Sunday, 6 December 2009

20. IdentiteitsKrisisKombers

'n Paar weke gelede het ek julle mos 'n voorsmakie gegee van my nuutste hekelprojek. Is dit 'n serp? Is dit 'n belt? Nee, dis 'n dubbelbed kombers!!!!!! Ja maters, ek hekel 'n kombers vir ons bed. Dis 'n moerse projek. Gaan kyk gou na jou slaapkamer duvet. Sien jy hoe lank en hoe wyd hy is? Nou dis wat ek hekel. En hekel. En hekel. En hekel.

Dis hoe vêr ek al is:



My liewe man het aan die begin van die projek heeltyd gesê wat 'n mooi ou serpie dit sal maak. Hoe meer ek vir hom sê nee, dis die begin van 'n kombers, hoe meer draai hy dit om sy nek en modelleer vir my die mooi serpie. Flippit! Nou het ek darem al vêr genoeg gehekel dat dit te groot is vir serpie-speel maar steeds noem hy dit 'n serp. Gggrrrrr.

Ek moet erken, die patroon leen homself baie oulik na 'n serp (maar dis net tussen my en julle, Johan mag nooit uitvind nie). En ek sal seker nog eendag die patroon gebruik vir 'n serp, maar ek wil eers vreeeeslik graag 'n kombers hekel. 'n Serp, 'n kussing en 'n kombers is die drie goed wat enige hooker ten minste een keer in hulle hookylewe moet maak. 2 Down, 1 to go.

Ons Granny en Grandpa kussings lyk ook vir my so asof hulle 'n maatjie soek, en wat beter as 'n ou bersie in dieselfde kleure! (Maar vir die rekord moet ek net sê dat Johan net ingestem tot 'n gehekelde kombers as daar geen pienk gebruik word nie. Klein prys om te betaal om my hekel sin te kry :-)).
Daar is 'n derde rede vir my lus vir kombers hekel. Ek kan onthou dat daar 'n dag was toe ek seker so 5 jaar oud was, wat ek op die grond by my oumagrootjie, Aggie, se voete gaan sit het en met totale verwondering gekyk het hoe sy 'n kombers hekel. Sy het in die eetkamer in 'n stoel gesit met 'n ligte geel kombers oor haar bene, maar toe ek nader stap sien ek die kort silwer hekelpen in haar een hand en die beweging van haar wysvinger van die ander hand. Daar besef ek toe dat Ouma Aggie sit en hekel aan 'n kombers wat reeds so groot is dat sy onder dit kan sit! Ek was blown away en vreeslik beindruk met my oulike oumagrootjie.
Ek het vir haar gesê dat dit baie slim is van haar om iets te maak wat haar warm hou terwyl sy nog daaraan werk. Ek weet nie meer wat sy vir my terug gesê het nie maar ek kan onthou dat sy 'n baie knowing smile gekry het en vir my bietjie gewys het wat sy doen. My klein koppie kon net nie uitfigure hoe dit moontlik is dit een metaal pennetjie en haar wysvinger iets so groot soos 'n kombers kon create nie. Ek was gewoond aan my ma wat brei, maar daarvoor het jy twee lang breipenne nodig en daar was altyd vreeslik baie lussies op een of albei van die penne. Maar hier sit Aggie met 'n kort silwer stokkie, wat nooit meer as 3 lussies op het nie, en sy maak groter goed as my Ma met haar breiwerk! Dis mos magic!
Deur die jare was daai liggeel kombers my gunsteling vir middagslapies. Hy het selfs saam met my getrek toe ek en Johan in ons woonstelle in die Kaap gewoon het.

Nou, meer as 25 jaar later het daai experience met Ouma Aggie nog steeds 'n uitwerking op my, al het ek dit nie dadelik besef nie. Drie weke gelede is ek op Ravelry, besig om deur die 3191 kombers patrone te gaan het op soek na 'n patroon vir my kombers. Een patroon het dadelik vir my uitgestaan: Spicy Delights Afghan (daar is 'n link op die "tab" aan die bokant van die bladsy), en ek dink dis Ouma Aggie wat my na daai patroon gelei het, want weet julle wat? Dis dieselfde patroon as Aggie se lig geel bersie!!!!!!! Maar die weird ding is dat ek eers agtergekom het dis dieselfde, toe ek alreeds 5 rye gehekel het - nie toe ek die patroon gekies het nie!

Aggie sal miskien nie 6 kleure vir haar kombers gekies het nie, my oupa-grootjie sou nooit durf waag het om haar handewerk 'n kompleks te gee nie, sy het haarself beslis nie leer hekel met YouTube nie en sy sou nooit gedink het dat haar agter-kleinkind in Engeland sal sit terwyl sy dit hekel nie, maar ek's seker sy glimlag net so mooi vir my soos daai dag toe ek groot-oog en met totale verwondering by haar voete gesit het.

6 comments:

  1. En sy sou jou vertel het hoe sy jou ouma én ma ook leer hekel het (al was dit net kettingsteke). En dat sy spyt is sy het nie die geleentheid gehad om daai 'Engelse lang vingertjies' te leer nie.
    Maar as jy sukkel, is ek seker sy's daar om te help. XX

    ReplyDelete
  2. is dit moeilik??? dis pragtig!!! het jy dalk vir my hulp met die patroon en steke?!
    Groete Welma

    welma.steyn@yahoo.com

    ReplyDelete
  3. Welma, ek het so lank laas gewerk aan die kombers, maar van wat ek kan onthou is dit glad nie moeilik nie. Dis basies net shells i n 'n ry. Daar is 'n link na die patroon op die "hekelpatrone wat ek al gebruik het" tab aan die bo-kant van die Blog.

    ReplyDelete
  4. Dis Pragtig hekel-maatjie!! ek lag sooo toe ek jou briefie lees, want sien ook 'mwha' is al n geruime tydjie besig met n lekker gehekelde kombers! En glooo my hoe meer die skeping-stuk vorder, hoe meer voel ek ingeburger...!!! IEts wat ek ook laaaaaaaaankal wou doen, maar altyd was dar eers n ander item op die agenda. Geniet elke oomblik en hou die heklenaam hoog!!! Amanda, St.Helenabaai...

    ReplyDelete
  5. hallo
    dit is vreeslik mooi ek ook mal oor hekel en ek het al 6 komberse agter my naam met my eie patroon ek sal graag die een van jou wil probeer en waar kan die die patroon kry lyk baie lekker om te hekel...... dis vrek oulik ek sal my patroon ook met jou deel
    Nicolette Groblersdal

    ReplyDelete

LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...