Tuesday 1 February 2011

41. Dit hang net af hoe mens daarna kyk

Ek voel die afgelope paar dae vreeslik down in the dumps omdat ek nie voltyds kan hekel nie. Ek wil so graag die lewe van 'n huisvrou hê waar ek enige tyd kan gaan sit en hekel, of 11 uur die oggend kan gaan na 'n wolwinkel en inskakel by 'n hekelgroepie. Ek het selfs gedink dat ek van die huis af 'n hekel besigheid wil hê, of sommer my werk wil bedank en 'n wolwinkel gaan werk. Daar is net een minor detail - die geld. My voltydse werk as 'n PA in 'n baie groot prokureursfirma betaal goed, so ek sal moet vrek baie hekel, of vreeslike lang ure werk in 'n wolwinkel om dieselfde te verdien. Ek dink nogal dit sal dan ook die joy uit die hekel neem want ek sal dit MOET doen, nie net waneer ek WIL nie. Ek werk ook tans vir vreeslike nice mense, en ek het nie baie stres nie.

Dit laat my toe bietjie dink dat ek miskien net moet dankbaar wees vir wat ek het, en my werk moet sien vir wat dit is: 'n bron van inkomste sodat ek my hekel verslawing kan voed.

Ek vermoed daar is in elk geval baie meer vroue in dieselfde bootjie as ek - kreatiewe mense met 'n voltydse werk wat smag daarna om op te hou werk - as wat daar die "lucky few" is wat heeldag net kan sit en hekel.

Verlede week het ek afgekom op 'n groep kreatiewe mense wat na werk bymekaar kom in Londen vir hekel, brei, en enige ander crafty ding. Daar is 406 lede in die groep, en van wat ek kan aflei, woon tussen 8 en 12 mense die weeklikse get togethers by. Dit beteken dat daar ten minste 406 ander vroue is wat voltyds werk in Londen en dus net na 18:00 by 'n kreatiewe groepie kan inskakel, mense nes ek. Die feit dat daar minder as 20 is wat op 'n slag die kuiers bywoon, sê eintlik nog meer - vroue is moeg gewerk en daar is eintlik maar bra min van ons wat die krag kan bymekaarskraap om na werk te kuier saam met ander kreatiewe mense. Dis nogal 'n troos vir my. I'm not alone. En as ek gelukkig genoeg is om wel die kuiers by te woon, moet ek myself as baie bevoorreg ag.

Die volgende hekel kuier van hierdie groep is 21 Februarie, en ek het reeds ge-RSVP dat ek daar gaan wees! In die tussentyd kan ek naweke hekel, in die trein, en selfs in my etensuur in die leë kantoor van my baas wat op kraamverlof is. Met my salaris kan ek wol koop, en ek kan in skakel by 'n groep vroue wat na werk sit en hekel in 'n coffeeshop. Dis mos glad nie so sleg nie! Dit hang net af hoe mens daarna kyk...

There is nothing either good or bad, but thinking makes it so. ~ William Shakespear

3 comments:

  1. is dit nie dieselfde mense as laas keer nie/

    ReplyDelete
  2. Nee boeta, dit was Iknit London, en daar was geen Hookers nie. Hierdie groepie is 'n subgroep van 'n Knitting and Craft groep, wat NET hekel. My tipe mense :)

    ReplyDelete
  3. Ha ha, Natasha, hoeveel huisvrouens ken jy wat enige tyd kan gaan sit en hekel????? goeie storie though! En sterkte, geniet dit wanneer jy kan.

    ReplyDelete

LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...