Friday 6 November 2009

16. It's beginning to look

♪ a lot like Klithsmaths, laaah-die-dah-die-dah! ♪♪ (Die woord Christmas moet net gesing word met 'n lisp soos hulle doen in Home Alone 2 en laaah-die-dah-die-dah is eintlik "everywhere you go" but who cares.)
Dis November so Kersfees is in volle swang in Londen. Oxford Street, St. Pauls en Regent Street se kersfeesliggies is Dinsdagaand aangeskakel, Harrods s'n al die 29ste Oktober!!, en Harrods se Santa's Grotto is van Saterdag af oop. Die winkels is vol kersfeeskoek, kersbome, mince pies (ons het ons eerste boks mince pies die 31ste Oktober gekoop, en die boksie was voor 1 November in die drom), hope en hope en hope speelgoed en natuurlik gevriesde klein volstruisies (okay, kalkoen). Dan praat ek nie eens van hoe mooi die winkelsentrums lyk nie! Dis net liggies orals waar jy kyk. My gunsteling is Kersfees markies, en in Kingston is daar sommer twee om uit te kies, onder andere 'n Duitse ene! (Ek sal vir julle foto's oplaai wanneer ons daar was).
Dis heerlik om kersfees te hou in Engeland!! Als is so vrolik! Ek dink dis nogal nice om te dink dat die grootste deel van die geld wat uitgegee word in die Kersgety, spandeer word op geskenke vir familie en vriende, of op eetgoed wat gedeel gaan word met vriende en familie. Dit gee my sommer so 'n warm and fuzzy feeling.
Noudat ek hekel kyk ek natuurlik ook na Kersfees in 'n heel ander lig. Ek het 'n hekelboek wishlist op Amazon (Liefie, take note!), ek wonder of mense hekelwerk as kersgeskenke wil hê (ek vermoed die antwoord is nee want ek is die enigste een wat hekelmal is) en ek soek patrone om kersfees tema goedjies te maak. Gelukkig hoef ek glad nie vêr te soek vir patrone nie. In my Liewe Heksie serp is daar hier en daar heksies waar die eerste 3 rondtes rooi, wit en groen rondtes is, en dit skree mos Kersfees. Ek ken die patroon, ek het die wol en ek het beslis die lus, so nou hekel ek Kersfeesboom versierings!
Die plan is om 18 x 3-rondte, 3-kleur sirkels te maak, en 12 x 2-rondte, 1-kleur sirkeltjies. Ek maak 'n voorkant en 'n agterkant vir elkeen (want mens kyk mos na die boom van alle kante en ek wil nie rafeltjies sien wat die look bederf nie) so dit neem bietjie langer. Ek het nog 'n hele paar om te maak maar hier is solank foto's van wat ek het.
Elke boom het natuurlik ook 'n ster ook nodig en daarvoor het ek 'n "Super Mario Invicibility Star" patroon gekry. Cute nê?
Volgens die patroon met jy die sterretjie opstop maar ek gaan net stywe interfacing aan die verkeerde kant van albei sterre vas stryk voor ek dit aanmekaar werk, en dan 'n opening los tussen twee van sy beentjies sodat dit oor die toppunt van die boom kan pas. Natuurlik sal ek ook nie ogies borduur nie want dit moet 'n heel beskaafde, bedeesde wit ster wees.

Ek hoop julle Kersfeesplanne vorder ook mooi!

No comments:

Post a Comment

LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...