Tuesday 22 February 2011

47. 'n Een uit 222 kans

So gisteraand is ek Royal Festival Hall toe vir die hekel groepie waarvan ek julle vroeër vertel het. Wat 'n belewenis!  Daar was in totaal seker so 12 mense, elkeen met 'n hekelprojek in die hand. Een vrou was besig om 'n kant handskoen te hekel, terwyl die handskoen op haar hand is! 'n Vrou aan my regterkant het 'n badmatjie gehekel en daar was iemand wat 'n blou olifant gebrei het met vier breipenne (sy was die enigste een wat gebrei het in ons groep). Ek het daar gesit met my grannie squares vir die Crochet a Rainbow projek. Die vrou met die kant handskoen het nogal gevra of dit my eerste keer is dat ek hekel - seker maar omdat grannies so 'n beginner ding is om te doen. :-)

Aan my linkerkant het 'n vrou gesit wat die hele aandjie vir my ge"maak" het. Ons het begin gesels toe sy vertel van 'n wolwinkel in die Twickenham area. Al die ander mense vertel van wolwinkels in sentraal London, maar haar bydrae was die enigste een uit my geweste. Ek vra haar toe later in die aand of sy gereeld soontoe gaan omdat sy in die area woon, en turns out sy woon in Kingston, wat 15 minute van ons af is. As sy nie daar shop nie, shop sy by John Lewis in Kingston (waar ek ook koop) of by Tudor Williams in New Malden, want sy wil nie vir John Lewis (hulle is soos Stuttafords met 'n wol afdeling) al haar besigheid gee nie, en dis presies wat ek doen! En die wol wat ek koop by Tudor Williams, is 'n lekker goedkoop acrylic - waarmee sy gisteraand sit en hekel, en ek my grannie squares mee maak! Die toevalle was net te freaky.

But wait, there's more. 'n Rukkie later pluk sy haar selfoon uit om een van die ander dames se profiel op Ravelry op te soek sodat sy die naam van 'n serp kan "favourite", en met die weg sit van haar foon sien ek 'n foto van die mooiste mooiste bont kussing op haar iPhone. Hierdie kussing:



Ek vra haar of die blompatroon "Waterlilly" is van Jan Eaton se 200 Crochet Blocks boek, en dit is. Daar begin ons praat oor die boek. Ek vertel hoe ek gaan slaap met die boek (regtig, dis my bedtime story boek), en net nie genoeg kan kry van al die mooie blokke nie, en sy doen blykbaar dieselfde. Sy vertel van 'n handsak wat iemand gemaak het met een van die blokke uit die boek en dat sy so mal is oor die handsak. Ek sê haar toe, ja dis seker "Willow" want ek het al 'n handsak gemaak met Willow. Ons praat nog so bietjie en toe vra sy my wat my naam is op Ravelry. NatKing. "But it's your handbag that I love! You're one of my friends on Ravelry!" Jy kon ons albei omslaan met 'n veer. Toe sy my haar naam gee vir Ravelry (Alfin) lui dit ook onmidellik 'n klokkie. Die vrou pluk toe weer haar iPhone uit en wys toe vir almal om die tafel my handsak op my Ravelry profiel en my Liewe Heksie serp! Ek sit maar net skaampies daar en knik my kop, "Yes, I did that". Skielik kyk almal toe met ander oë na my, ek raak skaam, en ek en Alfin (ek dink nie dis haar regte naam nie maar ek is te bang om te vra, want wat as dit is?!) skud net ons kop oor die total randomness van ons ontmoeting.

Nog 'n bonus is dat sy deel is van 'n hekelgroep wat elke Donderdagaand by 'n pub in Kingston bymekaar kom! Sy gaan my die details van die groepie stuur, en dan sal ek eerder by hulle groep inskakel as die Londen groep. So nou het ek 'n Ravelry maatjie in lewende lywe ontmoet en sal kan deel word van 'n plaaslike groep hakers!

Ek het vanoggend gesit en dink aan hoe amazing dit is dat ek die vrou in lewende lywe ontmoet het. Daar is 222 lede van die London Crochet Meetup, waarvan 12 opgedaag het gisteraand. Ek het 40 vriende op Ravelry (nie regtig vriende nie, dis meer mense wie se hekelwerk ek volg, of hulle volg myne) waarvan sy een is, en sy het vyf Ravelry vriende. Nou wat is die kanse dat ek en sy albei gisteraand by RFH was, en langs mekaar gesit het? En dat ek net in daai splitsekonde na haar selfoon gekyk het om daai mooie kussing raak te sien.

Is dit nie wonderlik as die Universe mense en dinge oor jou pad bring wat jou siel so kan verryk, en net pleinweg happy maak nie?!

No comments:

Post a Comment

LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...