Monday 18 July 2011

73. Knit Nation 2011

Saterdag het ek Knit Nation 2011  bygewoon. No, I haven't gone over to the dark side, ek hekel steeds, Knit Nation is net die naam vir "a Summer knitting and spinning extravaganza".

Die klem val beslis op brei daar! Daar was 45 klasse oor 3 dae (sien die program hier), aangebied deur groot name in die brei wêreld. Needless to say, het ek nie die klasse mee gemaak nie. Al hoekom ek daar was, was vir The Marketplace vir die wolle. Ongelukkig, nes die Creative Crafts Show event waarheen ek in 2010 was, is dit net mohair, alpacca, hand spinned and hand dyed, merino, die-skaap-in-my-agterplaas wolle. Nie eens een ou bolletjie katoen nie, en als wat daar was, was super duur.








Maar dit was lekker om rond te loop en al die mooi kleure skeins wol te sien. Ek het darem vir my ietsie gekooop: 'n nuwe no. 4 hekel pen (Clover se Soft Touch) en 'n patroon by The Natural Dye Studio. Dis die patroon vir die ligte pienk toppie hieronder. Die 2-ply 100% silk wat hulle voorstel jy gebruik, kos £18.75 per skein (jy het twee skeins nodig) maar ek het net die patroon gekoop. Annerdag as ek moeg is vir horlosies hekel of 'n challenge soek (2 ply!!!!!!) sal ek dit aanpak. Maar ek moet sê 100% silk voel amaaaaazing! Dit hang ongelooflik mooi en is so sag!



Hierdie is die 2 ply silk skeins. Absoluut amazingly mooi!


 

As julle my crochetime Facebook page volg, sou julle my status update gesien het waarin ek sê dat ek by Knit Nation was met my blou-pers floating wrap net sodat ek die haakers se naam kan hoog hou. Mense, ek het! Met die aanmeld by die registration desk het 'n vrou op my afgepeil en ge oe en ge aaah oor my wrap. Sy is 'n breier, maar wou weet waar ek die patroon kry want sy het 'n vriendin wat hekel vir wie sy gaan vra om vir haar ook een te hekel. Ek het die vrou later nog 2 keer in The Marketplace raakgekloop en elke keer het sy uit gefreak. Turns out sy woon in Swede en deel haar woonstel met 'n Suid-Afrikaner! Freaky! Sy is die funky girl met die groen tjalie in die foto hieronder.  En haar vriendin, 'n Amerikaner wat ook in Swede woon het gedink ek is Frans! Oooh la-la!


Dit was super duper lekker om so baie aandag te kry met my gehekelde wrap. Amper al die stalletjie eienaars het my aangegluur. Ek weet they liked what the saw, maar heaven forbid hulle sal sê dis mooi. Julle weet mos daai kyke wat mense gee as mense eintlik jaloers is.... Ek het gestraal van lekkerte, en sommer twee keer verby al die stalletjies gestap net om ekstra af te show Hehehehehe.

Hookers rock!


2 comments:

  1. He he he! Lekker aspris.

    Ek wou nog vra hoe duur is duur daar in jou dorp...tot ek die silk se prys raaklees. Eeew. Het self laasweek 'n 50g alpaca teen R45 in die hand gestaan, en besluit that's too much, maar nou dink ek dit was dalk nie so erg nie.

    ReplyDelete
  2. dis nou om enige haker hakerig te laat voel...jammer als is so duur!!

    ReplyDelete

LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...