Thursday 1 October 2009

10. Tyd vir 'n nuwe hekel projek: die Liewe Heksie serp

Die slaapkamer kussings is nou klaar en ek's reg vir 'n nuwe projek - een wat ek kan afshow vir die buitewêreld. Ek is ook 'n bietjie moeg vir Granny Squares, so ek gaan heksagonne maak! Vandaar die naam vir my serp - hexagons, heksagonne, heksies - get it?!

Die kleurkombinasie vir deeske serp was nogal 'n storie. Let me explain. Terwyl ek nog besig was met die slaapkamer kussings het ek 'n groot "Knitting Event" bygewoon waar daar klomp stalletjies sou wees met wol. Nou enige iemand wat my ken weet dat ek hou van koop en as ek nie weet presies wat ek soek nie, sal ek enige iets en alles koop. So met die wete bepeins ek toe al omtrent 'n week voor die event die kleurskema van my serp. Al wat ek weet is ek wil hê daar moet rooi, pienk en groen in wees maar ek kan nie rustigheid in my gemoed kry oor watter ander kleure om daarby te sit nie. (Enige iemand anders sou seker ophou by die blote gedagte van pienk en rooi saam, maar vir my is dit dood normaal).

Anyway, so is ek al op die trein by Thames Ditton stasie, reg om te vertrek na Waterloo maar ek weet toe nogsteeds nie heeltemal watter kleure wol ek moet gaan koop nie. Ek ken darem ook myself en vertrou die Universe om te voorsien in als wat ek nodig het en daar slaan dit my. Ek kyk uit by die venster terwyl die deure van die trein nog toemaak en sien een van Ron (die station master) se sewe kruiwaens met plantjies wat hy elke Somer op die platform sit, en dis die absolute PERFEKTE kleure vir my serp. Dis so vreemd dat ek elke dag verby daai kruiwaens stap maar nooit regtig na hulle gekyk het in terme van kleurskema vir my serp nie, tot daai Saterdagoggend. Afgesien van die rooi, pienk en natuurlik groen, was daar ook wit en blou blommetjies - perfek!

By die Event was daar hope stalletjies maar so waar as wragtig niemand wat eens een ou bolletjie rooi wol verkoop nie! Allerhande ander kleure, of "variagated" wol in 'n mix van verskillende kleure maar nie eens die variagated outjies het my kleurskema gehad nie. So ek is leë hande daar weg - sien, as ek nie geweet het presies wat ek soek nie sou ek ietsie van als daar gekoop het en net my geld gemors het.

Dankie tog vir die internet, want daar kry ek toe presies wat ek gesoek het. Die kleure se name is Bleeched, Goosberry, Ice Water, Sugar, Rosso en Lupin - is dit nie pragtige name nie? Die pakkie wol het verlede week by die werk opgedaag al die pad van Glasgow af. Al my tikwerk het tot 'n grinding halt gekom en die telefone het gelui maar ek het nie geworry nie want ek wil net sien hoe lyk my wol! En is dit nie beautifull nie!!!!!!!!!


Ek het Maandagaand begin hekel aan die heksies en oe dis lekker om te werk met my pragtige wolle! Die wol is 100% katoen so die draadjies is baie stywer en dikker as die wol vir die kussings, en dit wys ook elke liewe draadjie en stekie baie duidelik, so ek moet my storie ken! Dit het bietjie aanpassing geverg, maar nou is ek lekker in the swing of things en geniet dit vreeslik. Hou die blog dop, want ek sal die naweek vir julle foto's van my liewe heksies op sit.


No comments:

Post a Comment

LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...