Monday 23 November 2009

18. Believe it or not, we went to Ripley!

My man het my die naweek na 'n pragtige hoteletjie in die Surrey Hills geneem, in 'n dorpie genaamd Ripley.

Ripley het baie sentimentele waarde vir ons want dit was die eerste plek waarheen ons met ons eerste kar gery het. Dit was 'n 1997 Rover 100 Knightsbridge en het nogal 'n sunroof gehad! Ek dink ons het maar iets soos £500 betaal vir hom. Jislaaik ons was trots op daai karretjie! Om nie op publieke vervoer afhanklik te wees nie, het ons behoorlik "tuis" laat voel in England. En dit was baie makliker om Ikea of hardeware winkel toe te gaan! (Het jy al probeer om 'n flatpack boekrak en TV op 'n trein te vervoer en dan dit twee-twee te dra van die stasie tot by jou huis al langs die High Street op 'n besige Saterdagmiddag?!)


Anyway, terug na Ripley. Dis net 20 minute van die huis af, maar as jy nog nooit in Engeland bestuur het, en dit met jou eerste kar, gekoop met ponde, doen is dit 'n groot event. Ons het nie eens SatNav gehad nie. Ek het met 'n padkaart boek gesit! Noudat ek terug kyk is dit amazing dat ons die plek gevind het!
So, Ripley het 'n baie spesiale plekkie in ons harte.

Die naweek is ook soortvan 'n 8 jaar huweliksherdenking celebration. Die amptelike huweliksherdenking is eers die 14de Desember maar hierdie naweek was die eerste een waar die hotel vir ons 'n kamer gehad het.





Ons was baie beindruk met die nice kamer wat ons gekry het.


Ons het bietjie rugby gekyk

en ek het bietjie gehekel. En nee, dis nie 'n serp nie. Julle sal maar moet wag en sien ;-)


Dit was baie tempting om net heeltyd in die kamer te bly want dis so lekker knus, maar ons het darem bietjie rondgeloop in Ripley ook. Dit het net 5 minute geneem want dis regtig 'n baie baie klein plekkie. Hulle het die oulikste winkeltjie daar! Ek het uitgestap met 3 goedjies maar as jy my alleen los daarbinne sou ek met 3 sakke kon uitstap. Sulke regte country, crafty, mooi, totally useless goedjies. Toe ons uitstap het 'n ander couple in gestap en Johan het so onderlangs vir die man gesê "Don't take your wife in there. You won't come out empty handed!" :-)



Ons wou graag die aand na die pub deel van die hotel gaan om te gaan koffie drink maar dit was glad nie so groot soos ons gedink het nie en daar was reeds 'n groep "locals" wat die plek oorgeneem het, so toe gaan ons maar terug kamer toe. Die volgende oggend moes ons voor 11 uur uit check maar ons was al vroeg wakker so ons het gaan ontbyt eet, uit gecheck en teen 10 uur die oggend was ons weer terug by die huis! Dit was heerlik om 'n change of scenery te hê maar tog net 20 minute van die huis te wees!
Ek moet egter nou dood eerlik wees met julle: dit was steeds regtig absoluut fantasties om Sondagoggend by my eie huis in te stap.
Oos Wes, Tuis Bes.
Believe it!




2 comments:

  1. My kind, is dit nou net ek, of maak iets nie sin nie? Huweliksherdenking celebration en julle kyk rugby en jy hekel? ;-)

    ReplyDelete
  2. Ek sal ook nie lee hande by daardie winkeltjie uitstap nie...

    ReplyDelete

LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...