Hello mede haakers! Raai gou wat gebeur vandag met my.
Nee, julle sal nie kan raai nie so ek vertel maar. Ek het 'n email gekry van die mense by KAL Media - dis die uitgewers van Inside Crochet Magazine - om te vra of hulle die foto van my twee blou-pers blom borsspelde in die Readers Gallery afdeling van hulle tydskrif kan publiseer!!!! Hoe cool is dit?!
(Wanneer mens op Ravelry 'n foto laai van iets wat jy gemaak het, link al die foto's van almal wat daai patroon gebruik het, saam onder die patroon informasie, so dis hoe hulle my foto gesien het.)
Ek het hoeka vanoggend een van die twee borsspelde aangehad, so toe stuur ek sommer vir hulle twee foto's.
Ek sal julle definitief laat weet wanneer my fototjie in die tydskrif gepubliseer is. Dis nou al die tweede tydskrif wat ietsie van my publiseer, en die keer het hulle MY genader! Whoohoo!!!!!!
Ek het geblog oor die blom borsspeldjies hier: http://ekhekel.blogspot.com/2011/04/60-blommetjie-gedenk-aan-my.html. Ongelukkig kan ek nie die patroon vir julle gee nie, maar jy kan die Inside Crochet magazine Issue 14 (Februarie 2011) uitgawe digitaal koop vir £4.99 op Yudu by hierdie link: http://www.yudu.com/albums/items/82881 . Ek kan regtig hierdie blom borsspeld patroon aanbeveel. Dis sooo maklik, en die agterkant van die borsspeld (in die tydskrif noem hulle dit 'n Corsage) is 'n "disk", so die speldjie kan enige plek vasgemaak word - nie soos ander blom borsspeld patrone waar jy die speldjie aan die blomblaartjie moet vasmaak en maar hoop hy steek nie uit langs die kant nie.
Terwyl jy nou op Yudu is kan jy gerus uitgawe 6 koop want dis die een met die Floating Wrap....
Lekker hekel!










