Saturday 13 February 2010

25. Dit jubel (alweer) in my!

Ek is op die oomblik besig met 'n kriewelrige lekkerkry hekelprojek. Ek maak 'n handsak! Dit bestaan uit 12 blokke, en elke blok het drie kleure. In totaal gebruik ek agt kleure vir die 12 blokke so kan jy jou indink al die moontlik kombinasies?!! Dis soooooo exciting en lekker om al die kleur combo's uit te werk. Ek is stellig besig om dieselfde high te ontwikkel wat ek gehad het met die Liewe Heksie serp! Al die kleure maak my sooo happy!
Ek pak die wolle elke nou en dan uit om te kyk hoe die volgende blok gaan lyk, maar elke keer as ek verby die koffietafel stap stop ek en rearrange weer als. Maar dis die lekkerte van dit als. Ek sit net die kleure bymekaar wat met my praat - en hulle moet hard praat anders rearrange ek weer als. Dis weird hoe ek weet wanneer ek happy is met die kleur combo. Dis asof dit vreeslik kalm raak in my binneste as ek na dit kyk. Dan weet ek dis reg. Ek voel die kriewelrige opgewondeheid voor ek begin hekel en as ek dink aan die finished item en sommer net die hele idee van die projek en al die kleure. Maar om te weet watter kleure om saam te sit, moet dit kalm wees binne my. Regtig julle, dis asof my hart stadiger klop en ek 'n lang sug kan sug - dan weet ek die kleure is reg. Oe, dis lekker!

Na al die praat dink ek julle verdien 'n lusmakertjie van die handsak. Hier is 'n paar Work In Progress foto's.


Noodloos om te sĂȘ is die volgorde van die klaar blokke hierbo nie eens NAASTENBY hoe hulle op die ou end aanmekaar gewerk gaan word nie. Ek het immers nog 7 blokke om te maak so dit look gaan nog baie verander.

In totale teenstelling met colour explotion handsak werk ek terselfde tyd aan iets in swart. Amigurumi balletjies vir 'n halssnoer. (Oe, amper vergeet ek. Die groen maltezer balletjie halssnoer was al Sondagaand klaar maar ek het nog net nie kans gehad om vir julle 'n foto te wys nie. Sal nog. Belowe.) Ek sou seker al klaar gewees het met die swart balletjies as dit as nie was dat ek boggerol kan sien nie. Ons sitkamer lig is net nie sterk genoeg om in die aand met swart wol en 'n 3.5mm hekelpen doenig te wees nie. So die swart amigurumi balletjies is vir Saterdag en Sondag middag, en bont handsak vir die aande.


P.S. 'n Handsak kort natuurlik 'n lining en zip en daai tipe dinge is NIE my sterk punt nie (ek byt nou my lip om nie 'n baie onvroulike aanmerking oor hooking en naaimasjiene te maak nie). Die sak gaan dus gecourier word na Moeder sodat sy dit vir een van haar kwilt buddies kan gee om die lining in te sit. Ek hoef dus nie myself te bemoei met die tegniese meet en pas dinge nie, en ek weet dit sal vreeslik mooi gedoen word deur die vlytige tannie. Moeder is ook nie een vir linings en zips in sit nie - die appel en die boom julle weet. Ons creative juices is net vir hekel beskore :)

1 comment:

  1. Nee my kind, jy het definitief jou holte vir jou voet gekry.

    Het nou net, hier en dadelik, besluit: ek gaan nou soos Natasja maak toe sy jonger was. Ek gaan nie eens probeer nie, sy kan dit maar doen, sy kan die hekelwerk in die gesin doen, en ek sal my maar toespits op kwilt. Ek kan nie naastenby naby haar bedrewendheid kom nie - hier het ons met 'n proffesionele hekelkunstenaar te doen. So gaan vorentoe met jou hak en kleure my kind - jy is amptelik verklaar as proffesioneel!!!

    As ek kon, het ek dit amptelik gemaak met 'n sertifikaat ook.

    Mamma is vreeeeeslik trots op jou - regtig, verstom en gobsmacked ook, eintlik.

    Bly lief vir jou.
    xxxxxxxx

    ReplyDelete

LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...