Saturday 13 November 2010

34. Cowl jou hier, cowl jou daar en siedaar!

Raai wie het nou ook op die Cool Cowl bandwagon geklim. John! Yup, my man het gevra dat ek vir hom ook een moet hekel want "dis so anders".  Die enigste voorvereiste was dat dit grys moes wees. Ek het probeer druk vir 'n mooi helder blou, maar hy soek grys. Choose your battles en so nê. Ek was net happy om vir hom iets te kon hekel! Die patroon wat ek gebruik het was sooooo maklik (dis aan die regterkant van die bladsy saam met al die ander links). Dit het my regtig net 2 ure geneem om die hele cowl te hekel. Jy gebruik Super Chunky wol (ek het Stylecraft Super Chunky Life in Charcoal gebruik) en 'n no. 10 hekelpen so dit gaan vreeslik vinnig.



So vinnig dat ek vir myself ook een kon hekel dieselfde dag! Myne is Sirdar Big Softie se Cherry Pie.


 Terwyl ek hekel het ek natuurlik die cowl nou en dan oor my kop getrek om te sien of als darem mooi sit, en dit doen, maar ek het gedink ek kan daarop verbeter. Sien, die ding met 'n cowl is jy kan dit mos nie styf trek om jou keel soos 'n serp nie, so as hy nie reg lê nie kom die koue Engelse wind so bietjie in. Ek het toe maar halfpad deur die cowl die stekies begin verminder sodat dit dunner word hoe langer dit word, en dus stywer sit om jou nek. Die cowl het begin met 'n ketting van 55 steke, maar teen die einde was John s'n 48 steke, en myne 44 steke. Nou sit dit heerlik knus en behoede die wind wat wil in.



Hier is Twidle Dee en Twiddle Dum met hul matching cowls. Mens kan sien ons is al lank getroud, dit pla ons nou nie meer om bietjie dieselfde te lyk nie.





En 'n cowl is perfek vir crime fighting (or committing) in die Winter. Hands up of ek steek jou met my hekelpen!


Ek wil nog net een ding oor ons cowls sê: Holy cowl maar dis mooi!

Monday 1 November 2010

33. 'n Grannie ommie nek

If you haven't guessed already, ek is bietjie dol oor granny squares. Ek vind dit extreem gaaf en schattig (dankie Annemarie's Breiblog vir die oulike Hollandse sêgoedjies).  Volgens my kan mens nooit genoeg grannies hekel nie, so toe ek afkom op Fanalaine se Granny Cowl op Ravelry het ek bietjie uitgefreak en amper in my broek gepiepie. Dis so 'n slim idee, en so ek!

Kyk, ek vrek ook mos oor 'n serp en het nou heelwat. Ek kan seker elke dag vir 2 weke lank 'n ander serp om my nek draai maar nes grannies, voel ek mens kan nooit genoeg serpe hê nie. (Come to think of  it, twee weke se voorraad van serpe is nie naastenby genoeg vir die 6 maande van die jaar wat dit so bliksems koud is in Engeland dat ek 'n serp nodig het nie....)  As dit grys en donker en nat is buite, wil ek nie ook nog verveeld raak met 'n dowwe eentonige ou serpie nie. As ek stasie toe stap, of huis toe stap in, wat voel soos, die middel van die nag help daai helder kleure om my nek vreeslik baie.

Fanalaine se Granny Cowl is egter nog beter as 'n serp. Nie net is dit gemaak van Grannies nie (yeah), daar is nie twee los punte soos met 'n serp nie. Dis een groot "loop" wat jy om jou nek draai. Ek kan dit selfs twee keer om my nek kry en een keer oor my kop sodat dit my ore ook kan warm hou.  Die cowl laat my dink aan 'n groot stuk cozy juweliersware. Totally prakties, warm en anderste!

Die wolle wat ek gebruik het vir die een is 'n mix van 100% wol (die middelste 2 rondtes van elke granny asook die rand), 100% katoen (die groen en pers) en chenille (die ligpienk). Dis vir my amazing hoe die groen net so perfek werk saam met die ander wolle. Briljant!






A cowl is the new black according to me. Hoekom serpe dra as jy kan cowls dra?! Wanneer my huidige projek klaar is (watch this space) dink ek ek sal sommer nog 'n cowl maak. 'Cause I can.


32. Sondagoggend

Dis hoe Sondagoggend in die King huishouding lyk. Oats pap, Paddy die iPad en hekelwerk in die bed. Sooo heerlik!



 

LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...