


Ek hoop en vertrou dat ek hierdie naweek, terwyl die wasmasjien woer en spin met die (hopelik) laaste bondel vakansie wasgoed, lekker sal kan sit en hekel want ai, ek mis dit! Ek werk tans aan 'n granny square oopknoop truitjie! Die kleure is pragtig, dis my gunsteling granny squares en ek maak die ontwerp vir die trui op soos ek aangaan, so dis regtig net soos speel. Om net daaroor te blog maak my happy!

O, voor ek vergeet. As "Susan" hierdie inskrywing lees, kan jy my asseblief jou epos adres stuur? Ek het gecomment op jou comment op die heel eerste inskrywing op die blog, maar jy het dit miskien gemis. Ek benodig net jou epos adres, dan sal ek vir jou 'n patroon stuur vir 'n gehekelde blommetjie.

Tot later dan hooky maters. Hopelik het ek een van die dae 'n gehekelde ietsie om vir julle te wys!

LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...