Saturday 13 February 2010

25. Dit jubel (alweer) in my!

Ek is op die oomblik besig met 'n kriewelrige lekkerkry hekelprojek. Ek maak 'n handsak! Dit bestaan uit 12 blokke, en elke blok het drie kleure. In totaal gebruik ek agt kleure vir die 12 blokke so kan jy jou indink al die moontlik kombinasies?!! Dis soooooo exciting en lekker om al die kleur combo's uit te werk. Ek is stellig besig om dieselfde high te ontwikkel wat ek gehad het met die Liewe Heksie serp! Al die kleure maak my sooo happy!
Ek pak die wolle elke nou en dan uit om te kyk hoe die volgende blok gaan lyk, maar elke keer as ek verby die koffietafel stap stop ek en rearrange weer als. Maar dis die lekkerte van dit als. Ek sit net die kleure bymekaar wat met my praat - en hulle moet hard praat anders rearrange ek weer als. Dis weird hoe ek weet wanneer ek happy is met die kleur combo. Dis asof dit vreeslik kalm raak in my binneste as ek na dit kyk. Dan weet ek dis reg. Ek voel die kriewelrige opgewondeheid voor ek begin hekel en as ek dink aan die finished item en sommer net die hele idee van die projek en al die kleure. Maar om te weet watter kleure om saam te sit, moet dit kalm wees binne my. Regtig julle, dis asof my hart stadiger klop en ek 'n lang sug kan sug - dan weet ek die kleure is reg. Oe, dis lekker!

Na al die praat dink ek julle verdien 'n lusmakertjie van die handsak. Hier is 'n paar Work In Progress foto's.


Noodloos om te sê is die volgorde van die klaar blokke hierbo nie eens NAASTENBY hoe hulle op die ou end aanmekaar gewerk gaan word nie. Ek het immers nog 7 blokke om te maak so dit look gaan nog baie verander.

In totale teenstelling met colour explotion handsak werk ek terselfde tyd aan iets in swart. Amigurumi balletjies vir 'n halssnoer. (Oe, amper vergeet ek. Die groen maltezer balletjie halssnoer was al Sondagaand klaar maar ek het nog net nie kans gehad om vir julle 'n foto te wys nie. Sal nog. Belowe.) Ek sou seker al klaar gewees het met die swart balletjies as dit as nie was dat ek boggerol kan sien nie. Ons sitkamer lig is net nie sterk genoeg om in die aand met swart wol en 'n 3.5mm hekelpen doenig te wees nie. So die swart amigurumi balletjies is vir Saterdag en Sondag middag, en bont handsak vir die aande.


P.S. 'n Handsak kort natuurlik 'n lining en zip en daai tipe dinge is NIE my sterk punt nie (ek byt nou my lip om nie 'n baie onvroulike aanmerking oor hooking en naaimasjiene te maak nie). Die sak gaan dus gecourier word na Moeder sodat sy dit vir een van haar kwilt buddies kan gee om die lining in te sit. Ek hoef dus nie myself te bemoei met die tegniese meet en pas dinge nie, en ek weet dit sal vreeslik mooi gedoen word deur die vlytige tannie. Moeder is ook nie een vir linings en zips in sit nie - die appel en die boom julle weet. Ons creative juices is net vir hekel beskore :)

Sunday 7 February 2010

24. Juweliersware ta-daah!

Vandag share ek met julle 'n paar stukkies juweliersware wat ek gehekel het. Ek het aan die oukies gewerk tussendeur die groen maltezers.

Ek vermoed eintlik ek het 'n hekel weergawe van ADD want ek kan net nie lank aan een ding werk nie! Die temptasie is net te groot om aan te beweeg na 'n kort oulike projekkie. But fear not, ek is terug op die groen malteser bandwagon en sal spoedig 'n afgehandelde projekkie hê om vir julle te wys.
Nou eers terug na wat ek julle vandag wil wys.
Hier is die halsnoertjie wat als afgeskop het.

Die gratis hekelpatroon is, soos gewoonlik, aan die regterkant van die blog. Dit was vreeslik maklik en vinnig om te maak. Ek verbeel my dis 'n string perels en dat ek bietjie soos Audrey Hepburn lyk as ek dit aan het. (Fat chance!) Die halsnoertjie gaan nog baie die Somer gedra word en dit lyk natuurlik baie beter by 'n t-shirt met 'n laer hals as die een wat ek in die foto aan het.
Tipies Natasja, kon ek nie weerstaan om die patroon bietjie aan te pas en te speel met die lengte en kleur nie, so....... dis toe wat ek gemaak het:



Die bont wolletjie is dieselfde een as wat ek gebruik het vir my kopband. But wait, there's more! Sien julle die onderste blommetjie? Wel, dis eintlik 'n borsspeld! Die boonste blommetjie is deel van die halsnoer, maar die onderste een kan afgehaal word en vir iets anders gebruik word. Iets soos....
'n borsspel vir my winter jas!
Is dit nou nie te skattig (soos my broer sou sê) nie?
Ooooe, dit gee my so 'n groot lekkerkry om te weet dat ek die enigste mens is op aarde wat presies so 'n halsnoertjie en borsspeld het. Okay, technically kan iemand dit seker probeer namaak maar dit sal nooit presies soos myne kan wees nie, en dis 'n fabulous gedagte vir my!

LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...