Friday 27 May 2011

65. Healing powers

Karin Rabie het vir my hierdie epos gestuur en gesê ek kan dit maar met julle deel.

Beste Natasja

Na 'n naweek van 3 x 12 uur skofte se werk by die plaaslike tehuis vir bejaardes, is ek vandag maar flou en wil ek net die nodige takies in die huis doen  en dan.....ta da..... HEKEL!
Gedurende Januarie tot Maart van 2011, het ek die "voorreg" gehad om vir 3 maande in die bed te wees met 'n rug besering.  Dit was seker die moeilikste tyd wat ek nog ooit in my lewe gehad het, veral omdat ek nie geweet of ek ooit weer sal regkom en sal kan loop nie.  Ek het soveel pyn gehad, dat ek amper my varkies verloor het. 
My man het soggens om 06h30 die huis verlaat om te gaan werk en weer saans teen 18h30 teruggekom.  Omdat ons erf met goeie sekuriteit toe is, was dit ook nie vir my vriende moontlik om te gereëld te kom kuier nie, want ek moes elke keer uit die bed om die remote hek te kan oopmaak en omdat ek so moeilik beweeg het, was dit nie altyd so gelee nie.
Ek was dus aangewese aan myself, die radio en raai wat, my hande het mos niks makeer nie, so ou girl, ek het gehoorlik gehaak van vroeg tot laat.  Die foto wat ek attach het is die resultaat na aanleiding van "onthou kwilt in die Junie 2010 Idees tydskrif". 


Ek het gedelf in 'n ou hekelboek van my ma, wat heelwat gehekelde klere in het.  Het die patrone van die klere se motief dan in die blokke gemaak.  Dit was 'n heerlike ontdekkingsreis om 'n groot verkeidenheid patrone te kry, sodat daar nie te veel blokke is wat dieselfde is nie.  Ek het die kombers in die 3 maande voltooi en tot vandag toe sê ek dankie vir die Vader dat ek my hande en ook so my gemoed, positief kon besig hou.

Gelukkig is my rug nou heelwat beter en kon ek weer sedert April terug gaan werk toe.  Die hekeltyd is dus veel minder, maar gedurende etenstyd en teetyd, by die werk word die wolletjies gou uitgepluk.  Al die inwoners is al nuuskierig om te sien hoe die suster se projek vorder.  Het ook al van die ander personeel aan die haak!

Mooi bly en geniet die hekel reis.  Dit is mos altyd 'n uitdaging om iets nuut te probeer.
 
Haai julle, is dit nie amazing nie? Ek is so bly vir Karin dat haar rug nou weer mooi gesond is. Dis so 'n blessing om kreatief te kan wees en jouself te omring met mooi goed wat jy self gemaak het. Jy kan dan mos nie anders as om positief te bly en gesond te word nie!

Dankie Karin dat jy jou inspirerende storie met ons deel.

Thursday 19 May 2011

64. Hekelstories

Ek het julle mos noudie dag vertel dat ek gereeld eposse kry van mense reg oor Suid-Afrika wat my vertel van hul hekelwerk, en hoe hulle in die hekel ding ingekom het. Wel, vandag gaan ek een van die stories met julle deel. Karin, van Robertson in die Wes-Kaap, het toestemming gegee dat ek haar storie met julle deel. Ek het net twee sinnetjies uit die email gehaal, maar die storie is nes sy dit vir my gestuur het:

Beste Natasja
Wat 'n voorreg om 'n mede hakkertjie te ontmoet.  My ma het my leer hekel nog voor ek skooltoe gegaan het en ek het so pas 47 geword, dus hekel ek al vir 41 jaar en dit word net al hoe lekkerder.
Ons is 2 susters wat net 2 jaar in ouderdom verskil.  Het maar in die maer jare grootgeword en ma het geglo dat 'n kind nie net geld in die hand gestop word nie,  o nee, ons moes woeker ou girl. 
Sy het verskeie ou wolletjies gehad en ons moes daarmee blokkies hekel, die buitenste rand moes altyd swart wees en dan het ma dit aanmekaar gewerk.  Ons het 2 sent per blokkie verdien en daarmee kon ons dan by die kafee gaan lekkers koop.  Onthou dit was met Noag se tyd toe 2 sent nog iets kon koop.  Ek dink ons het 4 Wilson toffies daarmee gekoop, as ek nou reg onthou!
Ma was ook baie streng en as die blokkie nie mooi netjies gehekel was nie, moes dit uitgetrek word.  Net 'n geldjie vir die wat reg was. So kan ek nog baie hekelstories uitryg.
Haker groete
Karin

Is dit nou nie die oulikste, oulikste storie nie! Ek is seker daai 2c blokkies met die swart randjies was die tradisionele granny squares, want die properse granny komberse word mos altyd met 'n swart randjie gedoen. Ietsie soos hierdie:


Kan julle ook die twee dogtertjies picture wat vreeslik hard konsentreer op hulle grannies net sodat hulle geld het vir lekkergoed? Dis sooo oulik!

Ai julle, ek VREK oor hakertjies. Ons is net anderste, en dare I say it, bleddie oulik! Noudat so baie van julle vir my emails stuur, kom ek regtig agter dis 'n tipe mens wat hekel, and I like it!!

Tussen die skryf van die boonste paragraaf, en die publiseer van hierdie inskrywing het Ouma Amanda kommentaar gelos op een van my ou inskrywings. Gaan lees bietjie wat sê sy hier: http://ekhekel.blogspot.com/2009/08/335-hakerige-storie.html, dan sal julle sien wat ek bedoel met ons hakers is net wonderlik, fantasties, anderste mense! She proves my point in spades! You gotta love the hookers! 

P.S.: Karin, jy en jou sus kan gerus nog stories stuur. In fact, enige iemand wat die blog lees kan maar oulike hekel stories stuur. As jy jou storie net met my wil deel is dit dood dollies (of moet ek sê dood doilies), maar as jy nie omgee nie, sal ek dit graag op die blog wil sit vir almal om te lees.

Wednesday 18 May 2011

63. Déjà vu

Noun. déjà vu - the experience of thinking that a new situation had occurred before.


Sunday 15 May 2011

62. Baie dankie!

Goeie moer!*

Dis wat ek vanoggend gesê het toe ek sien dat ek 50, ja 50, mense het wat die blog per email ontvang. Jislaaik, dis 'n halwe honderd, meer as 4 dosyn! Soos die Oscar wenners sê: "Thanks to all of you - my fans. Without you I wouldn't be here".

Nee maar ernstig nou mense, ek is regtig bowled over dat daar ten minste 50 Afrikaans sprekende vreemdelinge daar buite is wat dink dat my geskryf oor hekel, leeswaardig is. Ek kry gereeld eposse van mense wat my vertel van die wonderlike goed wat hulle hekel, maar mees amazing vir my, hoe ek hulle inspireer! Julle weet wie julle is (Riette, Roslyn, Annalize, Elmari, Laurentia, Minette, Hanlie, Debbie, Fredolien). Ek voel regtig humbled om te dink dat iets waaroor ek eenvoudig net nie kan stilbly nie, ander ook kan opgewonde maak en inspireer. Totally amazing!

Ek vermoed dat 'n groot rede vir my skielike gewildheid, te danke is aan die briefie in die Idees van Mei 2011. Ek het regtig-egtig nie gedink hulle sou die epos wat ek "on a whim" vir hulle gestuur het, publiseer nie. Ek het die truitjie op die voorblad van die Februarie uitgawe gesien (en myself amper nat gepiepie*), en ek weet Idees het 'n paar hekelprojekte, toe dog ek what the heck, ek het niks om te verloor, kom ek vertel hulle van die blog. Low and behold, daar publiseer hulle die briefie! My vriendin Tia het vir my 'n boodskap op Facebook gestuur om te sê sy sit nou en lees my briefie in Idees. Huh? Watse briefie?! En siedaar, I'm a published hooker! Jy kon my omslaan met 'n hekelpen.

Voor die briefie in Idees het ek darem alreeds lesers gehad en ek kan op die blogger statistics sien hoe mense by my blog uitkom. Dis 'n vreeslike cool funksie. Baie mense gebruik google.co.za om te soek vir "hekel", "gratis hekel patroon", "serp", "slaapsokkie patroon" ens. en dit lei hulle dan na die blog. Baie keer is dit ook prentjies van iets op my blog in google images, wat mense na die blog lei. Op die manier het ek so net onder die 30 lesers gehad wat inteken op die blog, maar na die Idees briefie, het dit nou amper verdubbel. Dan is daar natuurlik ook mense wat die blog lees, sonder om in teken daarop - volgens Blogger het ek meer as 6000 pageviews net uit Suid-Afrika!


So, wat ek eintlik vir julle wil sê is baie baie baie baie dankie dat julle my blog lees. Dit maak my vreeslik opgewonde en bly, maar dis ook 'n baie "humbling".

Ek sal probeer om gereeld my deeltjie te doen deur vir julle te vertel van my hekel projekte. Op die oomblik werk ek steeds elke dag aan my tweede wrap, en ek het reeds die materiaal, ja MATERIAAL, gekoop vir die volgende projek. Blog entry to follow shortly ;-)

*Ek het mos gesê ek skryf soos ek praat. You've been warned.

Keep on hooking ladies!!!

Tuesday 3 May 2011

61. Floating on a doilie

Ons het 'n ta-daaaah oomblik vandag! My Floating Wrap is klaar, en ek het hom al drie keer (very proudly)gedra. Maar eers wil ek julle wys hoe ek hom geblok het.

Dis nogal 'n groot affêre om plat neer te lê, so die koffietafel moes uit die pad, en ek moes maar mooi trap in die sitkamer terwyl hy daar gelê het.  


Hier kan julle sien wat 'n verskil die blok gemaak het.  Is dit nie amazing hoeveel mooier die blomme lyk na hulle geblok is nie?! Totally die wydsbeen sit en mooi mik om by die voordeur te uit, werd.


En nou vir die moment of truth: my wrap! Ek is baie baie mal oor hom. Dis so nice om iets te dra wat ek self gemaak het. En dis die naaste wat ek nog gekom het aan 'n kledingstuk hekel. Dis mos nie regtig 'n toppie of trui nie, maar dis darem nie net 'n serp nie. Ek love it!


Ek love dit soveel, dat ek die dag na ek my wrap klaar gemaak het, dadelik begin het aan die tweede een! Hierdie keer is dit 'n kleurvolle saak... 'n pers, groen, teal, ligblou, beige saak.

Hier is 'n lusmakertjie:

Julle sal nie lank hoef te wag vir die Ta-daaah blog inskrywing vir die tweede meneer nie, want ek hekel hom vreeslik vinnig. Ek is net te vrek nuuskierig om te sien wat die volgende stukkie kleur is in die "self striping yarn"! Spoed van lig sê ek julle!

Kleurvolle hekel groete,

LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...