Sunday 15 May 2011

62. Baie dankie!

Goeie moer!*

Dis wat ek vanoggend gesê het toe ek sien dat ek 50, ja 50, mense het wat die blog per email ontvang. Jislaaik, dis 'n halwe honderd, meer as 4 dosyn! Soos die Oscar wenners sê: "Thanks to all of you - my fans. Without you I wouldn't be here".

Nee maar ernstig nou mense, ek is regtig bowled over dat daar ten minste 50 Afrikaans sprekende vreemdelinge daar buite is wat dink dat my geskryf oor hekel, leeswaardig is. Ek kry gereeld eposse van mense wat my vertel van die wonderlike goed wat hulle hekel, maar mees amazing vir my, hoe ek hulle inspireer! Julle weet wie julle is (Riette, Roslyn, Annalize, Elmari, Laurentia, Minette, Hanlie, Debbie, Fredolien). Ek voel regtig humbled om te dink dat iets waaroor ek eenvoudig net nie kan stilbly nie, ander ook kan opgewonde maak en inspireer. Totally amazing!

Ek vermoed dat 'n groot rede vir my skielike gewildheid, te danke is aan die briefie in die Idees van Mei 2011. Ek het regtig-egtig nie gedink hulle sou die epos wat ek "on a whim" vir hulle gestuur het, publiseer nie. Ek het die truitjie op die voorblad van die Februarie uitgawe gesien (en myself amper nat gepiepie*), en ek weet Idees het 'n paar hekelprojekte, toe dog ek what the heck, ek het niks om te verloor, kom ek vertel hulle van die blog. Low and behold, daar publiseer hulle die briefie! My vriendin Tia het vir my 'n boodskap op Facebook gestuur om te sê sy sit nou en lees my briefie in Idees. Huh? Watse briefie?! En siedaar, I'm a published hooker! Jy kon my omslaan met 'n hekelpen.

Voor die briefie in Idees het ek darem alreeds lesers gehad en ek kan op die blogger statistics sien hoe mense by my blog uitkom. Dis 'n vreeslike cool funksie. Baie mense gebruik google.co.za om te soek vir "hekel", "gratis hekel patroon", "serp", "slaapsokkie patroon" ens. en dit lei hulle dan na die blog. Baie keer is dit ook prentjies van iets op my blog in google images, wat mense na die blog lei. Op die manier het ek so net onder die 30 lesers gehad wat inteken op die blog, maar na die Idees briefie, het dit nou amper verdubbel. Dan is daar natuurlik ook mense wat die blog lees, sonder om in teken daarop - volgens Blogger het ek meer as 6000 pageviews net uit Suid-Afrika!


So, wat ek eintlik vir julle wil sê is baie baie baie baie dankie dat julle my blog lees. Dit maak my vreeslik opgewonde en bly, maar dis ook 'n baie "humbling".

Ek sal probeer om gereeld my deeltjie te doen deur vir julle te vertel van my hekel projekte. Op die oomblik werk ek steeds elke dag aan my tweede wrap, en ek het reeds die materiaal, ja MATERIAAL, gekoop vir die volgende projek. Blog entry to follow shortly ;-)

*Ek het mos gesê ek skryf soos ek praat. You've been warned.

Keep on hooking ladies!!!

3 comments:

  1. Selfs die van ons wat totaal die kluts kwyt is as dit kom by handwerk soos hekel, geniet ook jou kwinkslae - en hoop dat daar bietjie vaardighede via osmose of iets op ons afskuur. Ek is tog so bly om 'n "published hooker" as maatjie te hê!

    ReplyDelete
  2. Its just great to see someone going gaga over crochet work. Also love to read your blog. All just as you talk. Naturally being yourself. Thanks for sharing with me.

    ReplyDelete
  3. Hallo Natasja.

    Man, maar jy het 'n alte ougat blok hier. My suster op Robertson, Karin Rabie, het my van jou blok vertel en ek kuier nou al die heel oggend hier.

    Ek admireer jou oor jy jouself leer hekel het. Ons was so gelukkig om in 'n huis groot te word waar ons ma ons leer hekel en brei het voor ons nog omtrent behoorlik 2 woorde agter mekaar kon se. Ons het begin met die "granny squares". Later het dit meer gevorderd geraak en het ons ons hand aan doilies en dies meer gewaag.

    Karin was die flukse ene, ek het meer in lees belang gestel, dit was nogal 'n grap in ons huis, die gespot was dat sy eendag haar huis mooi sal kan opdollie met fraaie doilies en ek maar 'n boek op my kaste en tafeltjies sal moet sit.

    Gelukkig raak mens mos groot. Nou kan ek nie 'n oomblik stil sit sonder om iets te doen nie, hetsy hekel of brei. Al ons vriende en familie ken ons altyd besig met 'n ietsie.

    Dat jy jouself geleer het is wonderlik, dit lyk my al meer jongmense begin deesdae belang te stel om weer te hekel en brei en dit doen my hart goed om dit te sien.

    Doen so voort, jy maak die oulikste goed en ek is sommer weer van voor af geinspireer om nuwe goed te maak. Sal beslis bietjie van jou idees toepas.

    Baie dankie en sterkte met jou wonderlike idees en inspirasies.

    Hartlike groete van Vredendal

    Sonia Horn

    ReplyDelete

LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...