Wednesday 10 April 2013

ekHekel v. crocheTime

Sjoe, ek het lanklaas geblog! Nee wag, ek het eintlik net gister nog geblog: ek het lanklaas in Afrikaans geblog.

Sien, die ding is dat met my Engelse blog ek soveel meer mense bereik. Ek het al 6,410 hits op die blog in die kort tydjie wat ek hom het, en op my begiste dag (19 November) het ek 321 hits gekry. In een dag! En dis net omdat 'n Franse blogger 'n link na een van my blog inskrywings op haar blog gesit het. Just like that skiet my exposure deur die dak. Ek is vreeslik lief vir Afrikaans praat en skryf, maar ek bereik net soveel meer mense as ek my dinge in Engels doen. Verstaan djy?

Ek wil nou nie verwaand klink nie, maar as jy regtig geïnteresserd is in my hekel kaskenades, sal dit miskien beter wees om eerder te "subscribe" tot my Wordpress blog: crocheTime.

Jy hoef net jou epos adres in die blokkie met die rooi pyltjie in te tik (soos aangedui in die foto hieronder), dan kom al my blog inskrywings na jou inbox.




http://crochetime.wordpress.com/

Ek sal altyd ekHekel oop los want ek weet Afrikaanse mense Google gereeld hekel dinge wat hulle na my blog bring en dis cool, wonderlik en fantasties. Maar ek dink van nou af sal 95% van wat ek te sê het oor hekel, gebeur op crocheTime so as jy ingeskakel wil bly (get it?) hou maar jou oog op die Engelse blog.

Ek wil nou sommer ook vir al my blog lesers duisende dankies sê dat julle wel my blog lees en dat julle my hekel stokperdjie inspirerend vind. Ek dink regtig nie ek is 'n wonderlike haaker nie - ek volg net patrone en het 'n ding vir 'n mooi (helder) bolletjie wol. Al verskil is net dat ek net nie kan stilbly daaroor nie en toe maar 'n blog begin het (twee eintlik...♫dit borrel in my, want ek is so bly♪♫).

Ek weet die meeste van julle is nou ook deel van OnsHekel op Facebook en dis vir my so lekker om te lees en te sien wat julle doen. Bly altyd so kreatief en oulik! ♥


Sunday 19 August 2012

n Serpie waaraan ek werk

Die patroon hiervoor kom uit n Japanese hekel patroon boek! Kan julle glo?!


Daar is meer informasie oor die patroon en die wol in hierdie inskrywing op my Engelse blog.

Wednesday 6 June 2012

Twee gehekelde toppies

Ek het onlangs nog twee gehekelde toppies klaar gemaak.

Die eerste is hierdie baie ligte grys ene uit die Rowan Holiday Crochet pattern book, genaamd Belle. Vir al die info oor die wol en patroon, gaan lees hier: http://crochetime.wordpress.com/2012/05/15/my-belle-ta-daaaah/



Meer onlangs, eintlik eergister, het ek Dusky klaar gemaak. Dis ook 'n Rowan patroon, maar die een is gratis.  Al sy info is hier: http://crochetime.wordpress.com/2012/06/06/dusky-in-corfu/


Sunday 29 April 2012

Granny Square kussing

Ek het hierdie kussing die naweek klaar gemaak. Lees meer oor haar (ja, 'n mooi kussing soos hierdie kan nie 'n "hom" wees nie), op my Engelse blog, hier.



Thursday 12 April 2012

'n Gehekelde truitjie

Hierdie is my eerste gehekelde kledingstuk en ek's vreeslik trots op hom. Al die patroon en wol besonderhede is hier.



Monday 6 February 2012

Wil jy ietsie wen?

Op my Engelse blog het ek 'n Valenteinsdag trekking vir hierdie twee gehekelde blom borsspelde.


Al wat jy moet doen om 'n kans te staan, is om in teken om crocheTime per epos te ontvang.

Al die detail is hier: http://crochetime.wordpress.com/2012/02/06/a-valentine-from-me-to-you/



LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...