Monday 21 February 2011

46. Die haker woordeboek

Goue sterretjie as jy hierdie sin kan ontsyfer:

"I had to frog the plarn WIP, the one I'm making for a CAL, because I got confused with the US and UK dc. I think I'll visit my LYS for some advice."
Sukkel so bietjie? Kyk bietjie in die ekHekel woordeboek!

  •  Amigurimi - 'n Japanese manier van hekel waar jy in konsentriese sirkels werk. Die tegniek word gewoonlik vir kinder speelgoed gebruik. Die woord amigurimi is afkomstig van ami (hekel of brei) en nuiguirimi (gestopde pop).
  • CAL - Crochet ALong. 'n Klomp mense (partykeer vanuit verskillende lande) werk saam aan een projek - soos Sarah London se Crochet a Rainbow projek.
  • Frogged - as jy iets uitgetrek het. Dis 'n woordspeling op die "ribbit ribbit ribbit" geluid wat padda's maak - "rip it rip it rip it".
  • LYS - Local Yarn Store
  • Plarn - PLastic yARN. Plastiek winkelsakke word in repe gesny en dan aanmekaar geknoop en gebruik as wol. Hierdie link wys hoe: http://www.myrecycledbags.com/2007/02/17/instructions-for-cutting-plastic-bags-creating-recycled-plastic-yarn/
  • Scrumble - 'n stukkie "free form crochet" of "crazy crochet".
  • Swap - Klomp mense maak dieselfde item en ruil dit dan met mekaar uit. Die jaarlikse Kersversiering swap wat deur Freshly Blended gereel word, is 'n reuse swap, nou al in sy 5de jaar. Daar is selfs 'n hele website vir swaps: http://www.swapbot.com/.
  • WIP - Work in Progress
  • Yarncrawl - amper soos 'n pubcrawl, maar vroue besoek wolwinkels in 'n spesifieke area. Dis gewoonlik op Saterdae en sluit 'n stop vir tee of middagete in.
En hierdie outjies sit ek in net om te wys hoe confusing als kan wees:
SC (in Amerikaanse patrone) - single crochet (die hoogte van 1 kettingstekie)
DC (in Amerikaanse patrone) - double crochet (die hoogte van 3 kettingstekies)
DC (in Britse patrone) - double crochet (die hoogte van 1 kettingstekie)
TR (in Britse patrone) - treble (die hoogte van 3 kettingstekies)
Let dus op of jou hekelpatroon uit 'n Britse of Amerikaase boek/tydskrif kom!

Dis al vir vandag, klas. Huiswerk is om 'n koppietjie tee te maak en in die sonnetjie te gaan sit met jou bol wol en hekelpen.  Ek praat nie weer nie!


No comments:

Post a Comment

LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...