Saturday 23 January 2010

23. My cute groen maltezers

Al ooit gehoor van Amigurumi? Dit beteken letterlik "knitted or crocheted stuff toys" in Japanees. Die verskillende dele van 'n speeldingetjie word in 'n spiraal gehekel, en verskriklik styf, m.a.w. met 'n baie dun hekelpen, sodat die stuffing nie kan uitval nie en dan word al die bodyparts aanmekaar gewerk. Sien, daar leer julle ietsie nuut nê?

Ek maak nou nie 'n speeldingetjie nie, maar eerder Amigurumi balletjies wat ek saam gaan sit om 'n halsnoer te vorm. Ek weet balletjies klink boring, maar ek moet julle net wys hoe klein als is, en ook hoe bleddie cute!

Die oorwegende eienskap van Amigurumi is "cuteness" (dis 'n feit: Wikipedia sê ook so). Ek dink dit het iets te doen met die spiraalvorm waarin als gedoen word want dit is vreeslik cute!
Amazon is vol Amigurumi patroonboeke. Kyk na die titels en die voorblad en jy sal sien hoekom Amigurumi = cuteness:


Die ding met Amugurimi is dat jy 'n dunner hekelpen moet gebruik as waarvoor jou wol ontwerp is. My Rowan Handknit Cotton is gemaak vir ongeveer 'n 4mm hekelpen, maar ek werk met 'n 3mm en 'n 3.5 mm (ek maak twee groottes) so dis 'n stywe storie. En my vingers kramp! Ek moet 'n russie rus na elke balletjie. Hier teen die einde, waar jy die balletjie begin toe hekel, raak dit BAIE tight.

Maar die ou balletjie is net te cute vir woorde!!!! Dis net 'n balletjie, maar ek wil net smile as ek daarna kyk. Ek voel ek wil hulle eet: dis soos wollerige, helder kleurige maltesers!

Hier's 'n paar foto's van die proses. Die rooi plastiek dingetjie is 'n "stitch marker". As jy nie hom in sit nie kan mens baie gou deurmekaar raak met hoeveel rye jy al gewerk het omdat als mos in 'n spiraal gedoen word.

Dis die middelvinger en duim wat die meeste kramp want die balletjie is so klein en so awkward om vas te hou:


Hier begin ek stekies minder maak om dit rond te kry bo:


Voor die balletjie klaar is, moet ek hom opstop met stuffing. Op die oomblik stop ek dit nogal styf op sodat dit die ronde vorm kan hou, maar ek sal moet stadig oor die klippetjies want ek moet nog 'n lint deur die balletjies geryg kan kry! Bietjie vergeet van daai deel....

Hier is my groen maltesertjie:


Ek het nog 'n hele paar om te maak maar ek sal julle op hoogte hou. Ek MOES net nou al my groen balletjies met julle deel.

Posted by Picasa

3 comments:

  1. Hi Natasja. Ek volg nou al 'n hele ruk met belangstelling jou inskrywings oor jou gehekelry. Ek was so in st 9 (many moons ago) toe die hekelgogga my ook gebyt het. Anyway, elke keer as ek 'n mooi prentjie oor gehekelde goed sien, dink aan jou wat so die hekelry geniet. Ek het sopas weer op 'n oulike idee afgekom en gedink dat jy miskien ook daarvan sal hou. Die skakel: http://jubella.com/2009/crafty-hues/rosehip-pretty-pillow-cases.html

    Groete
    Thea

    ReplyDelete
  2. Baie dankie vir die link Thea! Dis 100% my tipe ding daai! Ek het nou sommer Rose Hip se blog 'n favourite gemaak.
    :)

    ReplyDelete
  3. Ek sit oopmond elke keer as ek 'n nuwe inskrywing lees oor die ge-hekelry..Die oopmond is omdat ek so verbaas is hoe vinnig jy die hekelry aangeleer en sommer vinnig baie verskillende dinge hekel.Baie oulik hoor!!

    ReplyDelete

LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...