Sunday 3 April 2011

57. Ta-daaaaah

Dis klaar! Skoonsus se kussings is klaar!!!! 12 Maart het ek die eerste Waterlily begin hekel, en vanmiddag 11:14 die laaste draadjie geknip.  Kyk net hoe vro(u)lik:





Van die 7de Februarie, toe ek met Boeta se kussings begin het, tot 3 April was ek regtig nonstop besig om te hekel. In die trein, by die werk, na werk en naweke. 72 blokke later (ja, my no.4 hekelpennetjie het 72 blokke gehekel in minder as 2 maande!) is dit als verby. Dit was 'n lekker projek, veral omdat die kussings verrasings is vir familie wat vêr bly. Ek het dit ook vreeslik geniet om die 9 blokke vir elke sy uit te pak, rond te skuif en dan weer ander kant om te skuif totdat ek gelukkig is met die "look". All in all, was dit 'n lekker projek, maar nou.... nou is ek nogal verlig dis verby. Ek kan nou bietjie brieke aandraai met die spoed waarteen ek haak. Stadig(er) oor die klippetjies van nou af.

Net nog een laaste dingetjie wat ek wil sê: ek dink die kussings lyk bleddie mooi! So mooi dat hierdie nie die laaste haak van 'n Waterlily blok was nie  - my sitkamer stoel soek definitief twee Waterlily kussings van sy eie....



2 comments:

  1. Oooooooo dis darem soos jy se bleddie mooi. Ek het nou ook sommer lus om 'n bietjie te hekel.

    ReplyDelete
  2. Hi Natasha, jou Waterlily kussings is soooo mooi, ek is so lus om dit ook te probeer. Ek weet nie of jy sal omgee nie. Maar ek weet nie eers waar om te begin nie. Waar kan ek die patrone vir die blokke en dan ook vir die blommetjies kry om dit te kan doen. Dit lyk regtig stunning, ek het nie gedink hekelwerk kan ook so mooi en modern lyk nie!! Lynette Coetzer - lynette@eflux.co.za

    ReplyDelete

LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...