Wednesday 15 June 2011

68. 'n Facebook bladsy net vir ons

Hakers, ek het baie exciting nuus vandag. As jy op Facebook is (en let's face it, wie is nie?) gaan doen 'n search vir Ons Hekel en "Like" die page want..... ons hekelaars/hekelinge/haakers het nou ons eie Page! Dis als te danke aan Christelle Botha se brainwave. Sy het my vanmiddag ge-email en gevra of ek dink dis 'n goeie idee om 'n ordentlike Page te stig vir ons Afrikaanse hekel mensies. Natuurlik is dit 'n goeie idee! Dis briljant! Ek kan nie glo niemand anders het daaraan gedink nie!

So dames, daar is nou 'n kuberspasie om jul hekelwerk af te show deur dit op die Wall te sit met 'n fototjie by, julle kan vrae vra, links na patrone of ander oulike hekel website uitruil, as jy weet van 'n wolwinkel met 'n lekker uitverkoping kan jy ander daarvan vertel, ons kan 'n Swap of a Crochet-along begin - the possibilities are endless!!!!!

Tussen my en Christelle gaan ons ook kyk of die Idees, Leef en Sarie tydskrif pages Ons Hekel sal "Like".

Die Afrikaanse haakertjies gaan Facebook op horings neem!

2 comments:

  1. Lekker! Die nuwe foto lyk baie mooi.

    ReplyDelete
  2. Mag dit net van 'n kettingstekie tot 'n magtige deken groei! Briljante idee, maar wat kan mens anders van die hedendaagse Afrikaanssprekende dame,met vlytige vingers, verwag?! Voorwaarts, haak daai wol, trek deur en smaak die vreugde! ;-)

    ReplyDelete

LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...