Sunday 26 June 2011

71. Van lap tot kussing

'n Paar maande gelede het ek 'n oulike patroon gesien in 'n boek. Ek kan nou glad nie die boek se naam onthou nie, en daar was net een patroon waarvan ek gehou het, so ek het nie die boek gekoop nie. Die boek het gewys hoe jy 'n stoel kussing kan hekel met materiaal. Genius! Dis net 'n vierkant, so dis vrek maklik. Maar die lekker deel is dat jy materiaal gebruik!

Tegnies gesproke is jy veronderstel om ou t-shirts te "recycle" deur dit op te knip en te gebruik as wol, maar ek dra my t-shirts tot hulle voos is, so ek het lap gaan koop. Die lekkerte van die lap wat ek gekies het, is dat ek 'n strepies is so ek knip die stroke vir die wol net al langs die strepe langs!

Hier is 'n baie oulike tutorial vir hoe om 'n t-shirt in wol te omskep: http://www.craftpassion.com/2009/05/recycle-tutorial-making-of-t-shirt-yarn.html My tegniek was egter 'n kombinasie van daai een en die een: http://www.craftstylish.com/item/4721/how-to-crochet-with-fabric


Vir die hekel van die kussings het ek 'n no. 10 pen en double crochet (langbeen) steke gebruik. Vir ons patiostoele, moes ek 33 kettingstekies maak, en dit het 18 rye se dc geverg. Easy peasy en so oulik!


Al wat toe oorbly is om die satyn lint vas te sit en siedaar! 'n Gele vir my en 'n bloue vir John. My 2m lap was net mooi genoeg vir die twee stoele. 


Ek sal anderdag (wanneer ek nie horlosies het om te hekel nie) weer van die materiaal koop en dan die ander twee kussings hekel, met pienk en oranje linte natuurlik.

Gepraat van horlosies..... hier is die link na die Facebook Page vir my horlosie besigheidjie: www.facebook.com/crochetime. As 'n special treat, het ek 'n 20% afslag kode create net vir lede van die Page. Ek sal die kode Dinsdagaand 8 uur UK tyd (9 uur SA tyd) vir al die lede van die Page email. So as jy 20% afslag wil hĂȘ, Like die page voor Dinsdagaand, en ek sal dit vir jou email! Posgeld na SA is £7, maar 20% afslag op 'n horlosie is £6, so dis sotesĂȘ free postage!

En as jy nog nie 'n lid is van die Ons Hekel Facebook Page nie, hier is die link soontoe ook: www.facebook.com/onshekel. Daar is al 99 lede! Kom haak saam, ons is 'n baie oulike klomp girls.

1 comment:

  1. Allankal lus om bietjie met materiaal te hekel...ek neem aan die t-shirt materiaal hekel makliker as katoen/linne...?

    ReplyDelete

LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...