Thursday 7 July 2011

72. crocheTime update

Middag almal!

Dis 7 Julie en veronderstel om die middel van Somer te wees hier, maar ek dink dit lyk vandag seker nes dit lyk in die Kaap: koud en nat. Dankie tog vir helder wolle om mens se dag op te kikker of hoe!

Ek wil net vandag 'n vinnige blog doen en dankie sê vir almal wat my crocheTime page  op Facebook gelike het. Daar is al 70 van julle! Baie baie dankie!

Die afgelope twee weke was so 'n blast en 'n blessing vir my! Die heel eerste horlosie wat ek verkoop het, is gekoop deur die eienaar van 'n wolwinkel in Copenhagen om in haar wolwinkel te hang! Die tweede horlosie, wat aan 'n vrou in Engeland verkoop is, was ook 'n hit maar dit het ek met 'n ompad uitgevind. Dawn van AudreysCat  het vir my 'n boodskap op Folksy  gestuur om te sê sy en haar vriendinne het op Twitter gepraat van my horlosies en hulle hou vreeslik baie daarvan. Jy kon my omslaan met 'n veer. Ek is nie eens op Twitter nie! Vandag sien ek dat AudreyCat gefeature is op Folksy se blog  en ek stuur toe vir Dawn 'n boodskap om haar geluk te wens. Sy email terug om te sê:
Did you know the buyer of your clock was so thrilled she tweeted me a picture of it when it arrived! it was really lovely - she was delighted!
Hoe cool is dit?

Ek was ook uitgenooi deur die voorsitter van Surbiton se WI (dis die Britse weergawe van die ACVV) om 'n stalletjie te hê by hulle kersfees mark!
...products have been carefully chosen, mostly by me, to ensure they are a high standard and good variety of items for sale.
So dis net so 'n groot eer! Die markie is die 19de November. Ek beplan ook om 'n stalletjie te hê by die Surbiton Festival in September. September is glad nie vêr nie so ek het 'n properse inventory list gemaak en werk nou hard aan my voorraad vir die September markie. Vir eers gaan ek nie nog horlosies op my Etsy winkel laai nie, maar ek sal foto's sit van die markie-horlosies op Facebook.

Ilze van By Elizabeth Cat  het ongelukkig nog nie haar horlosie ontvang nie (pos na Latvia vat duidelik baie lank!) maar ek is seker dat wanneer sy dit het, sy weer daaroor sal blog. Sy het darem al na die foto daarvan gaan kyk op Etsy en dit ge-favourite, so sy hou van wat sy sien.

Al hierdie wonderlike dinge is, wel, wonderlik en dis so nice om recognition te kry vir iets wat ek geniet om te maak. Dit was ook nogal vir my en manlief 'n groot ding om die terugvoering te kry van mense wanneer hul hul horlosies ontvang het. Dis een ding vir my om te dink die horlosie is mooi, en mense om te hou van die foto's, maar dis baie belangrik dat mense daarvan moet hou as hulle met dit in hul hande staan of dit op die muur hang. Dankie tog sovêr is dit 'n hit :)

Ek het vanoggend besluit dat ek nou net die hekel en maak van horlosies moet geniet. Mens kan so maklik "bogged down" raak met al die listings op online winkels, en Facebook updates ens. dat dit meer soos werk begin raak. En dit wil ons tog nie hê nie. Ek is dus nou Easy Peasy Light and Breezy oor crocheTime en geniet net die creative process. Dis tog in elk geval wanneer mens jou instink volg en nie gestres is, wat jy jou mooiste dinge create.

Op daardie nooit wens ek julle almal 'n vreeeeslike kreatiewe dag toe. Dit is al Donderdag, wat beteken môre is Vrydag en in die King huis is Vrydag al die begin van die naweek, so ek wens julle sommer 'n kreatiewe naweek ook toe

No comments:

Post a Comment

LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...