Tuesday 18 January 2011

37. Constant Craving

Ek wil net sê ek weet dat ek vreeslik lanklaas gehekel het, en dus ook vreeslik lanklaas geblog het, maar in my hart hook ek elke dag. Dis 'n Constant Craving soos waarvan K.D. Lang sing. Maar daar is net nie tyd en krag in die aande na werk vir hekel, en ek het ook nie eens die afgelope paar naweke kans gekry nie. Ek wil so graag kreatief wees en ek is mal oor hekel, maar my lyf kan net nie die energie bymekaar skraap om hekelpen en bolletjie wol op te tel nie. Dis seker maar die koue winter weer en vroeg donker wat my in hibernation mode sit.

Die laaste hekel was my wrist warmers, en dit was nog voor Kersfees! 'n Hele maand gelede! My wonderlike broer het by ons gekuier van Kersdag tot 2 Januarie, so in daai tyd wou ek net tyd saam met hom spandeer en van 8 - 15 Januarie was ons met vakansie in Miami Florida. Snaaks genoeg het ek nie my hekelwerk saam geneem nie want ek het gedink ek sal nie wil hekel nie - totally die teenoorgestelde! Terwyl ek in ons hotelkamer gesit het met 'n uitsig oor die see, wou ek soveel keer hekel maar helaas, die granny squares was by die huis.


Ek hoop en vertrou dat ek hierdie naweek, terwyl die wasmasjien woer en spin met die (hopelik) laaste bondel vakansie wasgoed, lekker sal kan sit en hekel want ai, ek mis dit! Ek werk tans aan 'n granny square oopknoop truitjie! Die kleure is pragtig, dis my gunsteling granny squares en ek maak die ontwerp vir die trui op soos ek aangaan, so dis regtig net soos speel. Om net daaroor te blog maak my happy!

O, voor ek vergeet. As "Susan" hierdie inskrywing lees, kan jy my asseblief jou epos adres stuur? Ek het gecomment op jou comment op die heel eerste inskrywing op die blog, maar jy het dit miskien gemis. Ek benodig net jou epos adres, dan sal ek vir jou 'n patroon stuur vir 'n gehekelde blommetjie.

Tot later dan hooky maters. Hopelik het ek een van die dae 'n gehekelde ietsie om vir julle te wys!

No comments:

Post a Comment

LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...