Wednesday, 2 June 2010

28. BabettieKombersieKosweti

Ek is vreeslik lus om weer granny squares te maak. My Hooky First Love. Hulle is net so cute en innocent! Jy kan nie verkeerd gaan met 'n granny square nie: jy maak verskillende grootes en verskillende kleur kombinasies, en dis dit! Dis mos hemels! Grannies is natuurlik baie goed vir komberse…. maar ek het mos 'n halfklaar kombers in 'n kas: die Identiteitskrisis kombers wat ek in Januarie weg gepak/weg gesteek/begrawe/amper weg gegooi het.

Die kombers is mos nou daar, ek het nog baie van sy wol oor en ek wil vreeslik graag 'n kombers hê vir ons slaapkamer, toe dog ek, wel ek is nog nie vreeslik begeesterd vir strepies hekel nie, so hoekom sit ek nie grannies tussen die strepe nie?!

Skielik onthou ek toe van 'n kombers wat 'n storm ontaard het op Ravelry: die Babette Blanket. Daai kombers het my hoendervleis van lekkerte gegee toe ek hom die eerste keer gesien het - 1184 ander vrouens was net so mal oor hom want dis hoeveel van hulle daar al op Ravelry gemaak is! Kyk bietjie hier:

Kan julle sien hoekom ek totally uitgefreak het toe ek dit sien?! Dis soooo moooi! En die inspirasie vir die patroon ('n link is op die "Hekelpatrone wat ek al gebruik het" tab) is niemand anders as Kaffe Fassett waaroor ek mos alreeds geblog het. Meant to Be and Divine Intervention me thinks!!!

Vir Babette het jy 50 x 2-round blokke, 50 x 4-round blokke, 16 x 8-round blokke, 2 x 10 round blokke en 2 x 12 round blokke nodig. Maar hulle blokke word solied gehekel, nie "shells" soos wat 'n granny square is nie, en ek wil mos grannies maak. Maar wat keer my om grannies te gebruik en aanmekaar te werk soos vir 'n Babette? My heel heel heel eerste hekel projek was mos 'n granny kussing wat bestaan het uit 3 verskillende grootte blokke so dit sal perfek pas! Daar is 'n handjie vol vrouens op Ravelry wat dieselfde idee as ek gehad het, so ek weet nou dit kan werk (en blerrie nice lyk):

Can you see it??? Ek kan! Ek het alreeds 72 rye gehekel (72!!!) vir die kombers. So die plan is om dieselfde wydte as wat 72 rye is, Babette grannies te doen, dan 'n strook van 36 strepies, dan weer 'n strook Babette grannies (ek vermoed ek gaan baaaaaaaaie grannies nodig hê), en dan 72 strepies. Dis die idee (for now). Ek sal heel moontlik nog miljoen keer van plan verander, maar die basic idee is darem daar.

Al probleem is dat ek nou totally vir arme kombers 'n kompleks gegee het. Eers verdink ek hom van 'n serp wees, nou wil ek 'n Babette by hom inwerk, maar dis nie eens 'n properse Babette nie - dis 'n Granny Babette, en ook nie 'n volle Babette nie, sommer twee halwes. Ken iemand 'n goeie sielkundige vir 'n bont & deurmekaar bersie?

Sunday, 14 March 2010

27. Ta-daaaah!

Hier is die vreeslik lank overdue foto's van my maltezer hangertjies! Die groene was al aan die begin van Februarie klaar en ek het hom al baie gedra.

Die swarte het ek gisteroggend 8 uur begin maak, en gister laatmiddag was hy klaar. Die oorspronklike idee was om die swart bolletjies te ryg deur swart satyn lint, maar dit wou nie werk nie. Die lint was net te dik om deur die bolletjies te gaan. Johan het op 'n stadium in sy tool kis gekrap om 'n tang te kry om die saak aan te help, maar helaas.

Plan B was toe om 'n toutjie te hekel uit ketting stekies. Die blommetjies wat ek tussen die bolletjies gesit het, was Plan C toe die hele saak vir my net nie lekker gelyk het nie. Johan is nounog nie 'n fan van my blommetjies nie. My man sê dit lyk of iemand op een van die balletjies getrap het... Besluit julle maar self.




Ek dink ek sal môre my swart langbroek werk toe dra. Geen spesifieke rede. ;-)

Sunday, 7 March 2010

26. Ta-daaaah!

Die mooiste handsak in the history of all mankind is Sondagmiddag in die King huis klaar gemaak. Mense, ek kan julle nie sê hoe happy daai sak my maak nie.
Volgens my blog van 13 Februarie sou ek mos die sak vir my ma se kwilt buddie gecourier het, maar Johan het my oorreed dat dit nie so moeilik kan wees om 'n lining in te sit nie, en met sy hulp sou ons dit self kon doen. Jissie julle, my man is amazing! Hy het my Saterdagmiddag vir 4 ure lank bygestaan. Die sak is 'n total team effort. Maar wag, ek loop dinge vooruit. Ek sal julle nou mooi stap vir stap vertel wat ons gedoen het.
Johan was mos oortuig dit kan nie so moeilik wees om 'n zip in te sit nie, so verlede week gaan soek hy toe op YouTube vir 'n video en ons kry een! Terwyl ons al die video's so saam kyk, sê hy elke nou "verstaan jy wat sy sê?" of "sal dit werk vir jou sak?" :-) Op die ou end het ons hierdie video gebruik.
Hier is al die goeters wat ek nodig het vir die lining. Die wit goed aan die linkerkant is "plastic canvas" wat ons in die bodem van die sak gesit het om te keer dat die bodem "uitsak".


Die eerste stap was om my klaar sak te meet sodat ons kon uitwerk hoe groot stuk lap om te knip.

Ek het 'n patroon gehad, maar my sak was kleiner as die patroon s'n so ons moes al die lining afmetings aanpas. Hier was Johan totally sy goud werd - ek en syfers is nie maats nie en ons het baie amper 'n fokapie gehad toe ek vir Johan begin syfers aflees om bymekaar te tel!


Ons het die zip in sit gehou vir laaste, want ek wou nog ekstra sakkies aan die binnekant van die lining maak ('n vrou se handsak kan nie net 'n groot gat wees nie - ek sal nooit my huis sleutels vind as dit nie in sy eie sakkie is nie!)
(Die blou handdoek is om die rekenaarskerm te beskerm teen Tassie.)



Ons het die plastic canvas met "handbag feet" aan die bodem van die sak vasgemaak. Die handbag feet lyk nie net nice nie, maar sonder dit sou die plastic canvas kon rondskuif so dit was 'n baie slim kopie.



Noudat al die initial stikwerk gedoen is, was dit tyd vir die zip. Ek en Johan het al die afmetings gecheck en ge double check want as die zip in die verkeerde plek vas gestik word, is die hele sak 'n fokapie. Johan het my sooo mooi kalm gehou. As ek stres slaan my kop mos toe julle weet...
Do you see the forced, nervous smile?:


Die video sê dat jy cellotape moet plak aan die regte kant van die zip sodat jy dit as 'n stitching guide kan gebruik. Vreeslike slim idee! Ons besluit toe dat ek net 'n paar milimeter BINNE die cellotap sal stik om seker te maak ek "vang" die zip aan die onderkant. Dit was goed ons het, want die zip sit baie mooi, maar dit was 'n "bliksem" (soos Johan gesê het) om daai cellotape weer af te trek! Dit was gelukkig die enigste issue met die zip in sit. Dit was in fact 'n reuse sukses! As jy van bo af na die sak kyk kan jy glad nie die tandjies van die zip sien nie!!!!


Met die (perfekte) zip in, kon ons die sye vasstik. Die cool ding is dat mens die lining kan "box" deur dwars oor al vier hoeke van die lining te stik, so dan vorm jou lining 'n perfekte boksie wat binne die boks van die hekelwerk pas! En Johan being Johan, moes die nate natuurlik almal oplyn :)
Al wat toe oorbly is om die handvatsels vas te stik en die hekelwerk met my hand aan die lining vas te werk.
Ek is vreeslik trots op my handsak, en die beste van als is dat ek en Johan saam daaraan gewerk het, so elke keer wanneer ek die zip ooptrek, sal ek dink aan die dag toe ons saam voor die naaimasjien gesit het.
En hier is hy nou: die most beautiful handsak in die wêreld - even if I have to say so myself.


As jy kliek op foto van bo sal jy die handgemaakde stekies sien wat die lining aan die hekelwerk vashou.





P.S. Die patroon vir die sak het verskyn in 'n Amerikaanse hekeltydskrif, Interweave Crochet - Spring 2007, maar die blokke se ontwerp, genaamd Willow, kom uit 'n boek "200 Crochet Blocks" deur Jan Eaton. Ek het 'n link na die boek op die "Hekelpatrone wat ek al gebruik het" tab.

Saturday, 13 February 2010

25. Dit jubel (alweer) in my!

Ek is op die oomblik besig met 'n kriewelrige lekkerkry hekelprojek. Ek maak 'n handsak! Dit bestaan uit 12 blokke, en elke blok het drie kleure. In totaal gebruik ek agt kleure vir die 12 blokke so kan jy jou indink al die moontlik kombinasies?!! Dis soooooo exciting en lekker om al die kleur combo's uit te werk. Ek is stellig besig om dieselfde high te ontwikkel wat ek gehad het met die Liewe Heksie serp! Al die kleure maak my sooo happy!
Ek pak die wolle elke nou en dan uit om te kyk hoe die volgende blok gaan lyk, maar elke keer as ek verby die koffietafel stap stop ek en rearrange weer als. Maar dis die lekkerte van dit als. Ek sit net die kleure bymekaar wat met my praat - en hulle moet hard praat anders rearrange ek weer als. Dis weird hoe ek weet wanneer ek happy is met die kleur combo. Dis asof dit vreeslik kalm raak in my binneste as ek na dit kyk. Dan weet ek dis reg. Ek voel die kriewelrige opgewondeheid voor ek begin hekel en as ek dink aan die finished item en sommer net die hele idee van die projek en al die kleure. Maar om te weet watter kleure om saam te sit, moet dit kalm wees binne my. Regtig julle, dis asof my hart stadiger klop en ek 'n lang sug kan sug - dan weet ek die kleure is reg. Oe, dis lekker!

Na al die praat dink ek julle verdien 'n lusmakertjie van die handsak. Hier is 'n paar Work In Progress foto's.


Noodloos om te sê is die volgorde van die klaar blokke hierbo nie eens NAASTENBY hoe hulle op die ou end aanmekaar gewerk gaan word nie. Ek het immers nog 7 blokke om te maak so dit look gaan nog baie verander.

In totale teenstelling met colour explotion handsak werk ek terselfde tyd aan iets in swart. Amigurumi balletjies vir 'n halssnoer. (Oe, amper vergeet ek. Die groen maltezer balletjie halssnoer was al Sondagaand klaar maar ek het nog net nie kans gehad om vir julle 'n foto te wys nie. Sal nog. Belowe.) Ek sou seker al klaar gewees het met die swart balletjies as dit as nie was dat ek boggerol kan sien nie. Ons sitkamer lig is net nie sterk genoeg om in die aand met swart wol en 'n 3.5mm hekelpen doenig te wees nie. So die swart amigurumi balletjies is vir Saterdag en Sondag middag, en bont handsak vir die aande.


P.S. 'n Handsak kort natuurlik 'n lining en zip en daai tipe dinge is NIE my sterk punt nie (ek byt nou my lip om nie 'n baie onvroulike aanmerking oor hooking en naaimasjiene te maak nie). Die sak gaan dus gecourier word na Moeder sodat sy dit vir een van haar kwilt buddies kan gee om die lining in te sit. Ek hoef dus nie myself te bemoei met die tegniese meet en pas dinge nie, en ek weet dit sal vreeslik mooi gedoen word deur die vlytige tannie. Moeder is ook nie een vir linings en zips in sit nie - die appel en die boom julle weet. Ons creative juices is net vir hekel beskore :)

Sunday, 7 February 2010

24. Juweliersware ta-daah!

Vandag share ek met julle 'n paar stukkies juweliersware wat ek gehekel het. Ek het aan die oukies gewerk tussendeur die groen maltezers.

Ek vermoed eintlik ek het 'n hekel weergawe van ADD want ek kan net nie lank aan een ding werk nie! Die temptasie is net te groot om aan te beweeg na 'n kort oulike projekkie. But fear not, ek is terug op die groen malteser bandwagon en sal spoedig 'n afgehandelde projekkie hê om vir julle te wys.
Nou eers terug na wat ek julle vandag wil wys.
Hier is die halsnoertjie wat als afgeskop het.

Die gratis hekelpatroon is, soos gewoonlik, aan die regterkant van die blog. Dit was vreeslik maklik en vinnig om te maak. Ek verbeel my dis 'n string perels en dat ek bietjie soos Audrey Hepburn lyk as ek dit aan het. (Fat chance!) Die halsnoertjie gaan nog baie die Somer gedra word en dit lyk natuurlik baie beter by 'n t-shirt met 'n laer hals as die een wat ek in die foto aan het.
Tipies Natasja, kon ek nie weerstaan om die patroon bietjie aan te pas en te speel met die lengte en kleur nie, so....... dis toe wat ek gemaak het:



Die bont wolletjie is dieselfde een as wat ek gebruik het vir my kopband. But wait, there's more! Sien julle die onderste blommetjie? Wel, dis eintlik 'n borsspeld! Die boonste blommetjie is deel van die halsnoer, maar die onderste een kan afgehaal word en vir iets anders gebruik word. Iets soos....
'n borsspel vir my winter jas!
Is dit nou nie te skattig (soos my broer sou sê) nie?
Ooooe, dit gee my so 'n groot lekkerkry om te weet dat ek die enigste mens is op aarde wat presies so 'n halsnoertjie en borsspeld het. Okay, technically kan iemand dit seker probeer namaak maar dit sal nooit presies soos myne kan wees nie, en dis 'n fabulous gedagte vir my!

Saturday, 23 January 2010

23. My cute groen maltezers

Al ooit gehoor van Amigurumi? Dit beteken letterlik "knitted or crocheted stuff toys" in Japanees. Die verskillende dele van 'n speeldingetjie word in 'n spiraal gehekel, en verskriklik styf, m.a.w. met 'n baie dun hekelpen, sodat die stuffing nie kan uitval nie en dan word al die bodyparts aanmekaar gewerk. Sien, daar leer julle ietsie nuut nê?

Ek maak nou nie 'n speeldingetjie nie, maar eerder Amigurumi balletjies wat ek saam gaan sit om 'n halsnoer te vorm. Ek weet balletjies klink boring, maar ek moet julle net wys hoe klein als is, en ook hoe bleddie cute!

Die oorwegende eienskap van Amigurumi is "cuteness" (dis 'n feit: Wikipedia sê ook so). Ek dink dit het iets te doen met die spiraalvorm waarin als gedoen word want dit is vreeslik cute!
Amazon is vol Amigurumi patroonboeke. Kyk na die titels en die voorblad en jy sal sien hoekom Amigurumi = cuteness:


Die ding met Amugurimi is dat jy 'n dunner hekelpen moet gebruik as waarvoor jou wol ontwerp is. My Rowan Handknit Cotton is gemaak vir ongeveer 'n 4mm hekelpen, maar ek werk met 'n 3mm en 'n 3.5 mm (ek maak twee groottes) so dis 'n stywe storie. En my vingers kramp! Ek moet 'n russie rus na elke balletjie. Hier teen die einde, waar jy die balletjie begin toe hekel, raak dit BAIE tight.

Maar die ou balletjie is net te cute vir woorde!!!! Dis net 'n balletjie, maar ek wil net smile as ek daarna kyk. Ek voel ek wil hulle eet: dis soos wollerige, helder kleurige maltesers!

Hier's 'n paar foto's van die proses. Die rooi plastiek dingetjie is 'n "stitch marker". As jy nie hom in sit nie kan mens baie gou deurmekaar raak met hoeveel rye jy al gewerk het omdat als mos in 'n spiraal gedoen word.

Dis die middelvinger en duim wat die meeste kramp want die balletjie is so klein en so awkward om vas te hou:


Hier begin ek stekies minder maak om dit rond te kry bo:


Voor die balletjie klaar is, moet ek hom opstop met stuffing. Op die oomblik stop ek dit nogal styf op sodat dit die ronde vorm kan hou, maar ek sal moet stadig oor die klippetjies want ek moet nog 'n lint deur die balletjies geryg kan kry! Bietjie vergeet van daai deel....

Hier is my groen maltesertjie:


Ek het nog 'n hele paar om te maak maar ek sal julle op hoogte hou. Ek MOES net nou al my groen balletjies met julle deel.

Posted by Picasa

Monday, 18 January 2010

22. 'n Donkie stamp sy kop mos net een keer

Nes ek destyds gedoen het met klere maak, gee ek nou moed op met klere hekel - die blerrie goed pas my net nooit nie en ek sukkel my gat af!

Ek het julle mos vertel van die Shot & Stroh truitjie. Wel ek het gekom tot by die onderams en toe besef dis hooopeloos te klein. Maar om tot op daai punt te kon kom, het ek 3 keer oor begin, en nog 'n paar keer 'n paar afsonderlike rye uitgetrek. (Ek is baie trots op myself, en my man kan getuig daarvan, dat ek nie kwaad geraak het of in trane uit gebars het nie. Ek het net weer begin. En weer begin. En weer begin) Die kant patroontjie deel van die patroon was net te ingewikkeld, en saam met die "shaping" van die neklyn was dit kennelik net te moeilik vir my plat ou koppietjie. Toe ek dus agterkom dat ten spyte van my drie beste pogings, my arms steeds net-net deur die gate kom, het ek die ding in die drom gaan gooi. Don't flog a dead horse, 'n donkie stamp sy kop net een keer. Dit was alles verlede Saterdag.

Verlede Sondag begin ek toe met 'n nuwe truitjie. (Sien: ek het regtig hard probeer en nie dadelik opgegee nie). Die patroon is uit 'n boek wat Johan vir my vir kersfees gekoop het, een waarvoor ek gevra het. Dit was 'n breeze. 'n Total breeze! Die kant patroon was baie makliker, so die shaping van die neklyn het makliker gegaan en die vrou se patroon was nie vol foute soos die Shot & Stroh s'n was nie (ek moes op die uitgewer se website gaan en twee bladsye print met foute wat hulle na die tyd agter gekom het!).

Anyway, die tweede een was Soft Serve (wat is dit met my en "s" alliterasie hekel klere…). Die trui was Saterdagaand klaar gehekel. Dus het dit my net minder as 'n week geneem.

Soos julle kan sien was die eindproduk stellig ook te klein - ek maak nie die toppie wat op die voorblad is nie, nee myne is veronderstel om 3/4 moue te hê en tot op my heupe te hang (basies dubbel die grootte as wat hy hier bo is). Ek was egter verseker deur die mense in die Doris Chan groep op Ravelry (die skrywer van die boek het 'n groep op Ravelry waar jy vir haar kan vrae vra en sy vir jou stap vir stap foto's laai! Baie cool!) dat jy jou eindproduk moet "block" en in die blok proses sal dit gerek en gestrek kan word tot die regte grootte.

As per Doris se instruksies maak ek my hele truitjie papsopnat en sit hom in die wasmasjien op spin, haal uit, rek hom so vêr as wat ek kan en spelt die dingetjie op my ma se kwilt, op ons sitkamermat vas.

Ek het toe al begin vermoed iets is nie lekker nie want ek kry dit nie reg dat die ding rek tot die afmetings wat Doris gee vir my grootte nie. Hy bly ongeveer 5 inches te smal om die lyf, en 3 inches te smal in die arms. Maar ek hou moed en sê vir myself ek sal dit net weer blok sodra hierdie sessie droog is. Truitjie word droog, ek trek die spelde uit en woerts daar spring die ding so waar as wragtig weer terug na sy oorspronklike grootte!!!!! Moer!

Terug Ravelry toe. Turns out, jy kan nie 100% acrylic wol (onthou, ek wou mos begin met 'n cheapie wol, en cheap = acrylic) op die gewone manier blok nie! Nee, jy moet dit liggies stoom met 'n strykyster en 'n nat lappie. Almal waarsku jou jy mag onder geen omstandighede die strykyster te lank teen die wol hou nie, "because it will kill the yarn". Dit beteken die plastiekerigheid van die acrylic wol, smelt en jy verloor die tekstuur van die wol en dit word super glad en plat - soos wat plastiek maak as jy dit smelt. *Note to self: don't kill the yarn*

Terug sitkamer mat-en-kwilt toe, die keer met 'n strykyster.


Dit was nogal 'n gesukkel hoor. Ek het twee hande nodig om die truitjie tot sy max te rek, maar dan moet ek een hand weg vat om die spelde (wat almal ongeloooooflik stomp was!) in te druk, dan moet ek 'n nat lappie oor gooi, met my linkerhand nogsteeds onder die lappie sodat ek die hekelgoed verder kan rek en dan met my regterhand probeer stoom sonder om dit te lank te hou of my vingers te verstoom. En wat gebeur? I kill the yarn! I killed the yarn!!!! Ek het probeer fluff en pofferig maak maar die wolletjie is plat plat plat en hy blink vreeslik mooi. (Seker die weerkaatsing van die bright light waarvan almal so praat.)

Die moord was toe eintlik 'n blessing, want daar sien ek dat als wat ek mooi gestoom het, okay-erig hulle gerekde shape gehou het, maar die dooie, plat, en blink wol areas hou die shape perfek! It did not die in vain!

Dit beteken dat as ek die hele truitjie vermoor, dit miskien wel moontlik sal wees om dit tot sy max te rek en so te hou, so ek trek hom aan en gaan kyk myself in die spieel. Jiiiigggg! Die ding was steeds te klein! En weet julle wat? Dit LYK asof ek hom tot sy max gerek het. So 'n sleg gestopde wors effek. Ken julle daai "skilpaadjie" niertjies in netvet wat jy koop by die plattelandse slaghuise? Nou imagine die slagter het 'n 2cm x 2cm blokkie netvet wat hy oor 'n 10cm x 10cm bolletjie gemaalde niertjies moet span - dis hoe ek gelyk het.

Die hele "ek het dit self gemaak, my gat af gesukkel om die patroon te volg, en by die laaste stappie agtergekom die ding is te klein" is 'n herhaling van my kleremaak pogings toe ons in Surbiton gebly het. Ek het daai tyd selfs 'n Elna naaimasjien gekoop (hy staan nou in die garage) maar die klere wou net nooit mooi hang of reg sit nie. Ek het nooit goed gevoel daarin nie - altyd gevoel mense kyk na my en dink "Haai shame, mens kan sien sy het dit self gemaak". Gehekelde klere is besig om stellig dieselfde pad met my te loop.

So nou het ek besluit to hell met gehekelde truitjies. Ek sal my berus by bykomstighede en huisware. Daarvoor kan ek duurder natuurlike vesel wol gebruik want ek het nie 2miljoen bolle nodig nie, en as die ding geblok moet word sal ek dit kan doen sonder om sesde gebod te verbreek. (Ouma Aggie spin nou in haar graf sê ek julle!)

LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...