Wednesday 10 April 2013

ekHekel v. crocheTime

Sjoe, ek het lanklaas geblog! Nee wag, ek het eintlik net gister nog geblog: ek het lanklaas in Afrikaans geblog.

Sien, die ding is dat met my Engelse blog ek soveel meer mense bereik. Ek het al 6,410 hits op die blog in die kort tydjie wat ek hom het, en op my begiste dag (19 November) het ek 321 hits gekry. In een dag! En dis net omdat 'n Franse blogger 'n link na een van my blog inskrywings op haar blog gesit het. Just like that skiet my exposure deur die dak. Ek is vreeslik lief vir Afrikaans praat en skryf, maar ek bereik net soveel meer mense as ek my dinge in Engels doen. Verstaan djy?

Ek wil nou nie verwaand klink nie, maar as jy regtig geïnteresserd is in my hekel kaskenades, sal dit miskien beter wees om eerder te "subscribe" tot my Wordpress blog: crocheTime.

Jy hoef net jou epos adres in die blokkie met die rooi pyltjie in te tik (soos aangedui in die foto hieronder), dan kom al my blog inskrywings na jou inbox.




http://crochetime.wordpress.com/

Ek sal altyd ekHekel oop los want ek weet Afrikaanse mense Google gereeld hekel dinge wat hulle na my blog bring en dis cool, wonderlik en fantasties. Maar ek dink van nou af sal 95% van wat ek te sê het oor hekel, gebeur op crocheTime so as jy ingeskakel wil bly (get it?) hou maar jou oog op die Engelse blog.

Ek wil nou sommer ook vir al my blog lesers duisende dankies sê dat julle wel my blog lees en dat julle my hekel stokperdjie inspirerend vind. Ek dink regtig nie ek is 'n wonderlike haaker nie - ek volg net patrone en het 'n ding vir 'n mooi (helder) bolletjie wol. Al verskil is net dat ek net nie kan stilbly daaroor nie en toe maar 'n blog begin het (twee eintlik...♫dit borrel in my, want ek is so bly♪♫).

Ek weet die meeste van julle is nou ook deel van OnsHekel op Facebook en dis vir my so lekker om te lees en te sien wat julle doen. Bly altyd so kreatief en oulik! ♥


LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...