Monday, 22 August 2011

79. Clever Pooh

"Sometimes", said Pooh, "the smallest things take up the most room in your heart".


My "small thing" is 'n bolletjie wol en 'n hekelpen.

Tuesday, 9 August 2011

78. Dorothy & Theodore

Ek het Donderdag baie exciting nuus gekry. Julle kan meer daaroor lees op my Engelse blog:

http://crochetime.wordpress.com/2011/08/08/dorothy-theodore/




P.S. Ek sal altyd ekHekel.blogspot.com hê, en altyd hier in Afrikaans oor hekel dinge gesels, maar ten einde meer mense te bereik en verkope genereer, moes ek ook in Engels begin blog - daarom crochetime.wordpress.com.

Sunday, 7 August 2011

77. 'n Dag by die markie

Hello vrinne!

Vandag was ongelukkig nie die reuse sukses waarvoor ek gehoop het nie. Julle kan lees daaroor op my Engelse blog: crochetime.wordpress.com



Monday, 1 August 2011

76. Kopiereg

Hello almal! Voor ek begin skryf, wil ek net weer baie dankie sê aan almal wat my so vreeslik mooi ondersteun. Ek het gister 'n epos gekry wat my 'n traan laat wegpik het. Ek ken die vrou glad nie, maar sy het die mooiste, mees "uplifting" email gestuur wat vir my (en John) sommer ekstra woema gegee het vir ons craft market stalletjie avontuur. Dis amazing hoeveel mense daar buite wil hê hierdie gehaakery van my moet 'n sukses wees - julle goeie wense is so kosbaar vir my. Al julle goeie wense en die liefde wat julle vir my stuur, sal maak dat ek regtig egtig eendag my bedankingsbriefie sal kan indien en voltyds die hekelpen kan vashou. Dankie, dankie, dankie!

"Towards this end" het ek vanoggend my gehekelde horlosies laat copyright. Yup, ek het 'n copyright! Die volgende "disclaimer" verskyn nou op hierdie blog, asook op crocheTime se Facebook page en natuurlik ook op my Etsy en Folksy winkels.

My crochet clocks are (c) Copyright Natasja King 2011 - 2015.
It gives me much joy that you may be inspired by the clocks, but please be respectful of the fact that a lot of hard work has gone into making and designing them so please do not recreate them for personal and/or commercial use.
If you want to tell others about my clocks, I would really love that, but please include a link to my Etsy shop when you do so.

Ek glo julle sal verstaan dat ek dit moet doen om myself te beskerm teen mense wat my horlosies wil na-aap. Dis mos nie reg as mens ietsie uitgedink het met die doel om 'n bestaan te maak deur die verkoop daarvan, net om uit te vind dat mense dit na-aap om in hul eie huis te hang, of erger nog, te verkoop vir hul eie wins nie.

Dis vir my amazing, en 'n groot eer, as ek sien mense blog oor my horlosies en dat dit hul happy maak (my besigheidskaartjies sê nie verniet "Happy Clocks For Sad Walls" nie) so moet asseblief nie ophou nie. Ek vra net dat mense die horlosies eerder by my moet koop as om dit self te probeer maak en/of 'n link na my Etsy winkel moet by sit as daar van my horlosies gepraat word. Ek is seker julle sal verstaan.

Die internet is so 'n wonderlike ding, met soveel bronne van inspirasie en mense wat pragtige goed maak. Ek het hoeka net hierdie naweek op Pinterest afgekom. Dis 'n website waar jy absoluut enige iets wat jy op die www sien, kan "pin" na 'n "board" op die website - amper soos 'n internet weergawe van 'n moodboard. Jy het mense wat jou volg, en mense vir wie jy kan volg om te sien watter mooi dinge hulle op die internet op afgekom het. Dis briljant. Maar die nice ding van Pininterest is dat alle foto's reguit terug link na die oorspronklike website, sodat die fotograaf, blogger, of maker van die item al die krediet kry. En dis mos hoe dit hoort.

Ek hoop om julle gou op Pininterest te sien. Maar pasop - nes hekel, is dit addictive!



P.S. Ek het vanoggend bevestiging gekry dat ek definitief kwalifiseer vir 'n gratis stalletjie, so Sondag is dit ek en Mnr. King by Merton Abbey Mills!!!

Saturday, 30 July 2011

75. Merton Abbey Mills

Ek en John was Saterdag op 'n Fact Finding Mission na Merton Abbey Mills se craft market. Die rede vir ons besoek was om te sien of ek 'n stalletjie sal wil hê by hierdie markie. Die antwoord is 'n resounding yes!!!!

Merton Abbey Mills takes part of its name from Merton Priory, one of the most important monasteries of the middle ages, which stood close by and owned much of the surrounding land.

By 1600, textile mills were attracted to the River Wandle. For centuries it was a centre for the manufacture and printing of textiles, and until 1970 was the silk-printing works of the famous Regent Street store Liberty’s.

Left derelict for nearly twenty years it was restored in 1989 as a visitor centre, arts and crafts market and venue for cultural entertainment, since when it has become one of South London’s major regeneration successes with up to half a million visitors a year.



Dis 'n hele crafty, artistic community, met ongeveer 80 stalletjies en permanente arty crafty winkels in die geboue rondom die mark. 


  

Onder andere is die ou "Wheelhouse", waar die watermeul se binnewerke is, nou 'n pottery studio waar hulle klasse ook aanbied. Die beweging van die water draai die potter's wheel!


Daar is ook baie restaurante tussen al die stalletjies, so selfs as mense net kom om te eet, kan hulle verby jou stalletjie stap. Dis amazing exposure en als waarvoor ek kon vra.

Die beste van als, is dat as jy aan die organiseerders kan bewys dat jou items hand gemaak is, is die stalletjie gratis! Gelukkig het baie foto's van hoe ek my horlosies aan mekaar slaan, so dit is nie 'n probleem nie.  John was nog besig om die kar in die garage te trek, toe is ek al voor die rekenaar om my foto'tjies aan die organiseerders te email sodat hulle kan bevestig dat ek kwalifiseer vir 'n gratis stalletjie. Sodra ek bevestiging het, gaan ek my naam op die "casual traders" lysie laat sit en hoop om volgende Sondag my staanplekkie in te neem! Whooo-hoo!

Tot dan werk ek hard aan borsspelde en nog horlosies. Ek is so opgewonde oor die verpakking van die borsspelde! Ek het poskaarte laat maak wat aan die een kant 'n foto het van 'n horlosie, en agterop al my details. Dan druk ek net twee gaatjies in die poskaart vir die speldjie om deur te gaan, en siedaar! Netjiese verpakking en dis 'n advertensie vir my horlosies, All In One Mum! :-)

Needless to say sal julle volgende Maandag weer 'n blog entry kry met al die goeie nuus van my verkope. Tot dan is die fullsteam ahead met die hekelpen.


Friday, 22 July 2011

74. 'n Onderhoud met my!

Ek voel vandag soos 'n celebrity, want Kathryn Vercillo, 'n blogger van San Francisco, het my horlosies op Sarah London se blog gesien en toe 'n onderhoud met met my gedoen. Wat 'n groot eer!!!

Ek sien uit na baie horlosie verkope as gevolg van hierdie fantastiese blootstelling.

Lees die onderhoud hier.


Monday, 18 July 2011

73. Knit Nation 2011

Saterdag het ek Knit Nation 2011  bygewoon. No, I haven't gone over to the dark side, ek hekel steeds, Knit Nation is net die naam vir "a Summer knitting and spinning extravaganza".

Die klem val beslis op brei daar! Daar was 45 klasse oor 3 dae (sien die program hier), aangebied deur groot name in die brei wêreld. Needless to say, het ek nie die klasse mee gemaak nie. Al hoekom ek daar was, was vir The Marketplace vir die wolle. Ongelukkig, nes die Creative Crafts Show event waarheen ek in 2010 was, is dit net mohair, alpacca, hand spinned and hand dyed, merino, die-skaap-in-my-agterplaas wolle. Nie eens een ou bolletjie katoen nie, en als wat daar was, was super duur.








Maar dit was lekker om rond te loop en al die mooi kleure skeins wol te sien. Ek het darem vir my ietsie gekooop: 'n nuwe no. 4 hekel pen (Clover se Soft Touch) en 'n patroon by The Natural Dye Studio. Dis die patroon vir die ligte pienk toppie hieronder. Die 2-ply 100% silk wat hulle voorstel jy gebruik, kos £18.75 per skein (jy het twee skeins nodig) maar ek het net die patroon gekoop. Annerdag as ek moeg is vir horlosies hekel of 'n challenge soek (2 ply!!!!!!) sal ek dit aanpak. Maar ek moet sê 100% silk voel amaaaaazing! Dit hang ongelooflik mooi en is so sag!



Hierdie is die 2 ply silk skeins. Absoluut amazingly mooi!


 

As julle my crochetime Facebook page volg, sou julle my status update gesien het waarin ek sê dat ek by Knit Nation was met my blou-pers floating wrap net sodat ek die haakers se naam kan hoog hou. Mense, ek het! Met die aanmeld by die registration desk het 'n vrou op my afgepeil en ge oe en ge aaah oor my wrap. Sy is 'n breier, maar wou weet waar ek die patroon kry want sy het 'n vriendin wat hekel vir wie sy gaan vra om vir haar ook een te hekel. Ek het die vrou later nog 2 keer in The Marketplace raakgekloop en elke keer het sy uit gefreak. Turns out sy woon in Swede en deel haar woonstel met 'n Suid-Afrikaner! Freaky! Sy is die funky girl met die groen tjalie in die foto hieronder.  En haar vriendin, 'n Amerikaner wat ook in Swede woon het gedink ek is Frans! Oooh la-la!


Dit was super duper lekker om so baie aandag te kry met my gehekelde wrap. Amper al die stalletjie eienaars het my aangegluur. Ek weet they liked what the saw, maar heaven forbid hulle sal sê dis mooi. Julle weet mos daai kyke wat mense gee as mense eintlik jaloers is.... Ek het gestraal van lekkerte, en sommer twee keer verby al die stalletjies gestap net om ekstra af te show Hehehehehe.

Hookers rock!


LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...