Thursday 16 June 2011

69. Kan jy doilies hekel?

Ek wil julle vandag vertel van 'n kompetisie waarvoor julle kan inskryf. Iemand ('n man nogals) het my in Meimaand op Facebook gekontak en vertel van Orania se melkbekerdoilie kompetisie. Hy was besig om op Google te search vir iets en kom toe per toeval om die blog af. Met Orania se doiliekompetisie in sy agterkom, kontak hy my toe en stel voor ek skryf in.

Ek was dadelik baie begeesterd, en het selfs toestemming by die organiseerders gevra of ek, as iemand wat in Engeland woon, mag inskryf en hulle het ja gesê.

Tjoef-tjaf gaan soek ek vir no.8 hekelgare op die internet en koop nogal 'n wit en blou bolletjie. Kry ook 'n vintage patroon vir 'n oulike doilie en als. En daar daag die garetjies op..... Ek val omtrent op my rug want dit lyk soos spinnekop web draadjies! Ek kan netsowel 'n tol gewone gare gebruik! Nee jislaaik dis hopeloos te dun vir my. My kleinste hekelpen het sulke groot kettingstekies gemaak met die dunne draadjie.

Dadelik besef ek dat
  1. doilie hekel nie vir kinders is nie;
  2. my oumagrootjie bleddie goed kon hekel want sy het doilies gehekel sonder 'n patroon; 
  3. as ek weer by my Ma se huis is gaan ek in die donkerhout kis soek vir 'n doilie wat Aggie gehekel het en saambring Engeland toe; en
  4. ek gaan eerder nie inskryf nie want ek gaan my dood sukkel. Los die doilies vir die mense wat weet.

So, in lig hiervan, vertel ek vir julle van die kompetisie ingeval daar blog lesers is daarbuite wat kan doilies hekel.

Hier is 'n skakel na Orania se website met al die reëls oor die kompetisie:  http://www.orania.co.za/melkbekerdoiliekompetisie/

Eerste prys is R2000! Dit sal fabulous wees as een van my blog lesers die kompetisie wen!!!


8 comments:

  1. Kyk nou het ek darem tog te lekker gelag. Gee my no 8 hekelgare, daarmee kan ek nog iets regkry, maar enige iets wat dunner is, dit wil die ou vingers net nie lekker vasvat nie. Het so 6 jaar terug 'n karpale tonne operasie in beide hande gehad en was doodbenoud dat ek nie weer sal kan hekel nie. Dit was amper, maar met geduld, liefde en aanmoediging van manlief af het ek weer die hekelpen kon vasvat. Het redelik gesukkel met die spanning, maar vandag kan ek met trots se, dat ek met beide wol en hekelgare kan hekel. Ek is so dankbaar daarvoor.
    Ek sien uit na jou volgende bloginskrywing.

    ReplyDelete
  2. Doilies! Tussen my en my suster het ons al my ma se doilies onder onsself verdeel. Ek het klomp in 'n boks. Self een van my Ouma se ma gehekel het. Noudat ons in ons eie huis bly, sien ek myself meer en meer van hul uit die boks haal en gebruik. Onder lampe en kersstanders, oor melk- of roombekertjie. Noudat ek self hekel verkyk en my aan die ongelooflike vaardigheid daarvan. Ekself het nie geduld vir 'n doilie hekel nie, gee my eerder dikker wol, maar sterkte vir almal wat inskryf!

    ReplyDelete
  3. Ja nee ek sal dit rerig nie waag nie, hekel met no 5 en dikker. Groete

    ReplyDelete
  4. haaai, kan jy glo?? 'n blog in afrikaans!! raai wat?? ek wil ook hekel, het 'n week terug gegaan vir 'n klas,kan jy glo? ek sukkel,sukkel,sukkel!! voel of ek 2 linkerhande het!! ek kan nou al die loopies maak en die langbene en kortbene,my stukkie dingetjie lyk soos 'n vark se stertjie!!

    ReplyDelete
  5. My kind, ek het daai doilies almal bymekaar gesit. Dis nou, die wat ek nie gebruik nie. En jy is reg. Een van Pappa se duiwe vriende, se vrou, hekel dit - en ek stem saam, dit lyk nes gare. Hoe haar oë dit hou, weet ek nie. Het twee by haar bestel - jy het dit al gesien. Ek is seker melkbeker doilies, met die kraletjies in en rondom, sal defenitief Afrikana word.

    ReplyDelete
  6. Ek hekel doilies met krale binne en om die rand - wonderlike ontspanning en skeppend om te sien hoe patroon ontwikkel. Die soort doilies is nie vir beginners, maar ek glo almal wat wil kan.

    Nella

    ReplyDelete
  7. Ag hekelvriendinne, ek kan glad nie hekel nie... wil ook nie rerig nie maar ek kan surf op die internet!! En my gunsteling sussie maak my gek vir 'n regte doilie met krale 'reseppie'.. Nou kyk mense ek is 'n obsessiewe tipe persoon en ek soek en soek en kry niks. Kan iemand asb my help?
    Ronel
    ronelsw@mweb.co.za

    ReplyDelete
  8. Ronel ek dink jy sal meer reaksie kry op jou vraag as jy dit op die OnsHekel facebook page se Wall vra. Daar is meer as 600 dames wat na daai page kyk so ek is seker een van hulle sal jou kan help.

    ReplyDelete

LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...