Monday 28 February 2011

48. Blok die blokke blokkerig

Ek het mos nogal 'n geskiedenis as dit kom by acrylic wol blok - onthou die saga van die Doris Chan "killed the yarn" truitjie van 2010?  Hierdie naweek was dit weer sulke tyd - met 18 15cm x 15cm blokke - almal in acrylic wol gehekel.  Maar weet julle wat, dit was glad nie so 'n groot drama soos laas keer nie!

Die blokke kom almal uit 200 Crochet Blocks deur Jan Eaton. Agter in die boek sê sy jy moet acrylic wol net nat spuit, die water bietjie invryf, en dan vasspeld en vanself laat droog word. Niks stoom strykysters, of handdoeke in sig nie! Kan dit regtig so maklik wees? Ja dit kan! 

Hieronder is 'n 45cm x 45cm vierkant - ek het reeds al die blokke aanmekaar gewerk - wat ek op die manier geblok het.

 


Die blou spons waarop dit vasgespeld is, is wat vir my die verskil gemaak het. (Laas keer het ek mos op 'n kwilt en 'n handdoek die speldjies probeer vasdruk). Ek  het bietjie op die internet gaan rondkyk en daar gesien dat mense hierdie EVA/foam speelmatjies gebruik. Dis blykbaar die goed waarmee plakkies gemaak word, so dis dun en sag, maar steeds dig genoeg dat 'n speldjie lekker daarin kan staan. Hier by ons moet jy dit in pakke van 4 koop, maar ek was gelukkig genoeg om 'n ou op eBay te vind wat elke mat afsonderlik koop. Ek het net £1.99 betaal insluitende aflewering! En as ek ooit eendag iets groter wil blok, koop ek net nog 'n blok!  Dit werk sooo lekker!

Ek het op google.co.za gaan kyk vir soortgelyke blokke, en darem een maatskappy gevind wat dit ook in Suid-Afrika verkoop:
http://www.brightkidproducts.co.za/products_brightmats.htm

Kyk waarmee spuit ek my blokke nat: 'n ou Annique Verfrisser houertjie! Net om anderste te wees, gooi ek 'n paar druppels Johnson & Johnson baby cologne ook in die water. Dit ruik so lekker terwyl ek spuit, en die reuk bly sommer in die wol vassit. Baie nice!


Julle sal merk dat ek nie vreeslik veel sê oor my blokke, maar glo my dit borrel in my! Ek kan net nie genoeg kry van 200 Crochet Blocks en al die kleur kombinasies en opsies nie. Dit verg vreeslik baie van my om nie ure lank te babbel oor hierdie projek nie. Vir eers moet ek dit net bietjie onder my hoed hou. Die blokke deel is van twee kussings wat ek as 'n geskenk vir my broer maak. Hy weet ek maak vir hom kussings - want ek het hom gesê hy moet twee van Mr. Price Home se 45cm x 45cm kussings gaan koop, maar meer as dit mag hy nie weet nie.  Na hierdie twee kussings, gaan ek ook twee vir my skoonsuster maak.  As daar dus 'n vae kans is dat jy my broer of  my skoonsuster ken - hou hierdie blog entry vir jouself!

Maar as jy sukkel om hekelwerk te blok, gaan koop vir jou 'n spons mat - dit werk soos 'n bom!

Tuesday 22 February 2011

47. 'n Een uit 222 kans

So gisteraand is ek Royal Festival Hall toe vir die hekel groepie waarvan ek julle vroeër vertel het. Wat 'n belewenis!  Daar was in totaal seker so 12 mense, elkeen met 'n hekelprojek in die hand. Een vrou was besig om 'n kant handskoen te hekel, terwyl die handskoen op haar hand is! 'n Vrou aan my regterkant het 'n badmatjie gehekel en daar was iemand wat 'n blou olifant gebrei het met vier breipenne (sy was die enigste een wat gebrei het in ons groep). Ek het daar gesit met my grannie squares vir die Crochet a Rainbow projek. Die vrou met die kant handskoen het nogal gevra of dit my eerste keer is dat ek hekel - seker maar omdat grannies so 'n beginner ding is om te doen. :-)

Aan my linkerkant het 'n vrou gesit wat die hele aandjie vir my ge"maak" het. Ons het begin gesels toe sy vertel van 'n wolwinkel in die Twickenham area. Al die ander mense vertel van wolwinkels in sentraal London, maar haar bydrae was die enigste een uit my geweste. Ek vra haar toe later in die aand of sy gereeld soontoe gaan omdat sy in die area woon, en turns out sy woon in Kingston, wat 15 minute van ons af is. As sy nie daar shop nie, shop sy by John Lewis in Kingston (waar ek ook koop) of by Tudor Williams in New Malden, want sy wil nie vir John Lewis (hulle is soos Stuttafords met 'n wol afdeling) al haar besigheid gee nie, en dis presies wat ek doen! En die wol wat ek koop by Tudor Williams, is 'n lekker goedkoop acrylic - waarmee sy gisteraand sit en hekel, en ek my grannie squares mee maak! Die toevalle was net te freaky.

But wait, there's more. 'n Rukkie later pluk sy haar selfoon uit om een van die ander dames se profiel op Ravelry op te soek sodat sy die naam van 'n serp kan "favourite", en met die weg sit van haar foon sien ek 'n foto van die mooiste mooiste bont kussing op haar iPhone. Hierdie kussing:



Ek vra haar of die blompatroon "Waterlilly" is van Jan Eaton se 200 Crochet Blocks boek, en dit is. Daar begin ons praat oor die boek. Ek vertel hoe ek gaan slaap met die boek (regtig, dis my bedtime story boek), en net nie genoeg kan kry van al die mooie blokke nie, en sy doen blykbaar dieselfde. Sy vertel van 'n handsak wat iemand gemaak het met een van die blokke uit die boek en dat sy so mal is oor die handsak. Ek sê haar toe, ja dis seker "Willow" want ek het al 'n handsak gemaak met Willow. Ons praat nog so bietjie en toe vra sy my wat my naam is op Ravelry. NatKing. "But it's your handbag that I love! You're one of my friends on Ravelry!" Jy kon ons albei omslaan met 'n veer. Toe sy my haar naam gee vir Ravelry (Alfin) lui dit ook onmidellik 'n klokkie. Die vrou pluk toe weer haar iPhone uit en wys toe vir almal om die tafel my handsak op my Ravelry profiel en my Liewe Heksie serp! Ek sit maar net skaampies daar en knik my kop, "Yes, I did that". Skielik kyk almal toe met ander oë na my, ek raak skaam, en ek en Alfin (ek dink nie dis haar regte naam nie maar ek is te bang om te vra, want wat as dit is?!) skud net ons kop oor die total randomness van ons ontmoeting.

Nog 'n bonus is dat sy deel is van 'n hekelgroep wat elke Donderdagaand by 'n pub in Kingston bymekaar kom! Sy gaan my die details van die groepie stuur, en dan sal ek eerder by hulle groep inskakel as die Londen groep. So nou het ek 'n Ravelry maatjie in lewende lywe ontmoet en sal kan deel word van 'n plaaslike groep hakers!

Ek het vanoggend gesit en dink aan hoe amazing dit is dat ek die vrou in lewende lywe ontmoet het. Daar is 222 lede van die London Crochet Meetup, waarvan 12 opgedaag het gisteraand. Ek het 40 vriende op Ravelry (nie regtig vriende nie, dis meer mense wie se hekelwerk ek volg, of hulle volg myne) waarvan sy een is, en sy het vyf Ravelry vriende. Nou wat is die kanse dat ek en sy albei gisteraand by RFH was, en langs mekaar gesit het? En dat ek net in daai splitsekonde na haar selfoon gekyk het om daai mooie kussing raak te sien.

Is dit nie wonderlik as die Universe mense en dinge oor jou pad bring wat jou siel so kan verryk, en net pleinweg happy maak nie?!

Monday 21 February 2011

46. Die haker woordeboek

Goue sterretjie as jy hierdie sin kan ontsyfer:

"I had to frog the plarn WIP, the one I'm making for a CAL, because I got confused with the US and UK dc. I think I'll visit my LYS for some advice."
Sukkel so bietjie? Kyk bietjie in die ekHekel woordeboek!

  •  Amigurimi - 'n Japanese manier van hekel waar jy in konsentriese sirkels werk. Die tegniek word gewoonlik vir kinder speelgoed gebruik. Die woord amigurimi is afkomstig van ami (hekel of brei) en nuiguirimi (gestopde pop).
  • CAL - Crochet ALong. 'n Klomp mense (partykeer vanuit verskillende lande) werk saam aan een projek - soos Sarah London se Crochet a Rainbow projek.
  • Frogged - as jy iets uitgetrek het. Dis 'n woordspeling op die "ribbit ribbit ribbit" geluid wat padda's maak - "rip it rip it rip it".
  • LYS - Local Yarn Store
  • Plarn - PLastic yARN. Plastiek winkelsakke word in repe gesny en dan aanmekaar geknoop en gebruik as wol. Hierdie link wys hoe: http://www.myrecycledbags.com/2007/02/17/instructions-for-cutting-plastic-bags-creating-recycled-plastic-yarn/
  • Scrumble - 'n stukkie "free form crochet" of "crazy crochet".
  • Swap - Klomp mense maak dieselfde item en ruil dit dan met mekaar uit. Die jaarlikse Kersversiering swap wat deur Freshly Blended gereel word, is 'n reuse swap, nou al in sy 5de jaar. Daar is selfs 'n hele website vir swaps: http://www.swapbot.com/.
  • WIP - Work in Progress
  • Yarncrawl - amper soos 'n pubcrawl, maar vroue besoek wolwinkels in 'n spesifieke area. Dis gewoonlik op Saterdae en sluit 'n stop vir tee of middagete in.
En hierdie outjies sit ek in net om te wys hoe confusing als kan wees:
SC (in Amerikaanse patrone) - single crochet (die hoogte van 1 kettingstekie)
DC (in Amerikaanse patrone) - double crochet (die hoogte van 3 kettingstekies)
DC (in Britse patrone) - double crochet (die hoogte van 1 kettingstekie)
TR (in Britse patrone) - treble (die hoogte van 3 kettingstekies)
Let dus op of jou hekelpatroon uit 'n Britse of Amerikaase boek/tydskrif kom!

Dis al vir vandag, klas. Huiswerk is om 'n koppietjie tee te maak en in die sonnetjie te gaan sit met jou bol wol en hekelpen.  Ek praat nie weer nie!


Tuesday 15 February 2011

45. As brei dit doen, dink wat hekel kan doen!

Just call us the school knitwits: The homely skill that is making a return to the classroom

By Kate Loveys
Last updated at 12:12 AM on 12th February 2011

It was once a skill taught to nearly every schoolchild. Now one school is bringing knitting back to the classroom – and it has had a revolutionary effect.

Teachers say it has improved behaviour, helped pupils learn to write and encouraged them to have conversations rather than play with their phones.
A good yarn: Sisters Tabitha and Betsy Forsyth concentrating hard on their new skill. Teachers say knitting has improved behaviour, helped pupils learn to write and encouraged them to have conversations rather than play with their phones
A good yarn: Sisters Tabitha and Betsy Forsyth concentrating hard on their new skill. Teachers say knitting has improved behaviour, helped pupils learn to write and encouraged them to have conversations rather than play with their phones.

They have been so impressed with the impact of a lunchtime knitting club that they have started incorporating it into maths and history lessons.

During maths lessons, pupils at Worth Primary in Kent create a design to knit, then calculate the number of stitches they will need.

In history, knitting is used to help with their study of castles. They learn about clothing worn in the Middle Ages and how to make it.

After the Second World War, knitting was commonplace in schools. But with the introduction of the National Curriculum in 1988 it was phased out.
Pins at the ready: A knitting class in the 1950s. It was once a skill taught to nearly every schoolchild

Headmistress Lynne Moore said: ‘We think of it as a return to traditional values. It has dramatically  improved behaviour. ‘And it really helps communication. Instead of playing on their phones or computers, the children knit and talk to each other. They have proper conversations.'

Mrs Moore, 35, said an unintended consequence was that pupils’ writing skills improved. She said several started school unable to do up a button or hold a pen – but knitting improves their fine motor skills. It is so popular that a third of the 62 boys and girls aged five to 11 at the school regularly attend the lunchtime club.

One place where knitting was still being taught in schools recently was the Shetland Islands. But last year there was outrage when the council axed it to save £130,000 a year.

(http://www.dailymail.co.uk/news/article-1356205/Knitting-making-return-classroom.html)

Monday 14 February 2011

44. 'n Bloedrooi hart

Ek het die afgelope week, op die trein werk toe, en in my middagete uur in my kraamverlofbaas se kantoor, gewerk aan 'n bloedrooi hart.

Delia, van Delia McDonagh Photography, het my gevra om 'n hart te hekel wat sy in haar photoshoots kan gebruik. Ek het dit nogal baie geniet om weer amigurimi te doen, maar hierdie keer met 'n groter hekelpen as die Maltesers, so dit het lekker vinnig gegaan.  Die patroon vir die hart bestaan uit drie groottes, en hierdie een is die grootste van die drie, en dis regtig vreeslik maklik en vinnig om te doen. (Die patroon is op die "Hekelpatrone wat ek al gebruik het" tab as jy ook jou hart met iemand wil deel.)

'n Baie oulike manier om harte uit te stal, is soos Shani van "Happiest at Home" gedoen het. Of dit nou blomme of gehekelde harte is, albei lyk pragtig in 'n blompot!


Hier is my hart - reg om te pryk in Delia se kiekies.


Monday 7 February 2011

43. Crochet a Rainbow

Hier is my bydrae tot Sarah London se Crochet a Rainbow projek. Daar is net 10 grannies, en dit lyk bietjie min, maar ek gaan definitief nog maak en op 'n ander dag vir Sarah stuur. (Vir nou het ek net eers een projek wat ek moet klaar maak en dan moet ek 'n ander een begin met 'n deadline van Aprilmaand.) Dit was lekker om net random kleure te kies en grannies te maak sonder om regtig te beplan en kleurskemas in gedagte te hê. Vrek lekker, eintlik.


Ek moes ook net daai mooi bos tulpe in squeeze op 'n manier. Is hulle nie pragtig nie?!





Thursday 3 February 2011

42. Wollerige koraalriwwe

Huidiglik by die Smithsonian Museum of Natural History in Washing DC is daar 'n reuse gehekelde koraalrif. Ja, 'n koraalrif.

Dis die Hyperbolic Coral Reef Project:

The Hyperbolic Crochet Coral Reef is a woolly celebration of the intersection of higher geometry and feminine handicraft, and a testimony to the disappearing wonders of the marine world.

The inspiration for making crochet reef forms begins with the technique of "hyperbolic crochet" discovered in 1997 by Cornell University mathematician Dr. Daina Taimina. The Wertheim sisters adopted Dr Taimina's techniques and elaborated upon them to develop a whole taxonomy of reef-life forms. Loopy "kelps", fringed "anemones", crenelated "sea slugs", and curlicued "corals" have all been modeled with these methods. The basic process for making these forms is a simple pattern or algorithm, which on its own produces a mathematically pure shape, but by varying or mutating this algorithm, endless variations and permutations of shape and form can be produced. The Crochet Reef project thus becomes an on-going evolutionary experiment in which the worldwide community of Reefers brings into being an ever-evolving crochet "tree of life."
Die 4000 individuele stukke hekelwerk is deur 800 mense van reg oor die wêreld gehekel. In verskeie lande was daar ook sateliet groepe, waar elke stad sy eie mini koraalrif gehekel het - onder andere in Woodstock, Suid-Afrika en ook hier in Engeland. Wat my egter fassineer, is hoe verskriklik, amazingly mooi dit is! As ek in 2008 al gehekel het (dis toe die Britse sateliet groep hulle ding gedoen het) sou ek beslis wou saam hekel!




Koraalriwwe is besig om uit te bleik en te sterf:




Vir meer inligting oor die projek kan jy hul website besoek. Kom ons hou duim vas die uitstalling maak eendag weer 'n draai in Engeland en/of Suid-Afrika, en dat daar genoeg bewustheid geskep is om die koraalriwwe van die wêreld te red!

Tuesday 1 February 2011

41. Dit hang net af hoe mens daarna kyk

Ek voel die afgelope paar dae vreeslik down in the dumps omdat ek nie voltyds kan hekel nie. Ek wil so graag die lewe van 'n huisvrou hê waar ek enige tyd kan gaan sit en hekel, of 11 uur die oggend kan gaan na 'n wolwinkel en inskakel by 'n hekelgroepie. Ek het selfs gedink dat ek van die huis af 'n hekel besigheid wil hê, of sommer my werk wil bedank en 'n wolwinkel gaan werk. Daar is net een minor detail - die geld. My voltydse werk as 'n PA in 'n baie groot prokureursfirma betaal goed, so ek sal moet vrek baie hekel, of vreeslike lang ure werk in 'n wolwinkel om dieselfde te verdien. Ek dink nogal dit sal dan ook die joy uit die hekel neem want ek sal dit MOET doen, nie net waneer ek WIL nie. Ek werk ook tans vir vreeslike nice mense, en ek het nie baie stres nie.

Dit laat my toe bietjie dink dat ek miskien net moet dankbaar wees vir wat ek het, en my werk moet sien vir wat dit is: 'n bron van inkomste sodat ek my hekel verslawing kan voed.

Ek vermoed daar is in elk geval baie meer vroue in dieselfde bootjie as ek - kreatiewe mense met 'n voltydse werk wat smag daarna om op te hou werk - as wat daar die "lucky few" is wat heeldag net kan sit en hekel.

Verlede week het ek afgekom op 'n groep kreatiewe mense wat na werk bymekaar kom in Londen vir hekel, brei, en enige ander crafty ding. Daar is 406 lede in die groep, en van wat ek kan aflei, woon tussen 8 en 12 mense die weeklikse get togethers by. Dit beteken dat daar ten minste 406 ander vroue is wat voltyds werk in Londen en dus net na 18:00 by 'n kreatiewe groepie kan inskakel, mense nes ek. Die feit dat daar minder as 20 is wat op 'n slag die kuiers bywoon, sê eintlik nog meer - vroue is moeg gewerk en daar is eintlik maar bra min van ons wat die krag kan bymekaarskraap om na werk te kuier saam met ander kreatiewe mense. Dis nogal 'n troos vir my. I'm not alone. En as ek gelukkig genoeg is om wel die kuiers by te woon, moet ek myself as baie bevoorreg ag.

Die volgende hekel kuier van hierdie groep is 21 Februarie, en ek het reeds ge-RSVP dat ek daar gaan wees! In die tussentyd kan ek naweke hekel, in die trein, en selfs in my etensuur in die leë kantoor van my baas wat op kraamverlof is. Met my salaris kan ek wol koop, en ek kan in skakel by 'n groep vroue wat na werk sit en hekel in 'n coffeeshop. Dis mos glad nie so sleg nie! Dit hang net af hoe mens daarna kyk...

There is nothing either good or bad, but thinking makes it so. ~ William Shakespear

LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...