Monday 14 December 2009

21. Kaffe Fassett

Nee, Kaffe Fassett is nie vloekwoorde of 'n vreemde plek in Uzbekistan nie. Dis die naam van 'n man wat die mees flippin amazing breiwerk en kwilts inspireer. Hy is die Bill Gates van materiaal, die Tiger Woods van wol en die Van Gogh van kleur. Dis my beskrywing van Kaffe (jy spreek sy naam "Kyf" uit), maar Wikipedia is bietjie meer feitlik:

Kaffe Fassett (born 1937 in San Francisco), is an American artist who is best known for his colourful designs in the decorative arts - needlepoint, patchwork, knitting, painting, ceramics. "Colour is his very medium, whatever the substance he uses". He has resided in England since 1964. Fassett's work has attracted a considerable following. His work was the subject of a 1988 one-man show at the Victoria & Albert Museum in London, the first time a living textile artist had such a show there. The show proved so popular that it was successfully converted into an international travelling show that visited nine countries. A prolific author of over a dozen books, Fassett concentrates on teaching the color and design stages of craftwork rather than the construction stage.

Hier is die man self: julle kan sien hoekom ek so mal is oor hom.


Sy eie website vertel hoe hy begin brei het:
Kaffe ventured into the world of colourful yarn on a visit to a Scottish wool mill with fashion designer Bill Gibb. Inspired by the colours in the landscape, Kaffe was thrilled to find the same colours in yarns. He bought 20 colours of Shetland wool and some knitting needles, and on the train back to London a fellow passenger taught him how to knit. His first design appeared as a full page spread in Vogue Knitting magazine.

Ek kry sommer hoendervleis as ek dink die man was so blown away met die landskap dat hy net geweet het hy moet wol koop en iets brei, al kon hy toe nog nie brei nie! As hy enigsins voel oor nuwe wolle in amazing kleure soos ek, kan ek eintlik imagine dat hy net nie uitgepraat kon raak op die trein oor sy sakkie shopping nie. Iemand hoor hom toe seker opgewonde gil en tekere gaan en dink "Ag moer laat hom tog net leer brei sodat hy kan shut up" Hehehehe. Nee maar ernstig nou, dis amazing hoe hy net sy "gut instinct" gevolg het daar in die winkel in Skotland, want dit was duidelik meant to be.

'n Paar maande gelede was daar 'n program op Chanel 4
waar die aanbieder elke week 'n stukkie van haar huis mooi gemaak het, maar elke keer d.m.v. 'n ander "craft". Een week was die craft breiwerk en sy het Kaffe se huis besoek. Sy het met Kaffe gepraat ook. Hy is 'n vreeslik nice man en het net die heeltyd gesê "Don't be afraid of colour". Dis nou my motto in die lewe! Kaffe neem die vrou toe ook op 'n toer deur sy huis. Liewe hemel, holy cow, dis 'n kleurvolle storie! Hy practice duidelik wat hy preach. Hy het muurpapier, keramiekwerk, bekleedsel, tapeseries, als waaraan jy kan dink, en elke ieder een van daai goed het 'n patroontjie, maar somehow maak hy die mengelmoes net WERK. Case and point - hier is 'n paar foto's van sy huis:



(Liefie, jy kan maar relax, ek is nie van plan om ons huis in Kyf Kingdom te omskep nie… ten minste nie nou al nie. )

Maar wat ek julle eintlik wil vertel is dat die Regia wol mense 'n reeks wolle uitgebring het, ontwerp deur die einste Kaffe. Kan jy jou indink! Hy besluit watter kleure om bymekaar te sit in die bolle wol en dan verander dit van een kleur na die volgende terwyl jy brei! Al Kaffe se geniusness in 'n bolletjie wol! Die wol is spesifiek vir die brei van sokkies. Ja sokkies. Elke bol wol is genoeg vir een sokkie en die wol kom met 'n sokkie patroon. Dis totally genius! En vir elke kleurkombinasie is daar 'n opsie waar die kleure in strepe uitkom (Landscape) of sommer net so deurmekaar (Mirage).



Ek koop eerder my (baie bont) sokkies in 'n winkel en ek hou nie van brei nie so hoekom gaan ek so aan daaroor? Wel, my gunsteling online wol winkel het die wol op special gehad. £1.20 in plaas van £4.50 per bol - dis mos hopelooslik te goed om te laat verby gaan! So…toe koop ek twee bolle in 'n donkerblou en wynrooi strepie (Twilight), en twee bolle in ligblou en groen (Storm) in die deurmekaar ontwerp.En wat hekel ek? 'n Kopband! Sommer twee!

Ek wou al lankal 'n kopband hekel (die patroon is aan die regterkant van die blog) en ek het bietjie van 'n break nodig gehad van die IdentiteitsKrisisKombers. Dit was sooooo lekker om te sien hoe die wol verander. Ek kon twee klaar maak op 'n Saterdagmiddag want ek hekel so vinnig want ek kan nie wag om te sien wat die volgende kleur is nie!


P.S. Ek het vandag uitgevind dat die rede hoekom die wol so goedkoop was, is omdat die Kaffe Fasset Design Line reeks, nie meer deur Regia gemaak gaan word nie (hulle het nou net hul eie kleur kombinasies vir sokkies). So as jy van die Kaffe wol soek, en jy sien dit in die winkel, maak soos ek en koop dit dadelik!
Die sokkiewol is baie dun, so ek het twee bolle wol gelyk gebruik. Verander dus toe sommer my sokkiewol in Double Knit, just like that! En dit maak toe dat dit ekstra nice van kleure verander want die een bolletjie wol was altyd 'n bietjie laat met sy verandering. Oe, dit was lekker!!!

Sunday 6 December 2009

20. IdentiteitsKrisisKombers

'n Paar weke gelede het ek julle mos 'n voorsmakie gegee van my nuutste hekelprojek. Is dit 'n serp? Is dit 'n belt? Nee, dis 'n dubbelbed kombers!!!!!! Ja maters, ek hekel 'n kombers vir ons bed. Dis 'n moerse projek. Gaan kyk gou na jou slaapkamer duvet. Sien jy hoe lank en hoe wyd hy is? Nou dis wat ek hekel. En hekel. En hekel. En hekel.

Dis hoe vêr ek al is:



My liewe man het aan die begin van die projek heeltyd gesê wat 'n mooi ou serpie dit sal maak. Hoe meer ek vir hom sê nee, dis die begin van 'n kombers, hoe meer draai hy dit om sy nek en modelleer vir my die mooi serpie. Flippit! Nou het ek darem al vêr genoeg gehekel dat dit te groot is vir serpie-speel maar steeds noem hy dit 'n serp. Gggrrrrr.

Ek moet erken, die patroon leen homself baie oulik na 'n serp (maar dis net tussen my en julle, Johan mag nooit uitvind nie). En ek sal seker nog eendag die patroon gebruik vir 'n serp, maar ek wil eers vreeeeslik graag 'n kombers hekel. 'n Serp, 'n kussing en 'n kombers is die drie goed wat enige hooker ten minste een keer in hulle hookylewe moet maak. 2 Down, 1 to go.

Ons Granny en Grandpa kussings lyk ook vir my so asof hulle 'n maatjie soek, en wat beter as 'n ou bersie in dieselfde kleure! (Maar vir die rekord moet ek net sê dat Johan net ingestem tot 'n gehekelde kombers as daar geen pienk gebruik word nie. Klein prys om te betaal om my hekel sin te kry :-)).
Daar is 'n derde rede vir my lus vir kombers hekel. Ek kan onthou dat daar 'n dag was toe ek seker so 5 jaar oud was, wat ek op die grond by my oumagrootjie, Aggie, se voete gaan sit het en met totale verwondering gekyk het hoe sy 'n kombers hekel. Sy het in die eetkamer in 'n stoel gesit met 'n ligte geel kombers oor haar bene, maar toe ek nader stap sien ek die kort silwer hekelpen in haar een hand en die beweging van haar wysvinger van die ander hand. Daar besef ek toe dat Ouma Aggie sit en hekel aan 'n kombers wat reeds so groot is dat sy onder dit kan sit! Ek was blown away en vreeslik beindruk met my oulike oumagrootjie.
Ek het vir haar gesê dat dit baie slim is van haar om iets te maak wat haar warm hou terwyl sy nog daaraan werk. Ek weet nie meer wat sy vir my terug gesê het nie maar ek kan onthou dat sy 'n baie knowing smile gekry het en vir my bietjie gewys het wat sy doen. My klein koppie kon net nie uitfigure hoe dit moontlik is dit een metaal pennetjie en haar wysvinger iets so groot soos 'n kombers kon create nie. Ek was gewoond aan my ma wat brei, maar daarvoor het jy twee lang breipenne nodig en daar was altyd vreeslik baie lussies op een of albei van die penne. Maar hier sit Aggie met 'n kort silwer stokkie, wat nooit meer as 3 lussies op het nie, en sy maak groter goed as my Ma met haar breiwerk! Dis mos magic!
Deur die jare was daai liggeel kombers my gunsteling vir middagslapies. Hy het selfs saam met my getrek toe ek en Johan in ons woonstelle in die Kaap gewoon het.

Nou, meer as 25 jaar later het daai experience met Ouma Aggie nog steeds 'n uitwerking op my, al het ek dit nie dadelik besef nie. Drie weke gelede is ek op Ravelry, besig om deur die 3191 kombers patrone te gaan het op soek na 'n patroon vir my kombers. Een patroon het dadelik vir my uitgestaan: Spicy Delights Afghan (daar is 'n link op die "tab" aan die bokant van die bladsy), en ek dink dis Ouma Aggie wat my na daai patroon gelei het, want weet julle wat? Dis dieselfde patroon as Aggie se lig geel bersie!!!!!!! Maar die weird ding is dat ek eers agtergekom het dis dieselfde, toe ek alreeds 5 rye gehekel het - nie toe ek die patroon gekies het nie!

Aggie sal miskien nie 6 kleure vir haar kombers gekies het nie, my oupa-grootjie sou nooit durf waag het om haar handewerk 'n kompleks te gee nie, sy het haarself beslis nie leer hekel met YouTube nie en sy sou nooit gedink het dat haar agter-kleinkind in Engeland sal sit terwyl sy dit hekel nie, maar ek's seker sy glimlag net so mooi vir my soos daai dag toe ek groot-oog en met totale verwondering by haar voete gesit het.

LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...