Tuesday 18 August 2009

1. Ek's n hakertjie!

Ek het Saterdag 'n stokperdjie gevind wat my brein besig hou, my vingers laat kramp (op 'n goeie manier), my liefde vir kleur omskep in praktiese huisware, en my binneste laat kriewel van lekkerkry: hekel!!! Ek is totaal en al verslaaf daaraan. Regtig! Ek drink net halwe bekers tee want dit raak koud op die tafeltjie langs my, ek het heel naweek lank nie een keer die TV aangeskakel nie, ek moet alarms op my selfoon maak sodat ek kan onthou om te begin met aandete, en dit als net omdat ek besig is om te speel met stringetjies wol en 'n hekelpen.

Ek het verlede jaar ook 'n bevlieging gekry om te hekel. Ek het 'n bolletjie groen (hoe dan nou anders) wol en 'n hekelpen gekoop en probeer blommetjies hekel. Ek het op die internet gesoek na patrone en op YouTube bietjie gekyk maar ek kon net nie "in" die ding kom nie, so toe los ek dit maar. Wrote it off as a bad idea .

Verlede week stuur my ma toe vir my foto's van hexagonetjies wat sy gehekel het. Dis beautifull! Maar sy het ook maar eers noudie dag geleer hekel en ek dink dis wat hierdie keer die verskil gemaak het aan my lus vir hekel. As my ma, wat verskriklik goed kan brei, kwilt, weef en appliek ook 'n lessie of twee nodig gehad het vir hekel, dan is dit okay as ek ook nie die eerste keer wat ek probeer, 'n blommetjie kan hekel nie!

Saterdag neem ek toe vir my 'n boek met 30 serp en handsak hekelpatrone by die biblioteek uit. Die boek wys jou ook, met baie oulike prentjies, hoe om al die steke te maak. Uit al 30 patrone staan die twee Granny Square patrone my die meeste aan. Die koeël is toe amptelik deur die kerk. Die kalf in die put en Natasja word hekelmal! Ons het gaan uiteet, maar al waaraan ek kan dink is hekel. Johan sluit nog die garage deur toe, en ek grawe al in die kas vir die bolletjie groen wol van maande gelede (en klop myself op die skouer dat ek hom gebêre het).

Teen Sondag het ek twee groen Granny Squares klaar gehekel, en die hele proses het met elke hakie net makliker en vinniger gebeur. Ek het mos net een ou bolletjie wol gehad so die vierkante lyk maar boring so op hulle eie. But fear not!

Maandag is ek vroeg oggend winkel toe (ek het gelukkig die dag af gehad) om nog wol te gaan koop. Teen die tyd het ek al besluit wat ek wil hekel: twee kussings vir ons blou-beige-bruin slaapkamer. Maar seriously now, blou, beige en bruin is darem te boring so ek jazz toe die kleurskema op met pienk en groen. Ek sal mos nooit rustig kan slaap as ek weet ek het die kans gehad om die kamer op te jazz, en dan net by die 3 B's gehou nie!



Die sewe nuwe kleur is gekoop om by mekaar te pas, maar ek kan dit nie oor my hart kry om my eerste twee ou groen vierkantjies sommer net weg te gooi nie, so hulle gaan die middelpunt (letterlik) van my nuwe kussings word, met 'n twist natuurlik - ek sal julle nog wys. Maar vir eers, hekel ek klein Granny Squares om al om die groen blok te lê. Sodra ek weet hoe groot my kussing gaan wees, gaan ek groter Granny Squares (met baie meer kleure dus - YEAH!!!) reg rondom sit. En dan moet ek nog dink wat om te doen vir die agterkant van altwee kussings. Oe, the possiblities are endless!




Ek dink, nee, ek weet, ek sal nie kan stop by twee kussings nie…. ek sien 'n kombersie kom.

5 comments:

  1. Work it baby, work it! Ek dink die kussings gaan baie cool lyk.

    ReplyDelete
  2. Mal oor daai funky hekelpenne. Daar moet altyd êrens bling by wees, maak die job net so 'starry bright'!

    ReplyDelete
  3. Ek kan glad nie hekel nie, maar wil bitter graag 'n patroon he om blommetjies te hekel wat ek op 'n serp kan sit of vir my 'n mooi hangertjie kan maak kan iemand my help met 'n patroon?

    ReplyDelete
  4. Hi Susan. Ek sal graag vir jou 'n patroon wil stuur, maar ek het nie jou epos adres nie. As jy weer 'n comment kan los, maar die keer met jou epos adres, sal ek dit vir jou aanstuur (ek sal nie die comment "publish" nie, so niemand anders sal jou epos adres sien nie). Groete, Natasja

    ReplyDelete
  5. hallo Natasha! Ek het op jou blog afgekom, nadat ek ook weer my hekelpenne afgestof het. Ek het vir jare nie meer gehekel nie. Kinders grootgemaak en tuisskool gegee. Maar nou is ek 'n ouma en wil weer begin. Die foto van 'n mooi deken in 'n Tuis het my genoop om dit te probeer. Ek soek nou hulp... Onder andere wil ek ook weet hoe hekel mens 'n mooi blommetjie wat jy bv op 'n servet sit... Ek wil graag vir jou die foto stuur, hoe maak ek nou?? Die "copy" "paste" funksie werk nie hier nie...

    ReplyDelete

LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...