Thursday 17 March 2011

53. Projek Vro(u)like Kussings

Projek Vro(u)like Kussings is in volle swang. 12 Maart het ek begin hekel aan Jan Eaton se Waterlily blokke en ek's mal daaroor!!!! Die 3D blomme is mooi en as jy "the hang of it" gekry het, gaan die blokke lekker vinnig. Jy werk vreeslik baie in die agterkant van 'n steek, so dis nogal 'n storie maar dis totaal en al die sukkel werd.

Sondag het ek 6 blokke kant en klaar gehad - dus twee derdes van die voorkant van een kussing done and dusted! Van Maandag tot Donderdag het ek elke oggend op die trein, etensuur by die werk en selfs partykeer in die trein huis toe, net die blommetjies gehekel. Hulle is baie gerieflik om op die trein te doen want dis net een bol wol wat ek saam piekel en die blommetjies gaan nogal vinnig.


Teen Vrydagoggned, kon ek al die blommetjie begin omskep in vierkante. Dis sooo amazing om die kleurspeling te sien. I love it! En die wit laat die tropiese kleure zing en pop!


Die plan is om die voorkant van albei kussings net in Waterlilies te maak. Ek visualise 'n see van tropiese kleure met 18 spierwit bolletjie blomme. Imagine! Vir die agterkant sal ek ander blokke kies wat die ses kleure mooi afshow. Hulle sal meer "lacey" en oop wees want ek wil die kleur van die kussings (oranje) laat uitstaan tussen die stekies. Oe, dit gaan so mooi lyk met al die helder kleure en wit teen die oranje!

Ek is stellig besig om 'n liefde vir spierwit te ontwikkel - dis so sag, maar tog so helder. You know what I mean? My to do list van hekelprojekte is so lank soos my arm, maar somewhere op daai lys gaan vir ons huis iets maak in 100% katoen (is nou so bietjie moeg vir die acrylic) met baie wit.

Maar vir eers, is dit terug na Skoonsus se kussings. Haak sussie, haak!

No comments:

Post a Comment

LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...