Tuesday 1 March 2011

49. Indien jy wonder

Indien jy gewonder het hoe lank dit neem om Jan Eaton se Lacy Cross te hekel, gaan ek jou nou sê. Dit neem net so lank soos dit 'n South West Trains trein vat om van Hampton Court tot by Waterloo te ry. Ek het dit vanoggend bewys.

Foto geneem 07:49 by Hampton Court stasie:


Foto geneem 8:35 by Waterloo:



Daar het jy dit nou. Een standaard trein rit per blok.

Ek het nege blokke om te maak vir die agterkant van elke kussing, waarvan drie reeds die naweek en gisteraand klaar gemaak is. Vanoggend het ek een gemaak, so dis vier agter die blad. Ek het gewoonlik nie energie om in die aand op pad huis toe in die trein ook te hekel nie, maar na 'n bordjie kos en met batterye ge-recharge na ek tyd saam met my man spandeer het, kan ek maklik voor die TV nog 'n entjie hekel. Volgens my berekeninge sal ek dus voor die einde van die week een kussing se agterkant klaar hê!

Is dit nou goeie benutting van my tyd of wat?!

No comments:

Post a Comment

LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...