Thursday 27 August 2009

3. 'n Hakerige storie

Julle, hierdie hekel ding ruk nou hand uit. Dit maak nou glad dat ek Woensdag aande tot 8 uur op straat is. Ek bevind my vir 2 ure na werk omring deur 30 vrouens, bolle wol, breipenne, hekelnaalde en glase wyn. En verlede week het dit als plaasgevind op die sypaadjie ook nog: I was litterly hooking on the street. Welkom by die duistere wêreld van 'n Knitting Club met 'n drank lisensie! Hehehehehe. Voor julle nou my naam op die gebedsversoeke lysie sit laat ek verduidelik.

Ek het verlede week vir die eerste keer die Knitting Club bygewoon. Dit word gehou in 'n wolwinkeltjie naby Waterloo stasie. Jy daag maar net op so rondom 6 uur, gryp 'n stoel en gaan sit en hekel of brei. As jy wil kan jy 'n glasie wyn of bier koop om te help relax (dit help ook dat jy nie te veel worry as jy 'n steek laat val nie). En dis dit. Al die vrouens sit maar net so rond en chat en brei.

Verlede Woensdag was 'n heerlike sonnige dag so daar was drie tafeltjies buite die winkel, op die sypaadjie waar ons gesit het. Dit was mos my eerste keer daar so die eienaar van die winkel het my sommer dadelik aan iemand voorgestel en ek is saam met die girl na buite. Dit was heerlik om buite te sit en hekel. Mense stap verby, stop en staar, ander ignoreer ons heeltemal maar ons brei en hekel net voort. Ek het regtig seker net twee sinne gepraat die hele tyd wat ek daar gesit het. Het maar net rustig die kat uit die boom gekyk. Frankly het ek nie vreeslik baie gehou van die tipe mense om die tafel nie. Hulle was bietjie afshowerig en wil net mekaar impress. Daar was ook nie veel gebrei nie.

Nou kyk, ek worry regtig nie of jou wol 100% wol is, of dit sydraadjies in het, of dit gekleur is met beet of met rooi sintetiese kleursel nie. En as wol vir my mooi is sal ek dit koop - agrylic oftenot. En ek stel nie belang daarin dat jy jou wol in Florence gekoop het nie (veral nie as jy nie kan sê watter maak van wol dit is nie want jy het dit gekoop sonder die "label" wat dus vir my laat dink jy het dit by die R10 winkel weergawe van Florence gekoop). Ek het die girls (hulle is almal vroeeë 30's / laat 20's) maar net so gekyk en geluister en vir myself gesê volgende week kom ek weer, maar dan soek ek 'n ander tafel om by te sit.

En dis toe presies wat ek gisteraand gedoen het. En wat 'n verskil!!! Die vier afshowerige girls was weer gisteraand daar maar hulle het in 'n hoek op hul eie gesit en ge chierrie-chierrie. Ja mense, daar is selfs klieks in die wol wêreld!

Ek het deur die loop van die aand met drie mense gepraat, en dit was al drie van hulle se eerste keer daar. (Wonder of hulle ook vandag blog en vertel van 'n hekelende Suid-Afrikaner by die Knitting Group). Ek was die enigste een daar wat hekel. Dit was nogal nice want niemand kon kyk na my en dink ek weet nie wat ek doen nie, want ek is al een wat dit doen! Ek was die beste hekelaar daar :-)

Een van die vrouens het "lace knitting" gedoen. Sjoe dis fyn werk daai! Die breipen is verskriklik dun en die wol net so dun en dit lyk of sy vir eeeewig brei voor die dingetjie langer word. 'n Ander meisie brei met Tesco plastieksakke wat sy in stroke gesny het! Mens noem dit plarn (PLastic YARn)! Sy sê sy sal nie aanraai mens brei 'n trui nie want dis bietjie krapperig, so sy maak 'n handsakkie. Sy is die een aan die linkerkant:


Hier's nog twee skelm geneemde foto'tjies:


Twee ander vrouens wat naby my gesit het, het sokkies gebrei en hulle doen dit met vier double ended knitting needles. Ja vier! Dis amazing.

Julle sal my nie glo as ek julle nie wys hoe die vier pen storie lyk nie, so hier is 'n foto van google af:

Op een stadium het die een vrou met net drie penne gebrei en sy kon nie uitfigure hoe sy dit reg gekry het nie. Binne 'n minuut het iemand langs haar vir haar gewys hoe om die vierde pen weer in te brei. Sommer so tjoef-tjaf het sy weer vier penne (en hier sit ek met een hekelpen… maar ek het darem sewe bolle wol so dit tel darem seker vir iets). Die tweede girl wat sokkies gebrei het, is 'n Sielkunde student. Sy het eintlik die Space Invader sokkies begin brei vir haar kêrel, maar hulle het aan die begin van die week opgebreek so nou hou sy die sokkies vir haarself. Good for you! Sy was nou besig met die regterkant se sokkie soos in die foto hieronder. Dis vreeslik intricate stuff.


Mens hoor ook die snaakste stukkies van gesprekke as jy so sit om 'n tafel met 30 mense. Daar was 'n man wat gepraat het oor hoe gefrustreerd hy is met een van die karakters in sy BBC Radio 1 storie. En vroeg in die aand hoor ek "I hate the yellow. I can't stand the yellow!" Dit van 'n vrou wat 2 rye geel in die eerste 5 cm van 'n trui ingebrei het. Die trui is nou al 30cm lank en sy wil als uittrek sodat sy daai twee onderste rytjies geel kan verander. Almal wat om haar gesit het was vreeslik upset met haar "No you can't! Look at all the work you've done! Live with it!". Dit is duidelik 'n tragedy of epic proportions as jy iets wil uittrek. Halfpad deur die aand hoor ek haar weer "I will not let a stupid stocking stitch jumper get the better of me. I will not!" Ek neem aan sy het maar besluit om te leef met die geel streep…….. Of sy het nog 'n glasie wyn gehad en worry nou net nie meer nie.

Op pad huis toe in die trein het ek sommer verder gehekel. Ek het dan nou al my goedjies by my so die temptasie was net te groot.

Van nou af sal ek elke Woensdagaand agter Waterloostasie wees met my hekelpen en bolle wol. Die opwindende lewe van 'n hakertjie!


10 comments:

  1. Tasja!

    Dit klink sommer heel bak – my sus die hakkellende hekkel tannie.

    ReplyDelete
  2. Hekel was op my bucket list, maar niemand doen dit mos meer nie en met 'n gehaak en lostrek en stoei met die wol en die boek met prentjies van die steke het ek dit baasgeraak op my manier. Nou behekel ek alles. Hoe meer ek daarna kyk hoe mooier raak dit en hoe lekkerder raak dit. As jong meisie het ek vatlappe persent gekry wat gehekel was en ek wou eens dood daarmee gevang word nie, dus was my eerste projek op vatlappe om op te maak vir daardie wat ek so weggesteek en weggegee het. Intussen hekel ek lekker voort en geniet jou blog baie. Lekker haak!

    ReplyDelete
  3. Baie dankie vir die kommentaar Anonymous! Dis maar nou die ding van hekel: if you're hooked, you're hooked!

    ReplyDelete
  4. Ek het toevallig op jou blog afgekom opsoek na granny square sokkies... baie dankie vir die patroon. Jou blog is kostelik, ek het veral hierdie artikel baie geniet. Ek is self 'n kranige hekelaar.

    ReplyDelete
  5. Baie dankie Anonymous. Ek hoop jy het hierdie link gevind, want dit is 'n granny skoentjie want darem naby aan 'n sokkie is: http://ekhekel.blogspot.com/2010/10/31-slaapsokkie-revival.html

    As jy vir my 'n boodskap per email stuur, kan ek vir jou die Ravelry patroon email. Kliek net op "view my complete profile" aan die linkerkant, dan sal jy my email adres sien.

    ReplyDelete
  6. Hi baie dankie vir al die pragtige '

    gesels' op jou blog. het nou eers daarvan in die Idees gelees en gou gaan loer. ek en 'n vriendin brei en hekel ook sonder om te praat net die idee dat ons bymekaar is en saam saam iets doen is wonderlik. amanda

    ReplyDelete
  7. Minette du Toit21 April 2011 at 21:38

    kyk Natasja ek't lanklaaste so lekker gelag! Ek't vannaand met die nuwe Idees gaan sit en lees toe van jou blog, net daar skuif ek na die studeerkamer voor die rekenaar in en ek sit nog steeds! Mooi man, jy sit sommer lekker kleur in mens se lewe, hakertjie!

    ReplyDelete
  8. Aag hoe geniet ek nou die "WATERLOO STASIE HEKELRY!" Heerlik mens, heerlik. Jip, 'ik stim' die 'chierie-chierie van upstairs wol tantes' gee my ook n pyn! Maar ek WED jou hulle kan NIE hekel nie mens!! Want 'hekel-mense' is 'leka-joyfull-smiley-mense!! Want dit gebeur mos sommer so tjoef tjaf en daai ou SEWE bolle wolletjies is kaf gedraf!! En jy kan pruik met n lieflike skepping....sooooooo terwyl die anders nog met dun breipenne erens probeer kom...ai, is nou maar net so. Hekel is mos blitsvinnig met ONEINDIG baie PRET!!! Ek het so pas vir my kleinkinders hul 'bestellings' gehekel. KleinSeun van 11 SMEEK altyd sy oumie vir NOG n paar bedsokkies...want sien hy GLY sommer so lekker met dit oor die gang vloer, want hy weet oumie sal WEER hekel....maar die keer vra hy toe sommer n 'pull over, serp, handskoene EN die slaapsokkies vir skool en ALLES moet NAVY BLUE wees.....nouja, GELUKKIG is hier nie n geel strepie toe in nie!! hahaha.Ai, sonneblomme is dan geel mens! Nouja, die kleindogter...sy is 13, vra soos n kat wat prrrr vir handskoene, serp en bedsokkies.....maar oumie, dit kan ENIGE kleur wees,,,,en ja ek HET dit enige kleur gemaak! so lekker lemmetjie groen, met perske oranje, en roomys pienk! blommetjies en tosseltjies...da works gjal! MAAr TOE kry ek mos n gedagte....aangesien Joshua dan 4 'skeppinge' het...sal ek maar vir Skye n lieflike hartjie handsak hekel!!! En DIT het n gePRRRRRR afgegee!!! Love jou blog! En onthou: HEKEL HOU JOU JONK....KYK NOU MAAR VIR MY!!! hahahaha

    ReplyDelete
  9. Amanda, ek dink jy is die coolste ouma ooit!!! Jy het my sommer uitasem net van lees aan jou email, so energiek klink jy. Nevermind Berocca C, ons hekelpen-en-wol!

    ReplyDelete
  10. Hi Natasja
    Tog groot lekkerte om te hoor van ons eie mense. My meisiekind het so pas geleer hekel, van haar ouma (my ma) en nou hekel sy blokkies dat dit gons. Sy het so bietjie hartseer wat sy moet verwerk en wat 'n perfekte manier om hande en kop besig te hou. Ek sou graag meer wou hekel maar helaas my tyd is net nie genoeg nie. Mooi bly eers en dankie vir lekker gesels en wys elke keer. Ek geniet dit.
    Michele Hamman
    Dundee, KZN

    ReplyDelete

LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...