Sunday 25 October 2009

15. So bietjie deur die blare

Julle sal seker onthou dat ek en Johan verlede week wou gaan herfsblare kyk maar toe nooit daarby uitgekom het nie. Ons het mos eerder gaan tee & scones. Wel Sondag het ons weer probeer, en dit was 'n reuse sukses! Die keer het ons reguit Bushy Park toe gegaan en toe afgekom op 'n deel van die park wat super mooi is!

Ek hoef nie veel te sê nie want julle kan van die foto's aflei dat ons die mooi herfskleure en rustige woud vreeslik baie geniet het.





Ek is mal oor hierdie foto effek - dit lyk soos 'n 1960's foto. Laat my dink aan die foto's wat ek gesien het as kind van my ma en pa in hul jong dae:


Nog 'n foto effek:




I luuuuuve my husband!:

My vriendin Johanna sê ek lyk soos 'n stout Engel in die foto. Ek dink meer dis soos die duiweltjie op Johan se skouer :-):



Is dit nie beautifull nie?!:




Ons was darem nie dadelik huis toe na die speel tussen die blare nie. Nee, eers 'n teekie en Ouma beskuit in die kar voor ons die lang (10 minute) drive huis toe aandurf. Enige verskoning....

P.S. Ons was later Sondagmiddag weer uit - vir 'n replay van verlede Sondag se tee & scones. Hoekom? Want ons kan!

1 comment:

  1. Dis ongelooflike mooi foto's..
    ek en 'n vriendin het ook al sulke foto's geneem wat ons die blare in die lug gooi, maar kon net nie 'n foto kry waar die blare nie voor ons gesig is nie. Dit het net vir verdere pret besorg!!

    ReplyDelete

LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...