Volgens my is daar egter geen probleem wat nie met 1) 'n bekertjie tee en/of 2) 'n hekelpatroon gefix kan word nie. Earl Grey flavoured Rooibos (my gunsteling tee - dankie DragonFly teas!) in die hand gaan loer ek op Ravelry en kry sommer baie vinnig 'n wrist warmer patroon - Kalurah se "Ruffled Cufflette". Dis mos perfek vir my penarie want ek soek nie nuwe handskoene nie, ek soek net 'n manier om my polse warm te hou. Die patroon is 'n gratis Ravelry download, so as jy nie deel is van Ravelry nie, email my net en ek sal die pdf vir jou epos.
Ek het alreeds 'n beautifull teal Stylecraft DK wol gehad wat perfek gewerk het. Dit was super vinnig en super maklik om te hekel. Ek het een halfpad gehekel op die trein!
Ek moes natuurlik 'n ou knopie by werk vir die mooi. Julle weet mos. Elkeen het drie knopies - 'n donker pers, steen kleur en rooi, maar ek het die donker pers en rooi afgewissel op elk.
Hulle eerste test run was na ons gunsterling kwekery vir tea & scones. Dit was 'n reuse sukses!
