Wednesday 1 June 2011

66. Ta-daaah en bietjie (okay baie) Cornwall


Hello almal! Ons het 'n Ta-daaaah oomblik vandag, maar dis so bietjie versteek in 'n langnaweek in Cornwall blog inskrywing.... Die blog gaan mos eintlik oor my hekelwerk, maar toe dog ek ek kan nie vir julle my tweede floating wrap wys, sonder om vir julle te vertel dat die foto's in Cornwall geneem is. Ek het ook my twee blom borsspelde aangehad hierdie naweek, so daar is regtig hekel dinge betrokke (al is dit nou 90% Cornwall en 10% floating wrap), julle gee mos nie om nie.;-)

So... eerste dinge eerste.

Ta-daah!!!!! My tweede floating wrap is klaar. Is die kleure nie amazing nie?! Die wol is Gedifra Fiorista Fino katoen in shade 06328. Dis die DK weergawe van die blom borsspeldjies se Aran Gedifra wol. Dit was sooo lekker om daarmee te hekel want dis 'n avontuur om te sien watter kleur volgende is.


Ek gaan julle nie verveel met 'n "day by day" vertelling van ons hele langnaweek nie, want die foto's sal al die praatwerk doen. Ek moet julle egter net gou ietsie amazing vertel van hoe die Universe vir mens sorg.

Ongeveer 'n jaar gelede het ek via 'n Briste vrou se blog uitgevind van Janet Bell. Sy is van Wallis, en skilder die kleurvolste, mooiste, vrolikste Engelse dorpies. Ek sou baie graag 'n print of 'n skildery van haar werk wou hê, maar ons huisie is maar klein en die muurspasie min so daar is nie plek nie. Wat ek toe wel koop is 'n stel van vier "window view" coasters. Ongelukkig bestaan die stelletjie nie meer op haar website nie, so hier is 'n foto daarvan. Ek is liries hieroor! Die mooiste een van die vier - heel bo links - kies ek toe vir my bedkassie. Julle weet, vir die oggend koffie en aand teetjie om op te staan.

 

Ek belowe julle, hand on heart, dat ek nie geweet het wat of waar daai eilandjie in die prentjie is nie. Maar nou weet ek dis St. Michael's Mount in Marazion..... want dis waar ons B&B was!!!!!!!!!!!!! Ek het ons B&B gevind deur op Visit Cornwall se website te gaan, en onder die "Penzance and Land's End" area gaan soek vir 'n plek wat 'n kamer het vir hierdie naweek, binne ons budget. Dis regtig hoe ek op Blue Horizon B&B afgekom het - totally onbewus van St. Michael's Mount wat net oorkant die pad sit, en dat jy net by die Mount kan kom vanaf Marazion! Eers toe ek daai aand my beker tee op my bedkassie sit, val als in plek. Is dit nie amazing nie?!



Ek het vir 'n jaar lank elke dag die coaster gesien en gedink hoe vreeslik mooi dit is, en hierdie naweek was ek daar!

Voor ek vir julle al die foto collages wys, moet ek net noem dat Cornwall, in fact die hele Engeland, nie regtig altyd so grys is nie. Dit was net 'n bietjie bad luck dat die eerste reëns sedert Aprilmaand hierdie naweek geval het. Gaan kyk bietjie op google images hoe mooi al die plekke regtig kan lyk. Tik net 'n pleknaam in, en julle sal sien dat dit pragtig, stunning, beautiful is in hierdie geweste.

So, hier is ons naweek foto's:







  





 




Daar het julle dit nou. My tweede wrap is klaar! Onwards and upwards na die volgende projek (en volgende vakansie want ons is volgende naweek in Corfu!) Ek sal my hekelwerkies saam neem sodat ek 'n blog inskrywing oor Corfu op die hekel blog kan regverdig ;-)

6 comments:

  1. Dis beautiful Tasja!!!!!! x Lynette

    ReplyDelete
  2. ek like die toeval storie baie

    ReplyDelete
  3. Hello daar ver in die vreemde, jou “wrap” is pratig die kleure is pas so mooi. Dankie ook dat jy jou nawee met ons deel die fotos van Cornwall is prentjie mooi. hekel groet Elsie

    ReplyDelete
  4. Hallo Natasja,

    Baie dankie vir die Cornwall-fees! Dit was nog altyd een van my drome om soontoe te gaan -- in die dae toe ek nog baie storieboeke gelees het, was die wat in Cornwall afgespeel het van my gunstelinge. En ek dink aan die fliek 'Ladies in Lavender' wat my verbeelding ook gaande gemaak het.

    Ek het sopas, hierdie week, na ek jou brief in 'Idees' gelees het, op jou Blog ingeskryf. Ek bly nou vir sowat vyf maande in Melbourne, Australie. My man (ons is nou so ietwat meer as twee jaar getroud) wou na 17 jaar in Suid-Afrika nader wees aan sy kinders in Oz, en ons het Desembermaand hiernatoe gekom, om te bly.

    Jou hekelwerk lyk pragtig en die "wrap' is verruklik. Dis alles baie inspirerend. Baie mooi op die foto's is die kleur van die korsmos (lichen) op die rotse. Dit herinner my aan die ligene op die rotse by Kaapschehoop in die Laeveld.

    Nou sien ek baie uit na jou foto's van Corfu!
    Groete uit Oz!
    Mooi bly,

    Ella

    ReplyDelete
  5. Nou moet jul na Mont St Michl gaan aan die Franse kus! Lyk net so.
    Jou wrap is baie mooi - die self-stripe gee so mooi effek. Het nou die dag een so bolletjie gekoop en gewonder wat gan ek doen - na vandag se yskoue weer weet ek dit moet vingerlose handskoene word...Sal graag eendag so wrap wil probeer, dalk net bietjie langer, maar eers moet ek net verder kom met Projek Kombers...
    Groetnis uit Pta!

    ReplyDelete
  6. Ek is ook mal oor hekel en love jou blog!

    ReplyDelete

LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...