Monday 30 November 2009

19. Die Kersboom is op!

Ja ek weet dis nog nie die 1ste Desember nie, maar ek het Johan oorreed dat "die eerste naweek voor die 1ste Desember" net so goed is :-)

Lyk die sirkeltjies nie te cute nie???!!!! Ek's mal daaroor!

Die rooi en wit gingham lintjie wat om die boom draai het ek verlede naweek in Ripley gekoop, en dit pas so mooi by die gehekelde versierings!



Ek moet erken dit was nogal moeilik om Saterdagaand TV te kyk want my oog word, asof deur 'n rooi en groen magneet, boom se kant toe getrek. Dis net so beautifull!
Ek wonder waarvoor kan ek die versierings nog gebruik want ek wil hulle nie hoef weg te pak nie!

Monday 23 November 2009

18. Believe it or not, we went to Ripley!

My man het my die naweek na 'n pragtige hoteletjie in die Surrey Hills geneem, in 'n dorpie genaamd Ripley.

Ripley het baie sentimentele waarde vir ons want dit was die eerste plek waarheen ons met ons eerste kar gery het. Dit was 'n 1997 Rover 100 Knightsbridge en het nogal 'n sunroof gehad! Ek dink ons het maar iets soos £500 betaal vir hom. Jislaaik ons was trots op daai karretjie! Om nie op publieke vervoer afhanklik te wees nie, het ons behoorlik "tuis" laat voel in England. En dit was baie makliker om Ikea of hardeware winkel toe te gaan! (Het jy al probeer om 'n flatpack boekrak en TV op 'n trein te vervoer en dan dit twee-twee te dra van die stasie tot by jou huis al langs die High Street op 'n besige Saterdagmiddag?!)


Anyway, terug na Ripley. Dis net 20 minute van die huis af, maar as jy nog nooit in Engeland bestuur het, en dit met jou eerste kar, gekoop met ponde, doen is dit 'n groot event. Ons het nie eens SatNav gehad nie. Ek het met 'n padkaart boek gesit! Noudat ek terug kyk is dit amazing dat ons die plek gevind het!
So, Ripley het 'n baie spesiale plekkie in ons harte.

Die naweek is ook soortvan 'n 8 jaar huweliksherdenking celebration. Die amptelike huweliksherdenking is eers die 14de Desember maar hierdie naweek was die eerste een waar die hotel vir ons 'n kamer gehad het.





Ons was baie beindruk met die nice kamer wat ons gekry het.


Ons het bietjie rugby gekyk

en ek het bietjie gehekel. En nee, dis nie 'n serp nie. Julle sal maar moet wag en sien ;-)


Dit was baie tempting om net heeltyd in die kamer te bly want dis so lekker knus, maar ons het darem bietjie rondgeloop in Ripley ook. Dit het net 5 minute geneem want dis regtig 'n baie baie klein plekkie. Hulle het die oulikste winkeltjie daar! Ek het uitgestap met 3 goedjies maar as jy my alleen los daarbinne sou ek met 3 sakke kon uitstap. Sulke regte country, crafty, mooi, totally useless goedjies. Toe ons uitstap het 'n ander couple in gestap en Johan het so onderlangs vir die man gesê "Don't take your wife in there. You won't come out empty handed!" :-)



Ons wou graag die aand na die pub deel van die hotel gaan om te gaan koffie drink maar dit was glad nie so groot soos ons gedink het nie en daar was reeds 'n groep "locals" wat die plek oorgeneem het, so toe gaan ons maar terug kamer toe. Die volgende oggend moes ons voor 11 uur uit check maar ons was al vroeg wakker so ons het gaan ontbyt eet, uit gecheck en teen 10 uur die oggend was ons weer terug by die huis! Dit was heerlik om 'n change of scenery te hê maar tog net 20 minute van die huis te wees!
Ek moet egter nou dood eerlik wees met julle: dit was steeds regtig absoluut fantasties om Sondagoggend by my eie huis in te stap.
Oos Wes, Tuis Bes.
Believe it!




Tuesday 17 November 2009

17. Ta-daah!!

Al die kersversierings is klaar gehekel!

Ek het 27 goedjies wat kan hang, plus 'n sterretjie vir heel bo-aan die boom.



Die sterretjie het van begin tot einde net 3 ure geneem (dis nou as ek al die "tea breaks" en opstaan om vir Johan te wys na elke puntjie klaar gehekel is, aftrek). Ek sal enige tyd nog van die oulike sterretjies kan maak. Dis so maklik en cute!

Ek sien op Ravelry dat daar 'n vrou is wat hierdie Super Mario sterretjies maak om in die broeikaste van vroeg gebore babatjies te sit. Dis mos sag en klein so dis die ideale "speelgoed" vir 'n piep klein babatjie.


Nou wag ek net vir kersfeesboom om opgeslaan te word. Hoe lank nog tot die 1ste Desember???!!!!

Friday 6 November 2009

16. It's beginning to look

♪ a lot like Klithsmaths, laaah-die-dah-die-dah! ♪♪ (Die woord Christmas moet net gesing word met 'n lisp soos hulle doen in Home Alone 2 en laaah-die-dah-die-dah is eintlik "everywhere you go" but who cares.)
Dis November so Kersfees is in volle swang in Londen. Oxford Street, St. Pauls en Regent Street se kersfeesliggies is Dinsdagaand aangeskakel, Harrods s'n al die 29ste Oktober!!, en Harrods se Santa's Grotto is van Saterdag af oop. Die winkels is vol kersfeeskoek, kersbome, mince pies (ons het ons eerste boks mince pies die 31ste Oktober gekoop, en die boksie was voor 1 November in die drom), hope en hope en hope speelgoed en natuurlik gevriesde klein volstruisies (okay, kalkoen). Dan praat ek nie eens van hoe mooi die winkelsentrums lyk nie! Dis net liggies orals waar jy kyk. My gunsteling is Kersfees markies, en in Kingston is daar sommer twee om uit te kies, onder andere 'n Duitse ene! (Ek sal vir julle foto's oplaai wanneer ons daar was).
Dis heerlik om kersfees te hou in Engeland!! Als is so vrolik! Ek dink dis nogal nice om te dink dat die grootste deel van die geld wat uitgegee word in die Kersgety, spandeer word op geskenke vir familie en vriende, of op eetgoed wat gedeel gaan word met vriende en familie. Dit gee my sommer so 'n warm and fuzzy feeling.
Noudat ek hekel kyk ek natuurlik ook na Kersfees in 'n heel ander lig. Ek het 'n hekelboek wishlist op Amazon (Liefie, take note!), ek wonder of mense hekelwerk as kersgeskenke wil hê (ek vermoed die antwoord is nee want ek is die enigste een wat hekelmal is) en ek soek patrone om kersfees tema goedjies te maak. Gelukkig hoef ek glad nie vêr te soek vir patrone nie. In my Liewe Heksie serp is daar hier en daar heksies waar die eerste 3 rondtes rooi, wit en groen rondtes is, en dit skree mos Kersfees. Ek ken die patroon, ek het die wol en ek het beslis die lus, so nou hekel ek Kersfeesboom versierings!
Die plan is om 18 x 3-rondte, 3-kleur sirkels te maak, en 12 x 2-rondte, 1-kleur sirkeltjies. Ek maak 'n voorkant en 'n agterkant vir elkeen (want mens kyk mos na die boom van alle kante en ek wil nie rafeltjies sien wat die look bederf nie) so dit neem bietjie langer. Ek het nog 'n hele paar om te maak maar hier is solank foto's van wat ek het.
Elke boom het natuurlik ook 'n ster ook nodig en daarvoor het ek 'n "Super Mario Invicibility Star" patroon gekry. Cute nê?
Volgens die patroon met jy die sterretjie opstop maar ek gaan net stywe interfacing aan die verkeerde kant van albei sterre vas stryk voor ek dit aanmekaar werk, en dan 'n opening los tussen twee van sy beentjies sodat dit oor die toppunt van die boom kan pas. Natuurlik sal ek ook nie ogies borduur nie want dit moet 'n heel beskaafde, bedeesde wit ster wees.

Ek hoop julle Kersfeesplanne vorder ook mooi!

LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...