Friday 3 December 2010

35. Twinkle twinkle little hooky star

Kan julle glo dis alweer amper Kersfees?! Dit voel soos noudie dag wat ek die sirkel versierings vir ons kersboom klaar gemaak het! How time flies when you're having fun, hey?

Met die terugkyk op die foto's van verlede jaar se boom, lyk dit skielik vir my so bietjie vaal. So asof dit nog 'n hang dingetjie nodig het. Wat dink julle?

Ek dink 'n ietsie granny square-erig sal die ding doen, en wat beter as 'n granny sterretjie soos uitgedink deur The Royal Sisters. (Soos gewoonlik is daar 'n link direk na die patroon op die "tab" aan die bokant van die bladsy.)
Ek het dit vreeslik geniet om hulle te maak - 'n plesierige paar uur op die sitkamer rusbank.






Sodra die Kersboom staan, en die outjies hang, sal ek weer 'n foto neem vir julle. Aan die Suidelike Halfrond lesers: geniet die sonskyn, en aan die Noordelike Halfrond lesers: geniet die sneeu!


No comments:

Post a Comment

LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...