Sunday 25 October 2009

15. So bietjie deur die blare

Julle sal seker onthou dat ek en Johan verlede week wou gaan herfsblare kyk maar toe nooit daarby uitgekom het nie. Ons het mos eerder gaan tee & scones. Wel Sondag het ons weer probeer, en dit was 'n reuse sukses! Die keer het ons reguit Bushy Park toe gegaan en toe afgekom op 'n deel van die park wat super mooi is!

Ek hoef nie veel te sê nie want julle kan van die foto's aflei dat ons die mooi herfskleure en rustige woud vreeslik baie geniet het.





Ek is mal oor hierdie foto effek - dit lyk soos 'n 1960's foto. Laat my dink aan die foto's wat ek gesien het as kind van my ma en pa in hul jong dae:


Nog 'n foto effek:




I luuuuuve my husband!:

My vriendin Johanna sê ek lyk soos 'n stout Engel in die foto. Ek dink meer dis soos die duiweltjie op Johan se skouer :-):



Is dit nie beautifull nie?!:




Ons was darem nie dadelik huis toe na die speel tussen die blare nie. Nee, eers 'n teekie en Ouma beskuit in die kar voor ons die lang (10 minute) drive huis toe aandurf. Enige verskoning....

P.S. Ons was later Sondagmiddag weer uit - vir 'n replay van verlede Sondag se tee & scones. Hoekom? Want ons kan!

Sunday 18 October 2009

14. Ta-daah!!!

Dis klaar! Saterdagmiddag, 17:36 het ek die Liewe Heksie serp klaar gemaak! 960 minute (39 Heksies x 20 minute per heksie plus 3 ure vir aanmekaar werk) en 504.6m katoen Rowan wol later het ek haar om my nek gedraai. Ek moet sê ek is nogal trots op myself en ek dink die kleure wat ek gekies het werk vreeslik mooi saam.
Dit lyk my ook nogal of ander mense van my serp hou want op Ravelry het 12 mense al die serp ge"favourite". Onder andere 'n vrou in Conneticut wat hekel klasse aanbied en hekelpatrone vir tydskrifte uitdink!!! Daar's ook 'n vrou van Santiago in Chille wat hou van die kleure en iemand van Tasmania wat die serp al ge"favourite" nog voor dit klaar was! Jissie julle, dit maak my baie bly maar ek wil ook bietjie maak soos die regte Liewe Heksie wat altyd so haar een voetjie gedraai het as sy skaam raak.
Helaas ek is darem nie so skaam dat ek nie my serp sal dra nie. O nee, ek dink nie daar sal een enkele dag wees waar sy nie om my nek is nie. En die beste is dat die wol net sagter en sagter gaan raak en dit net lekkerder en mooier sal begin hang, want dis mos 100% katoen. Dis soos wanner jy 'n silwerskoon jean dra - daai eerste paar uur sit dit mos styf en dan na 'n dag se dra is dit doek sag. Dieselle gaan gebeur met my serp! Skielik lyk die winter nou nie meer so grys nie :)
Maar nou eers genoeg van my serp. Kom ek vertel julle ietsie anders.
Johan het my Sondag vir 'n drive gevat na Richmond Park. Die idee was ons sou gaan herfsblare kyk maar daar was soveel ander mense met dieselfde idee, en so min parkeerplek in die grootte park dat ons maar net reg deur gery het. Op pad Bushy Park toe (plan B) kry ek skielik 'n oorweldigende lus vir Tea & Scones. Nes ek dit vir Johan sê, rek sy oë so groot soos pierings want hy het op daai selfde oomblik gedink hy wil my uitvat vir Tea & Scones! Great minds (en amper 8 jaar getroud wees) nê!
Ons is toe na 'n kwekery naby ons, se restaurantjie waar ons al voorheen Tea & Scones gehad het. Ai julle, maar dit was lekker! Nie net die tee en die scones en die aarbei konfyt en die clotted cream nie, sommer net die hele experience. Lyk my ons het die magic hour gevind wanneer die ou omies en tannies soontoe gaan. Daar was geen stout kinders nie, geen giggelende bakvissies, geen mans op selfone nie - net ou omies en tannies wat stil en bedeesd (en stadig) hulle soet dingetjies en toebroodjies geniet. En natuurlik sit ons binne die restaurant van 'n kwekery so ons is omring deur die rustigheid van plante en daar speel heerlike, rustige agtergrond musiek. Hemels!!!
Julle mos kan sien hoe happy ons is (en kyk die ou omie agter Johan se skouer. Cute!!!):




Het julle opgemerk hoe verskillend ons ons scones aanmekaar sit? Myne is konfyt onder met room bo-op, en Johan s'n is room onder en konfyt bo-op. En kyk hoe bont is ek, en hoe prakties en manlik is my man aangetrek. Maar weet julle wat? Ons is al 8 jaar getroud en ken mekaar al 10, en ons het elkeen nog ons eie dingetjies wat ons uniek maak, en dis nice!

Monday 12 October 2009

13. Kry bietjie perspektief

35 Heksies is klaar - nou moet ek net besluit watter een kom waar.
Partykeer moet mens 'n saak van bo bekyk:

En ander kere is dit beter om dit van nader te bekyk:

Maar in ieder geval, help dit as jy lekker speel.

Sunday 11 October 2009

12. Leë blikke

Maak nie die meeste geraas nie, hulle lyk die mooiste!

1. Neem een standaard blikkie:


2. Hekel 'n paar rye voor die TV terwyl X-factor aan is:


3. Staar oop mond na die new look blikkie wat nou so pragtig lyk en gebruik hom as

a) 'n blompotjie bo-op die yskas; of



b) 'n houer vir eetgerei; of

c) 'n penne houer.


Ek gaan nou nooit weer leë blikkies in die recycling bin gooi nie, ek hekel net 'n mooi jassie en gebruik dit weer! 'n Hooker's way of recycling :-)
Okay sien julle later, ek gaan nou eers die kombuiskas in vaar opsoek na blikkieskos.

Saturday 3 October 2009

11. The making of 'n Liewe Heksie serp

Ek dink ek gaan julle vandag wys hoe ek die 34 heksies vir my serp maak. Wil julle sien? Wil julle huh? Okay, kyk hier.

Rondte een is 'n wieletjie met twaalf sparretjies:


Die tweede rondte in al my heksies gaan spier wit wees (al die ander rondtes is net 'n mallemoes van die ander vyf kleure) want die "bobble stitch" wat ek in hierdie rondte moet maak, lyk vir my nes blomblaartjies. In my kop hekel ek dus wit Magrietjies.


Rondte drie is dieselfde groepie van drie stekies (mens noem die groepie 'n "shell") wat mens vir Granny Squares gebruik. Die rondte gaan sommer baie vinnig want ek wizz deur die shells - dankie Grandpa en Grannny kussings.


Rondte vier is net 'n stringetjie van kettingstekies wat jy anker in die opening tussen die vorige rondte se shells.


En dan in rondte vyf, die laaste rondte, gebeur die magic. Die sirkel verander in 'n heksagon! Jy werk weer shells soos in die vorige rondte, behalwe dat jy in elke tweede spasie TWEE shells maak en die twee shells met twee kettingstekies verbind. Dis daai groepie van twee-shells-en-twee-kettingstekies wat die hoekies maak. Hoe amazing is dit?!


Dieselfde tipe ding gebeur met Granny Squares. Jy maak ook 'n wieletjie en in jou tweede rondte maak jy shells wat met twee kettingstekies verbind word, en dan skielik is jou sirkel sommer 'n vierkant. My kop spin as ek dink dat iemand eendag gesit en hekel het en dit uitgefigure het. Op Ravelry (die Facebook van hekel en breiwerk) is daar soveel mense wat patrone uitdink of bestaande patrone verander om hulle te pas. Ek is beslis nog nie daar nie, maar dis lekker dat die ander slim vrouens hulle oulike patrone met mense soos ek deel.

So daar het julle nou een heksagon sien vorm neem. Oulik nê?

Ek het nou al 'n hele paar heksies gehekel en geniet my gate uit om hulle uit te pak, op te stapel en sommer as coasters te gebruik. Ek freak heeltemal uit as ek so na al die kleurkombinasies kyk!




Okay, enough blogging, I've got to get hooking!

Thursday 1 October 2009

10. Tyd vir 'n nuwe hekel projek: die Liewe Heksie serp

Die slaapkamer kussings is nou klaar en ek's reg vir 'n nuwe projek - een wat ek kan afshow vir die buitewêreld. Ek is ook 'n bietjie moeg vir Granny Squares, so ek gaan heksagonne maak! Vandaar die naam vir my serp - hexagons, heksagonne, heksies - get it?!

Die kleurkombinasie vir deeske serp was nogal 'n storie. Let me explain. Terwyl ek nog besig was met die slaapkamer kussings het ek 'n groot "Knitting Event" bygewoon waar daar klomp stalletjies sou wees met wol. Nou enige iemand wat my ken weet dat ek hou van koop en as ek nie weet presies wat ek soek nie, sal ek enige iets en alles koop. So met die wete bepeins ek toe al omtrent 'n week voor die event die kleurskema van my serp. Al wat ek weet is ek wil hê daar moet rooi, pienk en groen in wees maar ek kan nie rustigheid in my gemoed kry oor watter ander kleure om daarby te sit nie. (Enige iemand anders sou seker ophou by die blote gedagte van pienk en rooi saam, maar vir my is dit dood normaal).

Anyway, so is ek al op die trein by Thames Ditton stasie, reg om te vertrek na Waterloo maar ek weet toe nogsteeds nie heeltemal watter kleure wol ek moet gaan koop nie. Ek ken darem ook myself en vertrou die Universe om te voorsien in als wat ek nodig het en daar slaan dit my. Ek kyk uit by die venster terwyl die deure van die trein nog toemaak en sien een van Ron (die station master) se sewe kruiwaens met plantjies wat hy elke Somer op die platform sit, en dis die absolute PERFEKTE kleure vir my serp. Dis so vreemd dat ek elke dag verby daai kruiwaens stap maar nooit regtig na hulle gekyk het in terme van kleurskema vir my serp nie, tot daai Saterdagoggend. Afgesien van die rooi, pienk en natuurlik groen, was daar ook wit en blou blommetjies - perfek!

By die Event was daar hope stalletjies maar so waar as wragtig niemand wat eens een ou bolletjie rooi wol verkoop nie! Allerhande ander kleure, of "variagated" wol in 'n mix van verskillende kleure maar nie eens die variagated outjies het my kleurskema gehad nie. So ek is leë hande daar weg - sien, as ek nie geweet het presies wat ek soek nie sou ek ietsie van als daar gekoop het en net my geld gemors het.

Dankie tog vir die internet, want daar kry ek toe presies wat ek gesoek het. Die kleure se name is Bleeched, Goosberry, Ice Water, Sugar, Rosso en Lupin - is dit nie pragtige name nie? Die pakkie wol het verlede week by die werk opgedaag al die pad van Glasgow af. Al my tikwerk het tot 'n grinding halt gekom en die telefone het gelui maar ek het nie geworry nie want ek wil net sien hoe lyk my wol! En is dit nie beautifull nie!!!!!!!!!


Ek het Maandagaand begin hekel aan die heksies en oe dis lekker om te werk met my pragtige wolle! Die wol is 100% katoen so die draadjies is baie stywer en dikker as die wol vir die kussings, en dit wys ook elke liewe draadjie en stekie baie duidelik, so ek moet my storie ken! Dit het bietjie aanpassing geverg, maar nou is ek lekker in the swing of things en geniet dit vreeslik. Hou die blog dop, want ek sal die naweek vir julle foto's van my liewe heksies op sit.


LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...