Sunday 13 September 2009

6. Ta-daah!

My eerste kussing is klaar en op die bed!!! Gisteraand het ek die ma-moerse grannysquare vir die agterkant klaar gehekel en vanoggend 11:12 het ek die laaste draadjie geknip na ek die pante aanmekaar gewerk het. (Ja, ek het dus die agterkant in 2 dae gehekel - dis wat gebeur as jy hekelmal is!)

Ek moet erken ek het nie gedink dit sal so vinnig gaan nie - minder as 'n maand, en dan was daar nog een langnaweek waar ek glad nie kon hekel nie want ons was in Amsterdam, en ek is halfpad met my eerste projek! Gepraat van Amsterdam - die knopie in die middel van die blommetjie is gekoop in De Knopenwinkel in Amsterdam.




Johan verkies die agterkant - sy ogies rol sommer van lekkerkry:

En ek hou van die voorkant - blommetjie in my oog en al:


Ek dink ek sal maar vinnig moet begin werk aan die tweede een, want wie kry die kussing vanaand wanner ons fliek kyk in die bed?!

3 comments:

  1. Kan ek bestellings begin plaas?

    ReplyDelete
  2. Jou kussing is pragtig my Vroutjie! Ek is verskriklik trots op jou dat jy ietsie so mooi gemaak het in net 3 weke en jouself geleer het hekel in 2 dae!

    ReplyDelete
  3. Pragtig! Jy sal moet begin invoer SA toe met al die bestellings wat gaan kom...

    ReplyDelete

LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...