Wednesday 2 June 2010

28. BabettieKombersieKosweti

Ek is vreeslik lus om weer granny squares te maak. My Hooky First Love. Hulle is net so cute en innocent! Jy kan nie verkeerd gaan met 'n granny square nie: jy maak verskillende grootes en verskillende kleur kombinasies, en dis dit! Dis mos hemels! Grannies is natuurlik baie goed vir komberse…. maar ek het mos 'n halfklaar kombers in 'n kas: die Identiteitskrisis kombers wat ek in Januarie weg gepak/weg gesteek/begrawe/amper weg gegooi het.

Die kombers is mos nou daar, ek het nog baie van sy wol oor en ek wil vreeslik graag 'n kombers hê vir ons slaapkamer, toe dog ek, wel ek is nog nie vreeslik begeesterd vir strepies hekel nie, so hoekom sit ek nie grannies tussen die strepe nie?!

Skielik onthou ek toe van 'n kombers wat 'n storm ontaard het op Ravelry: die Babette Blanket. Daai kombers het my hoendervleis van lekkerte gegee toe ek hom die eerste keer gesien het - 1184 ander vrouens was net so mal oor hom want dis hoeveel van hulle daar al op Ravelry gemaak is! Kyk bietjie hier:

Kan julle sien hoekom ek totally uitgefreak het toe ek dit sien?! Dis soooo moooi! En die inspirasie vir die patroon ('n link is op die "Hekelpatrone wat ek al gebruik het" tab) is niemand anders as Kaffe Fassett waaroor ek mos alreeds geblog het. Meant to Be and Divine Intervention me thinks!!!

Vir Babette het jy 50 x 2-round blokke, 50 x 4-round blokke, 16 x 8-round blokke, 2 x 10 round blokke en 2 x 12 round blokke nodig. Maar hulle blokke word solied gehekel, nie "shells" soos wat 'n granny square is nie, en ek wil mos grannies maak. Maar wat keer my om grannies te gebruik en aanmekaar te werk soos vir 'n Babette? My heel heel heel eerste hekel projek was mos 'n granny kussing wat bestaan het uit 3 verskillende grootte blokke so dit sal perfek pas! Daar is 'n handjie vol vrouens op Ravelry wat dieselfde idee as ek gehad het, so ek weet nou dit kan werk (en blerrie nice lyk):

Can you see it??? Ek kan! Ek het alreeds 72 rye gehekel (72!!!) vir die kombers. So die plan is om dieselfde wydte as wat 72 rye is, Babette grannies te doen, dan 'n strook van 36 strepies, dan weer 'n strook Babette grannies (ek vermoed ek gaan baaaaaaaaie grannies nodig hê), en dan 72 strepies. Dis die idee (for now). Ek sal heel moontlik nog miljoen keer van plan verander, maar die basic idee is darem daar.

Al probleem is dat ek nou totally vir arme kombers 'n kompleks gegee het. Eers verdink ek hom van 'n serp wees, nou wil ek 'n Babette by hom inwerk, maar dis nie eens 'n properse Babette nie - dis 'n Granny Babette, en ook nie 'n volle Babette nie, sommer twee halwes. Ken iemand 'n goeie sielkundige vir 'n bont & deurmekaar bersie?

5 comments:

  1. A Babette blanket is on my must crochet list too! Thanks for visiting my blog.

    You had a questions about felting the coasters - a high agitation wash cycle just means use a fast spin cycle - not a gentle cycle that won't agitate the wool enough to felt it fast enough. Hope that helps!

    ReplyDelete
  2. Dit is STUNNING!!! Tasja jy moet onthou van Klimt se goue skilderye met daai moer nice graphic werk!.... so nou maak jy blokkies met goud en moer nice kleure...

    http://www.iklimt.com/

    komaan dit gaan STUNNIG wees!!!!

    ReplyDelete
  3. Hi Natasja!
    Love jou blog en hierdie Babette is net die ding vir my volgende projek. Ek is mal daaroor en kan verstaan hoekom jy bonkers gegaan het toe jy dit die eerste keer sien. Jou hekelwerk is baie inspirerend en ek sal beslis inloer van tyd tot tyd om te sien wat jy alles aanvang.
    Lekker bly en 'keep warm' want ek sien dit is maar bitter koud daar by julle. Hier vrek ons weer van die hitte ...lol
    Tot later
    :)

    ReplyDelete
  4. Baie dankie vir jou boodskap Ansota! Dis heerlik om van lesers te hoor! Jou kuns is pragtig!

    ReplyDelete
  5. Dis darem maar ernstig mooi en kunsinnig. Hoop net dat die wat eendag hierdie pragstukke erf, eendag ook sal besef met watter waardevolle skatte hulle eintlik sit en dat Wollie/Brakkie nie 'n 'nuwe' kombersie kry nie.

    ReplyDelete

LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...