Helaas ek is darem nie so skaam dat ek nie my serp sal dra nie. O nee, ek dink nie daar sal een enkele dag wees waar sy nie om my nek is nie. En die beste is dat die wol net sagter en sagter gaan raak en dit net lekkerder en mooier sal begin hang, want dis mos 100% katoen. Dis soos wanner jy 'n silwerskoon jean dra - daai eerste paar uur sit dit mos styf en dan na 'n dag se dra is dit doek sag. Dieselle gaan gebeur met my serp! Skielik lyk die winter nou nie meer so grys nie :)
Maar nou eers genoeg van my serp. Kom ek vertel julle ietsie anders.
Johan het my Sondag vir 'n drive gevat na Richmond Park. Die idee was ons sou gaan herfsblare kyk maar daar was soveel ander mense met dieselfde idee, en so min parkeerplek in die grootte park dat ons maar net reg deur gery het. Op pad Bushy Park toe (plan B) kry ek skielik 'n oorweldigende lus vir Tea & Scones. Nes ek dit vir Johan sê, rek sy oë so groot soos pierings want hy het op daai selfde oomblik gedink hy wil my uitvat vir Tea & Scones! Great minds (en amper 8 jaar getroud wees) nê!
Ons is toe na 'n kwekery naby ons, se restaurantjie waar ons al voorheen Tea & Scones gehad het. Ai julle, maar dit was lekker! Nie net die tee en die scones en die aarbei konfyt en die clotted cream nie, sommer net die hele experience. Lyk my ons het die magic hour gevind wanneer die ou omies en tannies soontoe gaan. Daar was geen stout kinders nie, geen giggelende bakvissies, geen mans op selfone nie - net ou omies en tannies wat stil en bedeesd (en stadig) hulle soet dingetjies en toebroodjies geniet. En natuurlik sit ons binne die restaurant van 'n kwekery so ons is omring deur die rustigheid van plante en daar speel heerlike, rustige agtergrond musiek. Hemels!!!
Julle mos kan sien hoe happy ons is (en kyk die ou omie agter Johan se skouer. Cute!!!):
Het julle opgemerk hoe verskillend ons ons scones aanmekaar sit? Myne is konfyt onder met room bo-op, en Johan s'n is room onder en konfyt bo-op. En kyk hoe bont is ek, en hoe prakties en manlik is my man aangetrek. Maar weet julle wat? Ons is al 8 jaar getroud en ken mekaar al 10, en ons het elkeen nog ons eie dingetjies wat ons uniek maak, en dis nice!

Die serp is oulik. Ek schmaak dit! ;)
ReplyDeleteDie serp is pragtig!Jy sal maar moet begin uitvoer na SA...
ReplyDelete8jaar getroud en ken mekaar 10...so wanneer kom die klein King'e dan!?
hierdie serp is pragtig!!
ReplyDelete