Sunday, 23 August 2009

2. My Sondagmiddag

Ek het "Millet fruit and nut cookies with honey and cinnamon" gebak (ek het "millet" nageslaan in my Afrikaans-Engels woordeboek maar dit verskyn nie daar nie so ek weet nie wat mens dit in Afrikaans noem nie):


Ons het rivier toe gestap, onder die bome gesit en die bote en fietsryers dopgehou. Ek het 'n Hello! tydskrif gelees, Johan het iPod geluister en ons het koekies geƫet:

En ek het die middelste deel van die eerste kussing klaar aanmekaar gewerk en twee van die groot granny squares gehekel:


Kan elke dag nie maar so rustige soos 'n Sondag wees nie?

1 comment:

  1. Dit is idilies. Alles perfek. Proesels vd hemel.

    ReplyDelete

LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...