Saturday 12 March 2011

52. Ta-daah!

My broer se twee kussings is klaar!!! Gisteraand 20:33 het ek die die laaste knopie vasgewerk. Dit beteken ek het net bietjie meer as 'n maand lank gewerk aan die 36 blokke. Dit beteken ook ek het bietjie minder as 'n maand oor om my skoonsuster se 36 blokke te maak! Gelukkig is 18 van haar blokke almal dieselfde ontwerp en teen blok no.3 het ek gewoonlik die patroon gememoriseer, so ek hoop en vertrou haar kussings sal vinniger gaan.

Terug na Boeta se kussings.


Die voorkant van die Rooierige Kussing bestaan uit:
3 x Circle in Square
3 x Criss Cross
3 x Catherine Wheel
Die agterkant is 9 x Lacy Cross.

Die voorkant van die Oranjerige Kussing bestaan uit:
5 x Begonia (of soos John dit noem, die Alien Landingstrip)
2 x Mesh Fantasy
2 x Edwardian Fancy
Die agterkant is 9 x Big Round.

Dink julle nie die oranje knope is absoluut perfek nie? Ek het dit nogal op eBay gekoop van alle plekke!


Albei kussings se voorkant blokke is gemaak met 'n ligte grys randjie as die laaste rondte, al moes ek die patroon bietjie aanpas om dit reg te kry. Ek het ook 'n single crochet (kortbeen) randjie reg rondom die groot vierkant gehekel want ek moes mos die lussies vir die knoopsgate maak. Die agterste blok het nie 'n ekstra randjie gekry nie.

Vir blog doeleindes het ek die kussings bo-oor twee van my wynrooi sitkamer kussings getrek sodat ek foto's kon neem, maar my broer het vir hom twee oranje kussings by Mr. Price Home gekoop, so die eindproduk gaan bietjie anders lyk. Ek kon net nie wag tot volgende maand om te sien hoe klaar kussings op 'n rusbank sal lyk nie! Met 'n oranje kussing wat deur die gaatjies loer, sal hulle heeltemal anders lyk. Veral die agterkant van Die Rooi kussing wat net bruin en rooi is - so bietjie oranje in die agtergrond sal die "kruis" van die Lacy Cross baie mooi afshow.

Dit was regtig vreeslik lekker om al die blokke te maak. Ek het aspris soveel blok patrone as moontlik gekies (en kloooomp keer van plan verander). Ek moes die heeltyd in gedagte hou dis vir 'n man so ek kon nie vreeslik blommerig of "lacey" gaan nie. Die kleur kombinasie is ook 100% gemik op hom. Sy gunsteling kleurekombo is oranje & grys, en sy huis dekor is okers en diep rooie, so dit was eintlik heel logies om die vyf kleure saam te sit. Ek was bietjie skrikkerig oor die grys en bruin saam, maar ek dink omdat die oranje, rooi en bruin so goed bymekaar pas, die grys regtig net 'n soort neutrale agtergrond is. En indien julle wonder, ja ek weet daai oranje is 'n neon oranje - dis so helder, dis seker sigbaar vir die Marsmannetjies!

Volgende op die to do list is my skoonsuster se Waterlilly blokke. Haar kleur kombinasie kon nie meer anders wees nie, as wou dit. Wil julle 'n voorsmakie hĂȘ? Huh, wil julle? Okay, hier is 'n prentjie wat ek gister by die werk geteken het. Die kleure is al weke lank in my kop, en die wol is gekoop, maar ek het dit gister eers regtig ge"sien". I love it!


Dis nou eers genoeg gepraat en geblog, ek het (36) blokke om te hekel!

No comments:

Post a Comment

LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...