Saturday 13 November 2010

34. Cowl jou hier, cowl jou daar en siedaar!

Raai wie het nou ook op die Cool Cowl bandwagon geklim. John! Yup, my man het gevra dat ek vir hom ook een moet hekel want "dis so anders".  Die enigste voorvereiste was dat dit grys moes wees. Ek het probeer druk vir 'n mooi helder blou, maar hy soek grys. Choose your battles en so nê. Ek was net happy om vir hom iets te kon hekel! Die patroon wat ek gebruik het was sooooo maklik (dis aan die regterkant van die bladsy saam met al die ander links). Dit het my regtig net 2 ure geneem om die hele cowl te hekel. Jy gebruik Super Chunky wol (ek het Stylecraft Super Chunky Life in Charcoal gebruik) en 'n no. 10 hekelpen so dit gaan vreeslik vinnig.



So vinnig dat ek vir myself ook een kon hekel dieselfde dag! Myne is Sirdar Big Softie se Cherry Pie.


 Terwyl ek hekel het ek natuurlik die cowl nou en dan oor my kop getrek om te sien of als darem mooi sit, en dit doen, maar ek het gedink ek kan daarop verbeter. Sien, die ding met 'n cowl is jy kan dit mos nie styf trek om jou keel soos 'n serp nie, so as hy nie reg lê nie kom die koue Engelse wind so bietjie in. Ek het toe maar halfpad deur die cowl die stekies begin verminder sodat dit dunner word hoe langer dit word, en dus stywer sit om jou nek. Die cowl het begin met 'n ketting van 55 steke, maar teen die einde was John s'n 48 steke, en myne 44 steke. Nou sit dit heerlik knus en behoede die wind wat wil in.



Hier is Twidle Dee en Twiddle Dum met hul matching cowls. Mens kan sien ons is al lank getroud, dit pla ons nou nie meer om bietjie dieselfde te lyk nie.





En 'n cowl is perfek vir crime fighting (or committing) in die Winter. Hands up of ek steek jou met my hekelpen!


Ek wil nog net een ding oor ons cowls sê: Holy cowl maar dis mooi!

No comments:

Post a Comment

LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...